1 Toe het die drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie oë regverdig was.
2 En die toorn van El¡hu, die seun van Bar geël, die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God.
3 Sy toorn het ook ontvlam teen sy drie vriende, omdat hulle geen antwoord gevind het nie en Job veroordeel het.
4 Maar El¡hu het op Job gewag met sy woorde, omdat hulle ouer was as hy.
5 Maar toe El¡hu sien dat daar geen antwoord was in die mond van die drie manne nie, het sy toorn ontvlam.
6 En El¡hu, die seun van Bar geël, die Busiet, het begin en gesê: Ek is jonk, en u is hoogbejaard; daarom was ek beskroomd en het gevrees om my kennis aan u mee te deel.
7 Ek het gesê: Laat die dae spreek en die veelheid van jare wysheid te kenne gee.
8 Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.
9 Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie.
10 Daarom sê ek: Luister na my; ek wil ook my kennis meedeel.
11 Kyk, ek het gewag op u woorde; ek wou luister na verstandige taal van u, totdat u die regte woorde uitgevind het.
12 En ek het op u ag gegee; maar kyk: daar was niemand wat Job weerlê het nie, niemand van u wat sy woorde beantwoord het nie.
13 Sê maar net nie: Ons het wysheid aangetref, God alleen kan hom verslaan, geen mens nie.
14 Teen my tog het hy geen woorde ingebring nie; en met u redeneringe sal ek hom nie beantwoord nie.
15 Hulle staan verslae; hulle antwoord nie meer nie; die woorde laat hulle in die steek.
16 Sal ek dan wag, omdat hulle nie spreek nie, omdat hulle daar staan sonder antwoord?
17 Ek wil ook my deel antwoord; ek wil ook my kennis meedeel.
18 Want ek is vol woorde; die gees in my binneste dring my.
19 Kyk, my binneste is soos wyn wat geen opening het nie, soos nuwe leersakke wil dit bars.
20 Ek wil spreek om lug te kry, my lippe oopmaak en antwoord gee.
21 Ek wil nie partydig wees nie; en 'n mens vlei, sal ek nie.
22 Want ek verstaan nie om te vlei nie; gou sou my Maker my wegneem!
1 Tie trys vyrai liovėsi atsakinėti Jobui, nes jis laikė save teisiu.
2 Barachelio sūnus Elihuvas, buzitas iš Ramo giminės, supyko ant Jobo, nes jis teisino save, o ne Dievą.
3 Jis supyko ir ant jo trijų draugų, nes jie nesurado atsakymo, tačiau kaltino Jobą.
4 Jobui kalbant, Elihus laukė, nes jie buvo vyresni už jį.
5 Kai Elihus pamatė, kad tie trys vyrai nesurado atsakymo, užsidegė jo pyktis.
6 Barakelio sūnus Elihus, buzitas, atsakydamas tarė: "Aš dar jaunas, jūs senesni amžiumi, todėl bijojau ir nedrįsau jums pareikšti savo nuomonės.
7 Aš galvojau: ‘Amžius tegul kalba, metų skaičius tepamoko išminties’.
8 Tačiau dvasia yra žmoguje ir Visagalio įkvėpimas duoda jam supratimą.
9 Seniai ne visados išmintingi ir ne amžius leidžia suvokti, kas teisinga.
10 Todėl pasiklausykite manęs. Aš irgi pareikšiu savo nuomonę.
11 Aš laukiau jūsų žodžių, klausiau jūsų svarstymų, kai ieškojote, ką atsakyti.
12 Aš atidžiai jus stebėjau, tačiau nė vienas iš jūsų neįtikino Jobo ir neatsakė į jo žodžius.
13 Nesakykite, kad atsakėte išmintingai: ‘Dievas jį įveiks, ne žmogus’.
14 Jis nesikreipė savo žodžiais į mane, ir aš jam neatsakysiu jūsų žodžiais.
15 Jie nustebę stovi, netekę žado, nebežino, ką sakyti.
16 Kai aš laukiau, o jie stovėjo tylėdami ir nieko nesakė,
17 aš nusprendžiau atsakyti ir pareikšti savo nuomonę.
18 Aš turiu žodžių pakankamai, o dvasia mane ragina.
19 Mano pilvas kaip vynas, nerandąs išėjimo, plėšantis naujas odines.
20 Aš turiu kalbėti, kad man būtų lengviau; praversiu savo lūpas ir atsakysiu.
21 Nebūsiu šališkas ir niekam nepataikausiu.
22 Jei pataikaučiau, mano Kūrėjas greitai pašalintų mane".