1 So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees?
2 Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.
3 Wie 'n bees as offer slag, is soos hy wat 'n man doodslaan; wie 'n lam offer, soos hy wat 'n hond se nek breek; wie 'n spysoffer bring -- dit is varkbloed; wie wierook as gedenkoffer bring, is soos hy wat 'n afgod prys. Soos hulle hul eie weë verkies het en hulle siel 'n behae het in hul verfoeisels,
4 so sal Ek ook hulle ongeluk verkies en wat hulle met skrik vervul, oor hulle laat kom; omdat Ek geroep en niemand geantwoord het nie, Ek gespreek en hulle nie gehoor het nie; maar hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë, en verkies wat My nie behaag nie.
5 Hoor die woord van die HERE, julle wat vir sy woord bewe! Julle broers, julle haters wat julle verstoot om my Naam ontwil, sê: Laat die HERE heerlik word, dat ons julle vreugde kan aanskou! Maar hulle sal beskaamd staan!
6 Hoor -- 'n rumoer uit die stad! Hoor -- uit die tempel! Hoor -- dit is die HERE wat sy vyande hulle dade vergeld!
7 Voordat sy weë gekry het, het sy gebaar; voordat smart oor haar gekom het, is sy van 'n seuntjie verlos.
8 Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word 'n land op een enkele dag gebore? Of word 'n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar.
9 Sou Ek naby die geboorte bring en nie laat baar nie? sê die HERE. Of sou Ek wat laat baar, self toesluit? sê jou God.
10 Wees bly saam met Jerusalem en juig oor haar, almal wat haar liefhet! Wees vrolik saam met haar, baie vrolik, almal wat oor haar treurig gewees het!
11 sodat julle kan suig en versadig word aan die bors van haar vertroostinge; sodat julle kan uitdrink en julle verlustig in die oorvloed van haar heerlikheid.
12 Want so sê die HERE: Kyk, die vrede lei Ek na haar toe soos 'n rivier en die rykdom van die nasies soos 'n oorlopende stroom; en julle sal suig, julle sal op die heup gedra word en op die knieë getroetel word.
13 Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos; en julle sal in Jerusalem getroos word.
14 En julle sal dit sien, en julle hart sal vrolik wees, en julle gebeente sal groei soos die jong gras; dan sal die hand van die HERE bekend word aan sy knegte, en Hy sal op sy vyande grimmig wees.
15 Want kyk, die HERE sal kom in vuur, en sy waens soos 'n stormwind, om in hittigheid sy toorn te openbaar en in vuurvlamme sy dreiging.
16 Want met vuur en met sy swaard sal die HERE strafgerig hou oor alle vlees, en hulle wat deur die HERE verslaan is, sal baie wees.
17 Die wat hulleself heilig en hulleself reinig vir die tuine, terwyl hulle die een nadoen wat in die middel staan; wat varkvleis eet en verfoeisels en muise -- almal saam sal hulle tot niet raak, spreek die HERE.
18 Maar Ek ken hulle werke en hulle gedagtes; die tyd kom dat Ek al die nasies en tonge versamel; en hulle sal kom en my heerlikheid sien.
19 En Ek sal 'n teken onder hulle doen, en vrygeraaktes uit hulle stuur na die nasies, na Tarsis, Pul en Lud, wat die boog span, na Tubal en Jawan, na die ver kuslande wat my tyding nie gehoor en my heerlikheid nie gesien het nie; en hulle sal my heerlikheid onder die nasies verkondig.
20 En hulle sal al julle broers bring uit al die nasies as offergawe aan die HERE, op perde en op waens en in draagstoele en op muilesels en op kamele na my heilige berg, na Jerusalem, sê die HERE, net soos die kinders van Israel die spysoffer in 'n rein voorwerp bring na die huis van die HERE.
21 En ook sal Ek uit hulle priesters en Leviete neem, spreek die HERE.
22 Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die HERE, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees.
23 En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die HERE.
24 En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees.
1 Taip sako Viešpats: "Dangus yra mano sostas ir žemėmano pakojis. Kur yra namai, kuriuos jūs man norite statyti, ir kur mano poilsio vieta?
2 Mano ranka visa tai sukūrė, ir taip visa atsirado,sako Viešpats.Aš pažvelgsiu į žmogų, kuris yra vargšas bei turi atgailaujančią dvasią ir dreba prieš mano žodį.
