1 Die HERE is Koning; laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees!2 Wolke en donkerheid is rondom Hom; geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon.3 'n Vuur gaan voor sy aangesig uit en steek sy teëstanders rondom aan die brand.4 Sy bliksems verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe.5 Berge smelt weg soos was voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die HERE van die hele aarde.6 Die hemele verkondig sy geregtigheid, en al die volke sien sy heerlikheid.7 Beskaamd staan almal wat die beelde dien, wat hulle op afgode beroem; al die gode buig hulle voor Hom neer.8 Sion hoor dit en is bly, en die dogters van Juda juig oor u oordele, o HERE!9 Want U, HERE, is die Allerhoogste oor die hele aarde; U is hoog verhewe bo al die gode.10 o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose.11 Die lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart.12 o Regverdiges, wees bly in die HERE, en loof sy heilige gedenknaam!
1 Viešpats karaliauja! Tedžiūgauja žemė! Tesilinksmina salos!2 Debesys ir tamsa Jį supa; teisumas ir teisingumas yra Jo sosto pagrindas.3 Jo priekyje liepsnoja ugnis ir sudegina aplinkui Jo priešus.4 Žaibai nušviečia pasaulį. Tai matydama, žemė drebėjo.5 Kalnai sutirpo kaip vaškas prieš Viešpatįvisos žemės Valdovą.6 Dangūs skelbia Jo teisumą ir visos tautos mato Jo šlovę.7 Bus sugėdinti tie, kurie tarnauja drožiniams, kurie stabais savo giriasi. Garbinkite Jį visi dievai!8 Tai girdi Sionas ir džiaugiasi. Viešpatie, dėl Tavo sprendimų džiūgauja Judo dukterys.9 Viešpatie, Tu esi aukštai virš visos žemės, išaukštintas virš visų dievų!10 Jūs, kurie mylite Viešpatį, nekęskite pikto; Jis saugo savo šventųjų gyvybes, iš nedorėlių priespaudos išlaisvina juos.11 Šviesa sušvinta teisiajam, tiesiaširdžiuidžiaugsmas.12 Linksminkitės, teisieji, Viešpatyje, dėkokite, prisiminę Jo šventumą.