Publicidade

1 Samuel 12

1 Toe sê Samuel aan die hele Israel: Kyk, ek het na julle geluister in alles wat julle aan my gesê het, en 'n koning oor julle aangestel.2 En kyk nou, die koning sal voor julle uit wandel, en ek het oud en grys geword, en my seuns is hier by julle. En ek het voor julle uit gewandel van my jeug af tot vandag toe.3 Hier is ek; getuig teen my voor die HERE en voor sy gesalfde: wie se bees ek geneem het, en wie se esel ek geneem het, en wie ek verdruk of hard behandel het; en uit wie se hand ek omkoopgeld aangeneem het om my oë daarmee toe te maak -- dan sal ek dit aan julle teruggee.4 En hulle antwoord: U het ons nie verdruk of ons hard behandel nie en uit niemand se hand iets aangeneem nie.5 Daarop sê hy vir hulle: Die HERE is getuie teen julle, en getuie is sy gesalfde vandag, dat julle niks in my hand gevind het nie. En hulle roep: Hy is getuie.6 Verder het Samuel aan die volk gesê: Getuie is die HERE wat Moses en A„ron voortgebring en julle vaders uit Egipteland laat optrek het.7 Gaan staan dan nou, dat ek met julle gerig kan hou voor die aangesig van die HERE oor al die regverdige dade van die HERE wat Hy aan julle en julle vaders gedoen het.8 Nadat Jakob in Egipte gekom en julle vaders die HERE aangeroep het, het die HERE Moses en A„ron gestuur; en hulle het julle vaders uit Egipte gelei, en Hy het hulle op hierdie plek laat woon.9 Maar hulle het die HERE hul God vergeet; daarom het Hy hulle verkoop in die hand van S¡sera, die leërowerste van Hasor, en in die hand van die Filistyne en in die hand van die koning van Moab -- wat teen hulle geveg het.10 Toe het hulle die HERE aangeroep en gesê: Ons het gesondig, want ons het die HERE verlaat en die Baäls en Astartes gedien; maar red ons nou uit die hand van ons vyande, dan sal ons U dien.11 En die HERE het Jerubba„l en Bedan en Jefta en Samuel gestuur en julle uit die hand van jul vyande rondom gered, sodat julle veilig gewoon het.12 Maar toe julle sien dat Nahas, die koning van die kinders van Ammon, teen julle aankom, het julle aan my gesê: Nee, maar 'n koning moet oor ons regeer, terwyl die HERE julle God tog jul koning is.13 Hier is dan nou die koning wat julle uitgekies het, wat julle begeer het, en kyk, die HERE het 'n koning oor julle aangestel.14 As julle maar die HERE vrees en Hom dien en na sy stem luister en nie wederstrewig is teen die mond van die HERE nie en julle self sowel as die koning wat oor julle regeer, die HERE julle God maar volg!15 Maar as julle nie na die stem van die HERE luister nie en wederstrewig is teen die mond van die HERE, dan sal die hand van die HERE teen julle wees soos teen julle vaders.16 Gaan dus staan, en kyk na hierdie groot saak wat die HERE voor julle oë gaan doen.17 Is dit nie koringoestyd vandag nie? Ek sal die HERE aanroep, dat Hy donderslae en reën gee: weet dan en sien dit in dat julle kwaad groot is wat julle in die oë van die HERE gedoen het deur 'n koning vir julle te begeer.18 Toe het Samuel die HERE aangeroep, en die HERE het donderslae en reën op die dag gegee, sodat die hele volk baie bevrees geword het vir die HERE en vir Samuel.19 Daarom het die hele volk vir Samuel gesê: Bid tot die HERE u God vir u knegte, dat ons nie sterf nie, omdat ons by al ons sondes nog kwaad gedoen het deur 'n koning vir ons te begeer.20 Toe sê Samuel vir die volk: Wees nie bevrees nie. Julle het al hierdie kwaad gedoen; maar wyk nie van die HERE af nie, en dien die HERE met julle hele hart.21 En julle mag nie afwyk nie, want dan gaan julle agter nietige afgode aan wat nie kan help of red nie, omdat hulle nietighede is.22 Want die HERE sal sy volk ter wille van sy grote Naam nie verwerp nie, omdat dit die HERE behaag het om van julle vir Hom 'n volk te maak.23 Ook wat my betref, dit is ver van my dat ek teen die HERE sou sondig, dat ek sou ophou om vir julle te bid; maar ek sal julle in die goeie en regte weg onderrig.24 Vrees net die HERE en dien Hom getrou met julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.25 Maar as julle ooit verkeerd handel, sal julle self sowel as julle koning omkom.

