1 'n Bedevaartslied. Die wat op die HERE vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot in ewigheid.2 Rondom Jerusalem is berge; so is die HERE rondom sy volk van nou af tot in ewigheid.3 Want die septer van goddeloosheid sal nie rus op die erfdeel van die regverdiges nie, sodat die regverdiges hulle hande nie sal uitsteek na onreg nie.4 HERE, doen goed aan die goeies en aan die wat opreg is in hulle harte.5 Maar die wat langs krom paaie wegdraai, sal die HERE laat vergaan saam met die werkers van ongeregtigheid. Vrede oor Israel!
1 Kurie pasitiki Viešpačiu, yra kaip Siono kalnas, kuris stovi tvirtai per amžius.2 Kaip kalnai apsupę Jeruzalę, taip Viešpats apsupęs savo tautą dabar ir per amžius.3 Nepasiliks nedorėlių skeptras ant teisiųjų dalies, kad teisieji savo rankų netiestų į neteisybę.4 Padėk, Viešpatie, geriesiems, pagelbėk tiesiaširdžiams.5 O kreivais keliais kas nuklysta, tuos Viešpats nuves su piktadariais. Taika tebūna Izraeliui.