1 HERE, hoor 'n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe.2 Laat my reg van u aangesig uitgaan; laat u oë regverdig sien.3 U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie.4 Aangaande die handelinge van die mens, ,k het deur die woord van u lippe die paaie van die geweldenaar vermy.5 My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie.6 Ek roep U aan, want U verhoor my, o God! Neig u oor tot my, luister na my woord!7 Maak u gunsbewyse wonderbaar, o verlosser van die wat by u regterhand skuil vir teëstanders!8 Bewaar my soos 'n oogappel; verberg my in die skaduwee van u vleuels9 teen die goddelose wat my geweld aandoen, my doodsvyande wat my omring.10 Hulle het hul gevoel afgesluit; met hul mond spreek hulle hoogmoedig.11 Nou het hulle ons in ons gang omsingel; hulle rig hul oë daarop om ons op die grond uit te strek.12 Hy is soos 'n leeu wat begerig is om te verskeur, en soos 'n jong leeu wat in skuilplekke klaar lê.13 Staan op, HERE, gaan hom tegemoet, werp hom neer; red my van die goddelose met u swaard;14 met u hand van die manne, o HERE, van die manne wie se deel in die lewe uit die wêreld is en wie se buik U vul met u verborge skat; wie se seuns daarvan nog sat is, wat weer hul oorskot aan hulle kinders laat agterbly.15 Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word.
1 Viešpatie, paklausyk teisiojo skundo, išgirsk mano šauksmą. Teišgirsta Tavo ausys maldą iš mano neklastingų lūpų.2 Iš Tavęs teišeina man sprendimas, tegul Tavo akys mato teisybę.3 Tu ištyrei mano širdį, aplankei mane naktį, išbandei mane ir nieko neradai. Aš nusprendžiau nenusidėti savo burna.4 Žmonių darbuose pagal Tavo lūpų žodžius aš saugojausi naikintojo takų.5 Palaikyk mane einantį Tavo takais, kad mano kojos nepaslystų.6 Šaukiausi Tavęs, nes Tu išklausysi mane, Dieve! Atkreipk į mane savo dėmesį, išgirsk mano kalbą.7 Parodyk savo nuostabų gailestingumą, Tu, kuris savo dešine gelbsti nuo priešų Tavimi pasitikinčius.8 Saugok mane kaip savo akies vyzdį, savo sparnų šešėlyje slėpk mane9 nuo prispaudėjų, nuo mano mirtinų priešų, kurie supa mane.10 Užsidarę savo taukuose, jie kalba išdidžiai savo lūpomis.11 Kur tik einame, jie supa mus, įbedę akis stebi ir rengiasi žemėn parblokšti12 kaip liūtas, tykantis grobio, kaip liūto jauniklis, kuris tupi lindynėje.13 Kelkis, Viešpatie, juos pasitik ir partrenk; išlaisvink savo kardu mano sielą iš nedorėlių,14 iš žmoniųsavo ranka, Viešpatie; iš pasaulio žmonių, kurių dalis šiame gyvenime, kurie pripildo savo pilvus Tavo gėrybėmis, jų vaikai sočiai privalgo, perteklių palikdami saviesiems vaikams.15 O aš Tavo veidą regėsiu savo teisume, pabudęs pasisotinsiu Tavo regėjimu.