1 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.

2 God is bekend in Juda, sy Naam is groot in Israel.

3 Ook het in Salem sy tent verrys en in Sion sy woning.

4 Daar het Hy die blitspyle van die boog verbreek, skild en swaard en oorlog. Sela.

5 Glansryk is U, heerlik van die roofberge af!

6 Geplunder is die sterkes van hart; hulle het hul slaap gesluimer, en geeneen van die dapper manne het hulle hande gevind nie.

7 Deur u dreiging, o God van Jakob, het strydwa en perd saam bedwelmd geraak.

8 U, vreeslik is U, en wie kan voor u aangesig bestaan as u toorn uitgebreek het?

9 Uit die hemel het U 'n oordeel laat hoor; die aarde het gevrees en stil geword,

10 toe God opgestaan het vir die gerig, om al die ootmoediges van die land te verlos. Sela.

11 Want die grimmigheid van die mens moet U loof; met die oorblyfsel van grimmighede gord U Uself.

12 Doen geloftes en betaal die aan die HERE julle God! Laat almal wat rondom Hom is, geskenke bring aan die Vreeslike, [ (Psalms 76:13) wat die trots van die vorste wegsny, vreeslik is vir die konings van die aarde. ]

1 Garsus yra Judo žemėje Dievas, Jo vardas didis Izraelyje.

2 Saleme yra Jo palapinė, Jo buveinė Sione.

3 Jis sulaužė ten lanko strėles, skydus, kardus ir karo ginklus.

4 Šlovingesnis ir puikesnis Tu esi už grobio kalnus!

5 Stipruoliai buvo apiplėšti, užmigo mirties miegu, galiūnai rankas nuleido.

6 Jokūbo Dieve, kai Tu pagrūmojai, raiteliai ir žirgai sustingo.

7 Tavęs reikia bijoti, nes kas Tau gali pasipriešinti, kai imi rūstauti?

8 Iš dangaus Tu sprendimą paskelbei; nusigandusi žemė nutilo,

9 kai Dievas kėlėsi teisti ir išgelbėti žemės romiųjų.

10 Net žmonių rūstybė girs Tave, nuo Tavo rūstybės išlikusieji iškilmes ruoš Tavo garbei.

11 Darykite įžadus ir vykdykite juos Viešpačiui, savo Dievui! Visi šalia Jo esantieji neškite dovanų Tam, kurio reikia bijoti,

12 kuris nutildo kunigaikščių dvasią, kuris baisus žemės karaliams.