1 Ek walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel.

2 Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis.

3 Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn?

4 Het U vleeslike oë? Of sien U soos 'n mens sien?

5 Is u dae soos die dae van 'n mens, of u jare soos die dae van 'n man?

6 dat U soek na my ongeregtigheid en vra na my sonde,

7 ofskoon U weet dat ek nie skuldig is nie en dat daar niemand is wat uit u hand kan red nie?

8 U hande het my geformeer en my gemaak, heeltemal rondom; en U vernietig my!

9 Bedink tog dat U my soos klei gevorm het, en wil U my tot stof laat terugkeer?

10 Het U my nie soos melk uitgegiet en my soos kaas laat dik word nie?

11 Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg.

12 Die lewe, ja, guns het U aan my bewys, en u sorg het my gees bewaak.

13 Maar daarby het U d¡t verberg in u hart, ek weet dat d¡t u toeleg was:

14 As ek gesondig het, sou U my waarneem en my nie vryspreek van my ongeregtigheid nie.

15 Was ek skuldig -- wee my! En was ek regverdig, ek sou my hoof nie kon ophef nie, sat van skande en bewus van my ellende.

16 En as my hoof hom ophef, sou U my jaag soos 'n leeu en U opnuut wonderbaarlik teenoor my gedra.

17 U sou altyd nuwe getuies teen my bring en u grimmigheid teen my vermeerder -- altyd nuwe leërafdelings teen my!

18 Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat 'n oog my gesien het.

19 Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het.

20 Is my dae nie min nie? Laat Hy ophou, my laat staan, dat ek 'n bietjie vrolik kan wees,

21 voordat ek heengaan -- en nie terugkom nie -- na die land van duisternis en doodskaduwee,

22 'n land van donkerheid, soos middernag, van doodskaduwee en wanorde, en dit gee 'n skynsel -- soos middernag!

1 "Mano siela pavargo nuo gyvenimo, tad skųsiuos atvirai, kalbėsiu iš sielos kartėlio.

2 Sakysiu Dievui: ‘Nepasmauk manęs, parodyk man, kodėl su manimi kovoji.

3 Ar Tau gera prispausti ir paniekinti savo rankų darbą, ir šviesti nedorėlių pasitarime?

4 Ar Tavo akys kūniškos, ar matai taip, kaip žmogus?

5 Ar Tavo dienos kaip žmogaus dienos ir Tavo metai kaip žmonių laikas,

6 kad ieškai mano kaltės ir teiraujiesi mano nuodėmių,

7 nors žinai, kad nesu nedorėlis? Nėra nė vieno, kuris mane išgelbėtų iš Tavo rankų.

8 Tavo rankos padarė mane, o dabar nori mane sunaikinti.

9 Atsimink, kad mane iš molio padarei ir vėl į dulkes paversi.

10 Kaip pieną mane išliejai ir kaip sūrį suspaudei.

11 Tu apvilkai mane kūnu ir oda, kaulais ir gyslomis sutvirtinai mane.

12 Gyvybę ir palankumą man suteikei, Tavo aplankymas saugojo mano dvasią.

13 Visa tai paslėpei savo širdyje; žinau, kad tai yra su Tavimi.

14 Jeigu nusidedu, Tu pastebi tai ir mano kalčių neatleidi.

15 Jei aš nedorėlis, vargas man! O jei aš ir teisus, negaliu pakelti galvos, nes esu pilnas gėdos. Pažiūrėk į mano vargą,

16 nes jis didėja. Kaip liūtas mane medžioji ir pasirodai baisingas prieš mane.

17 Tu pastatai naujus liudytojus prieš mane ir daugini savo pasipiktinimą; permainos ir karai kyla prieš mane.

18 Kodėl leidai man gimti? O kad būčiau miręs ir niekas nebūtų manęs matęs.

19 Aš būčiau tarsi nebuvęs ir iš įsčių būčiau nuneštas į kapą.

20 Mano gyvenimo dienų mažai; palik mane, kad nors kiek atsikvėpčiau,

21 prieš išeidamas ten, iš kur negrįžta, į tamsos šalį ir mirties šešėlį.

22 Į gūdžios tamsos šalį, kur mirties šešėlis, kur nėra skirtumo tarp šviesos ir tamsos’ ".