1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. 'n Gedig.

2 Spreek julle waarlik geregtigheid, o gode? Oordeel julle die mensekinders regverdig?

3 Ja, julle bedryf ongeregtighede in die hart; julle weeg op aarde die geweld van julle hande af.

4 Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af.

5 Hulle het gif soos die gif van 'n slang; soos 'n dowe adder wat sy oor toestop,

6 wat nie luister na die stem van die besweerders, van hom wat ervare is om met towerspreuke om te gaan nie.

7 o God, verbreek hulle tande in hulle mond; slaan die tande van die jong leeus uit, o HERE!

8 Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het.

9 Laat hulle wees soos 'n slak wat wegsmelt so ver as hy loop, soos 'n misgeboorte wat die son nie gesien het nie.

10 Voordat julle potte die doringtak gewaar word, sal Hy dit wegstorm, die rou vleis sowel as die vuurgloed.

11 Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose. [ (Psalms 58:12) En die mense sal sê: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is 'n God wat op die aarde oordeel! ]

1 Jūs, teisėjai, ar sprendžiate teisingai? Ar teisingai teisiate žmones?

2 Ne, jūs darote nedorybes širdyje, jūsų rankos smurtą sėja.

3 Nedorėliai klysta nuo pat kūdikystės, nuo pat gimimo jie klaidžioja ir meluoja.

4 Jų nuodai panašūs į gyvatės nuodus, kaip angies, kuri užsikemša ausis,

5 kad negirdėtų labiausiai įgudusio kerėtojo balso.

6 Dieve, sutrupink jiems dantis burnoje, Viešpatie, išdaužyk iltis jauniems liūtams!

7 Tepradingsta jie kaip tekantis vanduo, tesulūžta jų strėlės, jiems betaikant.

8 Teištyžta jie kaip sraigė, kaip nelaiku gimęs kūdikis tenemato saulės!

9 Tenuneša juos audra greičiau, negu puodas pajus degančių erškėčių karštį.

10 Teisusis džiaugsis, matydamas atpildą, nedorėlio krauju plausis sau kojas.

11 Tada žmonės sakys: "Tikrai, atpildą gauna teisusis! Tikrai yra Dievas, teisėjas žemėje!"