1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2 Hoor my stem, o God, in my klagte; bewaar my lewe vir die skrik van die vyand.

3 Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid;

4 wat hulle tong skerp maak soos 'n swaard, hulle pyl rig -- bitter woorde! --

5 om in skuilplekke na die opregte te skiet; skielik skiet hulle hom en vrees nie.

6 'n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien?

7 Hulle versin ongeregtighede: Ons is gereed! 'n Fyn uitgedinkte plan! Ja, 'n man se binneste en onpeilbare hart!

8 Maar God tref hulle met 'n pyl, skielik is hulle wonde daar.

9 En hulle tong laat hulle oor hulself struikel; almal wat hulle aansien, skud die hoof.

10 En alle mense vrees en verkondig die werk van God en gee ag op wat Hy doen. [ (Psalms 64:11) Die regverdige sal bly wees in die HERE en by Hom skuil, en al die opregtes van hart sal hulle beroem. ]

1 Dieve, išgirsk mano balsą, kai meldžiuosi! Nuo priešų baimės saugok mano gyvybę.

2 Paslėpk mane nuo piktadarių sąmokslo, nuo nedorėlių sukilimo.

3 Jie galanda savo liežuvį kaip kardą, taiko užnuodytą žodį kaip strėlę,

4 kad iš pasalų galėtų šauti į nekaltąjį. Jie šauna netikėtai ir nebijo.

5 Jie drąsina save, darydami pikta, slaptai spendžia pinkles, mąstydami: "Kas tai matys?"

6 Jie sumano nedorybes, viską gerai apmąstydami, jų vidus ir širdis­paslaptinga gilybė.

7 Bet Dievas šaus į juos strėle, staiga juos sužeis.

8 Juos pražudys jų pačių liežuvis. Visi, kurie matys juos, šalinsis nuo jų.

9 Tada visi išsigąs ir skelbs, ką Dievas padarė, nes supras, kad tai Jo darbas.

10 Teisusis Viešpačiu džiaugsis ir pasitikės Juo, džiūgaus visi tiesiaširdžiai.