1 Halleluja! Alef. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.
2 Gimel. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; Dalet. die geslag van die opregtes sal geseënword.
3 He. Oorvloed en rykdom is in sy huis; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.
4 Sajin. Vir die opregtes gaan Hy op as 'n lig in die duisternis: Get. genadig en barmhartig en regverdig.
5 Tet. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, Jod. wat sy sake volgens reg besorg.
6 Kaf. Want hy sal nooit wankel nie; Lamed. die regverdige sal in ewige gedagtenis wees.
7 Mem. Hy vrees nie vir slegte tyding nie; Noen. sy hart is gerus, vol vertroue op die HERE.
8 Samek. Vas is sy hart, hy vrees nie. Ajin. totdat hy op sy teëstanders neersien.
9 Pe. Hy strooi uit, hy gee aan die behoeftiges; Sade. sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid; Kof. sy horing word verhoog in eer.
10 Resj. Die goddelose sien dit en is vererg; Sjin. hy kners met sy tande en smelt weg; Tau. die begeerte van die goddelose mense vergaan.
1 Girkite Viešpatį! Palaimintas žmogus, kuris Viešpaties bijosi ir Jo įsakymus labai mėgsta.
2 Jo palikuonys bus galingi žemėje; palaiminta bus dorųjų karta.
3 Jo namuose bus gerovė ir turtai, jo teisumas pasiliks per amžius.
4 Dorajam šviesa nušvinta tamsoje, jis yra maloningas, kupinas gailestingumo ir teisus.
5 Geras žmogus pasigaili ir skolina, jis teisingai savo reikalus tvarko.
6 Jis nesvyruos per amžius. Amžinai bus minimas teisiojo vardas.
7 Bloga žinia jo neišgąsdins; tvirta yra jo širdis, nes jis pasitiki Viešpačiu.
8 Įsitvirtinusi jo širdis, jis nebijos, kol pamatys sugėdintus savo priešus.
9 Jis beturčiams dovanas dosniai dalina. Jo teisumas pasilieka per amžius. Jo ragas iškils garbingai.
10 Nedorėlis tai matys ir graušis, dantimis grieš ir nyks. Nedorėlių troškimas pražus.