1 Samuelis kalbėjo visiems izraelitams: "Aš paklausiau jūsų balso visame, ką man sakėte, ir paskyriau jums karalių.2 Ir dabar karalius eina priekyje jūsų. Aš pasenau ir pražilau, ir mano sūnūs yra tarp jūsų. Aš gyvenau tarp jūsų nuo savo vaikystės iki šios dienos.3 Štai aš čia. Paliudykite prieš mane Viešpaties ir Jo pateptojo akivaizdoje. Ar aš paėmiau kieno nors jautį ar asilą? Ar ką nuskriaudžiau? Ar ką išnaudojau? Iš ko paėmiau kyšį, kad užmerkčiau savo akis? Jei taip padariau, atsilyginsiu".4 Jie atsakė: "Tu mūsų neskriaudei, mūsų neišnaudojai ir nieko iš mūsų neėmei".5 Samuelis jiems tarė: "Viešpats ir Jo pateptasis yra šiandien liudytojai, kad jūs neradote nieko mano rankoje". Jie atsakė: "Liudytojai".6 Samuelis toliau kalbėjo tautai: "Liudytojas yra Viešpats, kuris paskyrė Mozę bei Aaroną ir išvedė jūsų tėvus iš Egipto šalies.7 Dabar sustokite ir klausykite, o aš bylinėsiuosi su jumis dėl visų Viešpaties teisių darbų, kuriuos Jis padarė jums ir jūsų tėvams.8 Kai Jokūbas nuvyko į Egiptą ir jūsų tėvai šaukėsi Viešpaties, Viešpats siuntė Mozę ir Aaroną, kurie išvedė jūsų tėvus iš Egipto ir apgyvendino šitoje šalyje.9 Kai jie užmiršo Viešpatį, savo Dievą, Jis atidavė juos į Siseros, Hacoro kariuomenės vado, rankas, į rankas filistinų ir Moabo karaliaus ir jie kariavo prieš jus.10 Jie šaukėsi Viešpaties, sakydami: ‘Mes nusidėjome, nes apleidome Viešpatį ir tarnavome Baalui ir Astartei. Išgelbėk mus iš mūsų priešų rankos , ir mes Tau tarnausime’.11 Viešpats siuntė Jerubaalą, Baraką, Jeftę ir Samuelį ir išgelbėjo jus iš jūsų priešų rankos, kurie supo jus, ir jūs gyvenote saugiai.12 Pamatę amonitų karalių Nahašą atžygiuojantį prieš jus, jūs sakėte: ‘Karalius mums tekaraliauja’, nors Viešpats, jūsų Dievas, yra jūsų karalius.13 Todėl dabar štai jūsų karalius, kurio reikalavote ir išsirinkote; Viešpats davė jums karalių.14 Jei bijosite Viešpaties, Jam tarnausite, klausysite Jo balso ir nesipriešinsite Jo įsakymams, tai jūs ir jūsų karalius, kuris jus valdo, seksite Viešpatį, savo Dievą.15 Bet jei neklausysite Viešpaties balso ir priešinsitės Jo įsakymams, tai Viešpaties ranka bus prieš jus, kaip buvo prieš jūsų tėvus.16 Stovėkite ir žiūrėkite į tą didelį dalyką, kurį Viešpats darys jums matant.17 Argi šiandien ne kviečių pjūtis? Aš šauksiuosi Viešpaties, ir Jis siųs perkūniją ir lietų, kad jūs suprastumėte ir pasimokytumėte, kokį didelį nusikaltimą padarėte Viešpaties akyse, prašydami sau karaliaus".18 Samuelis šaukėsi Viešpaties, ir Viešpats tą dieną siuntė perkūniją ir lietų. Visi izraelitai labai išsigando Viešpaties ir Samuelio.19 Ir jie sakė Samueliui: "Melsk už savo tarnus Viešpatį, savo Dievą, kad nemirtume, nes prie visų savo nusikaltimų pridėjome dar vieną, prašydami sau karaliaus!"20 Samuelis atsakė tautai: "Nebijokite. Tiesa, jūs nusikaltote, tačiau nepaliaukite sekę Viešpatį ir tarnaukite Jam visa širdimi.21 Nenukrypkite prie tuščių dalykų, kurie negali duoti naudos nė išgelbėti, nes yra tušti.22 Viešpats neatstums jūsų dėl savo didžio vardo, nes Viešpačiui patiko išsirinkti jus savo tauta.23 O dėl manęs, tai taip nebus, kad aš nusidėčiau prieš Viešpatį, paliaudamas melstis už jus. Aš jus mokysiu eiti teisingu ir geru keliu.24 Tik bijokite Viešpaties ir Jam ištikimai tarnaukite visa savo širdimi. Jūs matėte, kokių didelių dalykų Jis padarė dėl jūsų.25 Bet jei elgsitės nedorai, pražūsite jūs ir jūsų karalius".

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-