1 Nie aan ons, o HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

2 Waarom sou die heidene sê: Waar is dan hulle God?

3 terwyl onse God tog in die hemel is; Hy doen alles wat Hom behaag.

4 Hulle afgode is silwer en goud, 'n werk van mensehande.

5 Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;

6 ore het hulle, maar hoor nie; hulle het 'n neus, maar ruik nie;

7 hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie.

8 Die wat hulle maak, sal net soos hulle word -- elkeen wat op hulle vertrou.

9 Israel, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild!

10 Huis van A„ron, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild!

11 Julle wat die HERE vrees, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild.

12 Die HERE het aan ons gedink: Hy sal seën, Hy sal die huis van Israel seën, Hy sal die huis van A„ron seën.

13 Hy sal diegene seën wat die HERE vrees, die kleintjies saam met die grotes.

14 Die HERE sal julle vermenigvuldig, julle en jul kinders.

15 Julle is geseënd deur die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

16 Die hemele is hemele vir die HERE, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee.

17 Die dode en almal wat na die stilte neerdaal, sal die HERE nie loof nie;

18 maar ons sal die HERE prys, van nou af tot in ewigheid. Halleluja!

1 Ne mums, Viešpatie, ne mums, tik Tavo vardui tebūna šlovė dėl Tavo gailestingumo ir tiesos.

2 Kodėl turėtų sakyti pagonys: "Kur yra jų Dievas?"

3 Mūsų Dievas danguje, Jis padarė visa, kas Jam patiko.

4 Jų stabai iš sidabro ir aukso, jie­žmogaus rankų darbas.

5 Jie turi burnas, bet nekalba; turi akis, bet nemato;

6 turi ausis, tačiau negirdi; turi nosį, bet nesuuodžia;

7 turi rankas, bet nepaliečia; turi kojas, bet nevaikšto. Jie nekalba savo gerkle.

8 Į juos panašūs yra tie, kas juos padaro ir jais pasitiki.

9 Izraeli, pasitikėk Viešpačiu! Jis jūsų pagalba ir skydas.

10 Aarono namai, pasitikėkite Viešpačiu! Jis jūsų pagalba ir skydas.

11 Kurie bijote Viešpaties, pasitikėkite Viešpačiu! Jis jūsų pagalba ir skydas.

12 Viešpats mus atsimena; Jis palaimins mus. Jis palaimins Izraelį ir Aarono namus.

13 Jis palaimins visus, kurie Viešpaties bijo, mažus ir didelius.

14 Viešpats pagausins jus ir jūsų vaikus.

15 Jūs esate palaiminti Viešpaties, kuris sutvėrė dangų ir žemę.

16 Dangūs yra Viešpaties buveinė, o žemę Jis atidavė žmonėms.

17 Ne mirusieji giria Viešpatį, ne mirties karalijon nužengę.

18 Bet mes šloviname Viešpatį dabar ir per amžius. Girkite Viešpatį!