1 Daarna het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek.2 En Job het begin en gesê:3 Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: 'n Seun is ontvang.4 Mag die dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie.5 Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, 'n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik.6 Daardie nag -- mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie.7 Ja, mag die nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie.8 Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Levi tan op te hits.9 Mag die sterre van sy môre skemering verduister word; mag hy wag op lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dageraad nie sien nie.10 Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie.11 Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie?12 Waarom het knieë my teëgekom, en waarom borste, dat ek moes drink?13 Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het,14 saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself;15 of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het.16 Of ek sou, soos 'n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie.17 Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is.18 Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie.19 Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.20 Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel;21 wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte;22 wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind?23 Waarom gee Hy lig aan 'n man wie se weg verborge is, 'n man wat deur God aan alle kante ingesluit is?24 Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.25 As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.26 Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus!
1 Pagaliau Jobas atvėrė burną ir prakeikė savo dieną.2 Jobas prabilo ir tarė:3 "Tegul pražūna diena, kurią gimiau, ir naktis, kurią buvau pradėtas.4 Tegul ta diena tampa tamsybe. Dieve, neprisimink jos ir neduok jai šviesos.5 Te tamsa ir mirties šešėlis apgaubia ją, te debesis aptemdo ją ir juoduma tepadaro ją baisią.6 Ta naktis tegul būna tamsi; tegul ji bus išbraukta iš metų ir mėnesių dienų skaičiaus.7 Ta naktis tegul būna apleista ir tenesigirdi joje džiaugsmingo balso.8 Tegul prakeikia tą dieną tie, kurie gali pažadinti leviataną.9 Tegul aptemsta aušros žvaigždės ir nepasirodo laukiama šviesa, akys teneišvysta aušros spindulių.10 Nes ji neužvėrė mano motinos įsčių ir nepaslėpė vargo nuo manęs.11 Kodėl nemiriau gimdamas ir kodėl neatidaviau dvasios, išeidamas iš pilvo?12 Kodėl mane laikė ant kelių ir maitino krūtimi?13 Tada gulėčiau ramus ir tylus ir miegočiau, ir ilsėčiausi14 kartu su žemės karaliais ir patarėjais, kurie atstatė sau apleistas vietas,15 arba su kunigaikščiais, kurie turėjo aukso ir pripildė savo namus sidabro,16 arba kaip paslėptas nelaiku gimęs kūdikis, neregėjęs šviesos.17 Ten piktadariai nebesiaučia ir pavargusieji ilsisi.18 Ten belaisviai ilsisi kartu ir nebegirdi prižiūrėtojo balso.19 Didelis ir mažas yra ten, vergas ten yra laisvas nuo savo valdovo.20 Kodėl šviesa duodama tam, kuris kenčia, ir gyvybė apkartusiai sielai?21 Laukiantieji mirties jos nesulaukia; jie jos ieško labiau negu paslėptų turtų.22 Jie džiaugiasi ir yra labai patenkinti, kai suranda sau kapą.23 Kodėl duota šviesa žmogui, kurio kelias paslėptas ir kurį Dievas spaudžia iš visų pusių?24 Mano dūsavimai kyla prieš valgant, o aimanos liejasi kaip tekantis vanduo.25 Tai, ko labai bijojau, užgriuvo mane, ir tai, dėl ko nuogąstavau, ištiko mane.26 Aš nebuvau saugus ir neturėjau poilsio, aš nenurimdavau, tačiau bėda atėjo".