1 En die seun Samuel het die HERE gedien voor Eli, en die woord van die HERE was skaars in die dae: gesigte was daar nie baie nie.2 In die tyd dan terwyl Eli op sy plek lê en slaap -- sy oë het al begin swak word, sodat hy nie kon sien nie --3 toe die lamp van God nog nie doodgegaan het nie, en Samuel lê en slaap in die tempel van die HERE waar die ark van God was,4 het die HERE na Samuel geroep; en hy het geantwoord: Hier is ek.5 Daarop loop hy na Eli en sê: Hier is ek, want u het my geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie; gaan slaap maar weer. Hy het toe geloop en gaan lê.6 Verder het die HERE Samuel weer geroep, en Samuel het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie, my seun, gaan slaap maar weer.7 Maar Samuel het die HERE nog nie geken nie; ook was die woord van die HERE nog nie aan hom geopenbaar nie.8 En die HERE het Samuel weer geroep vir die derde maal; en hy het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Toe merk Eli dat die HERE die seun geroep het.9 Daarom het Eli vir Samuel gesê: Gaan lê, en as Hy jou roep, moet jy antwoord: Spreek, HERE, want u kneg hoor. Toe het Samuel geloop en op sy plek gaan lê.10 Toe het die HERE gekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: Samuel, Samuel! En Samuel het geantwoord: Spreek, want u kneg hoor.11 Toe het die HERE aan Samuel gesê: Kyk, Ek gaan 'n ding doen in Israel waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit.12 Di, dag sal Ek aan Eli vervul alles wat Ek oor sy huis gespreek het, van begin tot end.13 En Ek sal hom te kenne gee dat Ek sy huis gaan oordeel tot in ewigheid oor die ongeregtigheid wat hy geweet het; want toe sy seuns skande oor hulleself gebring het, het hy hulle nie streng bestraf nie.14 En daarom sweer Ek aangaande die huis van Eli: Waarlik die ongeregtigheid van die huis van Eli sal tot in ewigheid nie deur slagoffer of spysoffer versoen word nie.15 En Samuel het bly lê tot die môre toe. En hy het die deure van die huis van die HERE oopgemaak; maar Samuel was bevrees om die gesig aan Eli mee te deel.16 En Eli het Samuel geroep en gesê: Samuel, my seun! En hy antwoord: Hier is ek.17 Toe vra hy: Wat is die woord wat Hy met jou gespreek het? Verberg dit tog nie vir my nie. Mag God so aan jou doen en so daaraan toedoen as jy iets van al die woorde wat Hy met jou gespreek het, vir my verberg.18 En Samuel het hom al die woorde meegedeel, en niks vir hom verberg nie. En hy het gesê: Hy is die HERE; laat Hom doen wat goed is in sy oë.19 En Samuel het groot geword, en die HERE was met hom; en Hy het nie een van al sy woorde onvervuld laat bly nie.20 En die hele Israel van Dan tot Bers,ba het erken dat Samuel betroubaar was as 'n profeet van die HERE.21 En die HERE het weer verskyn in Silo; want die HERE het Hom geopenbaar aan Samuel in Silo deur die woord van die HERE.
1 Berniukas Samuelis tarnavo Viešpačiui Elio priežiūroje. Viešpaties žodis buvo brangus tuo laiku ir regėjimai buvo reti.2 Kartą Elis gulėjo. Jo akys buvo nusilpę ir jis nebegalėjo gerai matyti.3 Šventyklos lempa dar nebuvo užgesusi. Samuelis miegojo Viešpaties šventykloje, kur buvo Dievo skrynia.4 Viešpats pašaukė Samuelį. Tas atsiliepė: "Aš čia".5 Nubėgęs pas Elį, Samuelis tarė: "Aš čia. Tu mane šaukei". Tas atsakė: "Aš tavęs nešaukiau, eik ir miegok". Jis grįžo ir atsigulė.6 Viešpats antrą kartą pašaukė Samuelį. Atsikėlęs Samuelis vėl nuėjo pas Elį ir tarė: "Aš čia. Tu mane šaukei". Tas atsakė: "Aš nešaukiau tavęs, mano sūnau, eik ir miegok".7 Samuelis dar nepažino Viešpaties ir jam dar nebuvo apreikštas Viešpaties žodis.8 Viešpats pašaukė Samuelį trečią kartą. Atsikėlęs jis vėl nuėjo pas Elį ir sakė: "Aš čia. Tu mane šaukei". Elis suprato, kad Viešpats šaukia berniuką,9 ir tarė Samueliui: "Eik ir atsigulk. Jei tave vėl šauks, sakyk: ‘Kalbėk, Viešpatie, Tavo tarnas klauso’ ". Nuėjęs Samuelis atsigulė.10 Viešpats atėjo, atsistojo ir pašaukė, kaip pirma: "Samueli, Samueli!" Samuelis atsiliepė: "Kalbėk, Tavo tarnas klauso".11 Viešpats tarė Samueliui: "Štai Aš darau darbą Izraelyje. Kas apie jį išgirs, tam suspengs abiejose ausyse.12 Tą dieną įvykdysiu visa, ką kalbėjau prieš Elį ir jo giminę. Kai Aš pradedu, Aš ir pabaigsiu.13 Aš paskelbiau jam, kad nubausiu jo namus už nusikaltimą, apie kurį jis žino, nes jo sūnūs bjauriai elgėsi, o jis jų nesudraudė.14 Aš prisiekiau, kad Elio šeimos kaltė nebus nuplauta nei aukomis, nei dovanomis per amžius".15 Samuelis gulėjo iki ryto. Atsikėlęs atidarė šventyklos duris. Jis bijojo papasakoti Eliui tą regėjimą.16 Elis pasišaukė Samuelį: "Samueli, mano sūnau!" Jis atsakė: "Aš čia".17 Jis paklausė: "Ką tau sakė? Neslėpk nuo manęs. Dievas tepadaro tau tai ir dar daugiau, jei paslėpsi nuo manęs nors vieną žodį iš to, ką Jis tau sakė".18 Ir Samuelis jam papasakojo viską, nieko neslėpdamas. Tada Elis tarė: "JisViešpats. Tedaro, kaip Jam atrodo geriausia".19 Samuelis augo, ir Viešpats buvo su juo. Ir nė vienas jo žodis nelikdavo neišsipildęs.20 Visas Izraelis nuo Dano ir Beer Šebos sužinojo, kad Samuelis yra Viešpaties paskirtas pranašas.21 Viešpats ir toliau pasirodydavo Šilojuje, kur apsireikšdavo Samueliui savo žodžiu.