1 Terwyl die Filistyne teen Israel veg, het die manne van Israel vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilboa gelê.2 En die Filistyne het Saul en sy seuns agternagesit, en die Filistyne het Jonatan en Abin dab en Malkisua, die seuns van Saul, gedood.3 Toe die geveg dan swaar word teen Saul, en die manne, die boogskutters, hom aantref, het hy gebewe van angs vir die skutters.4 En Saul het aan sy wapendraer gesê: Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee, anders kom hierdie onbesnedenes en deurboor my en dryf die spot met my. Maar sy wapendraer wou nie, omdat hy baie bevrees was. Daarop neem Saul die swaard en val daarin.5 Toe sy wapendraer sien dat Saul dood was, het hy self ook in sy swaard geval en saam met hom gesterf.6 So het dan Saul en sy drie seuns en sy wapendraer, ook al sy manne op dieselfde dag almal saam gesterwe.7 Daarop sien die manne van Israel wat oorkant die vlakte en wat oorkant die Jordaan was, dat die manne van Israel gevlug het en dat Saul en sy seuns dood was, en hulle het die stede verlaat en gevlug; en die Filistyne het gekom en daarin gaan woon.8 En toe die Filistyne die volgende dag kom om die gesneuweldes te plunder, kry hulle Saul en sy drie seuns nog daar lê op die gebergte Gilboa.9 En hulle het sy hoof afgekap en sy wapenrusting uitgetrek en dit in die land van die Filistyne rondgestuur om die blye boodskap te bring in die tempels van hulle afgode en aan die volk.10 Daarna het hulle sy wapens in die Astarte-tempel neergelê, maar sy lyk teen die muur van Bet-San vasgeslaan.11 Toe die inwoners van Jabes in G¡lead daarvan hoor -- wat die Filistyne aan Saul gedoen het --12 het al die dapper manne hulle gereedgemaak en die hele nag deur getrek; en hulle het die lyk van Saul en die lyke van sy seuns van die muur van Bet-San afgehaal en by Jabes gekom en hulle daar verbrand.13 En hulle het hul gebeente geneem en onder die tamarisk in Jabes begrawe en sewe dae lank gevas.
1 Filistinai kariavo su Izraeliu. Izraelio vyrai bėgo nuo filistinų ir krito nužudyti ant Gilbojos kalno.2 Filistinai pavijo Saulių ir jo sūnus ir nužudė Jehonataną, Abinadabą ir Malkišūvą.3 Vyko smarki kova prieš Saulių, ir šauliai pataikė į Saulių ir jį sunkiai sužeidė.4 Tada Saulius tarė savo ginklanešiui: "Išsitrauk kardą ir juo mane perverk, kad šitie neapipjaustytieji atėję nepervertų ir neišniekintų manęs". Bet jo ginklanešys nesutiko, nes jis labai bijojo. Tada Saulius, paėmęs savo kardą, krito ant jo.5 Jo ginklanešys pamatęs, kad Saulius miręs, irgi puolė ant savo kardo ir mirė kartu.6 Taip mirė Saulius, jo trys sūnūs, ginklanešys ir visi jo vyrai tą pačią dieną.7 Izraelitai, kurie gyveno anapus slėnio ir kitoje pusėje Jordano, pamatę, kad izraelitai pabėgo ir Saulius bei jo sūnūs mirę, paliko miestus ir bėgo. Atėję filistinai apsigyveno juose.8 Kitą dieną filistinai, atėję apiplėšti užmuštųjų, rado Saulių ir jo tris sūnus žuvusius ant Gilbojos kalno.9 Jie nukirto jo galvą, nuvilko šarvus ir nešiojo po visą filistinų kraštą, kad praneštų apie pergalę savo stabų šventyklose ir tarp žmonių.10 Ir jie padėjo jo šarvus Astartės šventykloje, o jo lavoną pakabino prie Bet Šeano miesto sienos.11 Jabeš Gileado gyventojai išgirdo, ką filistinai padarė Sauliui.12 Pakilo jų drąsiausieji vyrai ir ėjo visą naktį; nuėję nuėmė Sauliaus ir jo sūnų lavonus nuo Bet Šeano sienos, parnešė į Jabešą ir juos ten sudegino.13 Jų kaulus paėmė ir palaidojo po medžiu Jabeše, ir jie pasninkavo septynias dienas.