3 Pjaunantis jautį yra kaip žudantis žmogų, aukojantis avįkaip nusukantis sprandą šuniui, aukojantis duonos aukąkaip aukojantis kiaulės kraują, deginantis smilkaluskaip garbinantis stabą. Taip jie pasirinko savo kelius, jų siela mėgsta jų bjaurystes.
4 Tad ir Aš parinksiu ir užleisiu ant jų vargą, kurio jie bijo. Nes Aš šaukiau, bet nė vienas neatsiliepė, Aš kalbėjau, bet jie nesiklausė. Jie darė mano akivaizdoje pikta ir pasirinko, kas man nepatinka".
5 Išgirskite, ką sako Viešpats, jūs, kurie drebate prieš Jo žodį: "Jūsų broliai, kurie neapkenčia jūsų ir jus atmeta dėl mano vardo, sako: ‘Teapreiškia Viešpats savo šlovę, kad matytume jūsų džiaugsmą!’ Bet jie bus sugėdinti".
6 Tai balsas mieste! Tai balsas iš šventyklos! Tai Viešpaties balsas, kai Jis atlygina savo priešams.
7 Dar skausmų nepajutus, ji pagimdė, dar skausmams neprasidėjus, pagimdė sūnų.
8 Kas tai girdėjo, ar ką panašaus matė? Ar gali kraštas užgimti per vieną dieną? Ar gali tauta atsirasti per vieną akimirką? Tik skausmams prasidėjus, Sionas pagimdė savo vaikus.
9 "Argi Aš, atvedęs iki gimdymo, neleisiu pagimdyti?"sako Viešpats. "Argi Aš, leidęs pradėti gimdymą, uždarysiu įsčias?"sako tavo Dievas.
10 Džiaukitės kartu su Jeruzale, kurie ją mylite. Džiaukitės, kurie liūdėjote dėl jos.
11 Kad galėtumėte maitintis ir pasisotinti jos paguodos krūtimis, kad gaivintumėtės ir mėgautumėtės jos šlovės gausumu.
12 Taip sako Viešpats: "Aš užliesiu ją ramybe kaip upe, tautų lobiai plauks į ją kaip neišsenkanti srovė. Jūs būsite kaip kūdikiai maitinami, ant rankų nešiojami ir supami ant jos kelių.
13 Kaip motina paguodžia kūdikį, taip Aš jus paguosiu; Jeruzalėje jūs būsite paguosti".
14 Jūs tai matysite ir jūsų širdis džiaugsis, jūsų kaulai žaliuos kaip jauna žolė. Viešpaties ranka bus apreikšta Jo tarnams, o Jo rūstybėpriešams.
15 Viešpats ateis su ugnimi, Jo vežimai kaip viesulas, kad išlietų savo rūstybę ir įtūžį, nubaustų ugnies liepsnomis.
16 Ugnimi ir kardu Viešpats padarys teismą kiekvienam kūnui. Viešpaties užmuštųjų bus daug.
17 "Visi, kurie pasišvenčia ir apsivalo soduose, valgo kiaulieną, peles ir kitus pasibjaurėtinus dalykus, bus sunaikinti",sako Viešpats.
18 "Aš žinau jūsų darbus ir mintis; surinksiu įvairių kalbų tautas, ir jos matys mano šlovę.
19 Aš duosiu ženklą jiems ir pasiųsiu dalį išlikusiųjų į visas tautas: į Taršišą, Pulą ir Ludą, pas šaudančius strėlėmis, į Tubalą ir Javaną, į tolimas salas, kuriose negirdėjo mano darbų ir nematė mano šlovės. Jie paskelbs mano šlovę tautoms.
20 Jie atgabens jūsų brolius iš visų tautų, kaip yra atgabenamos aukos, ant žirgų, vežimuose, neštuvuose, ant mulų ir kupranugarių į šventąjį Jeruzalės kalną, kaip Izraelio sūnūs atneša duonos auką į Viešpaties namus švariame inde",sako Viešpats.
21 "Kai kuriuos iš jų padarysiu kunigais ir levitais",sako Viešpats.
22 "Kaip nauji dangūs ir nauja žemė, kuriuos sukursiu, pasiliks mano akivaizdoje, taip jūsų palikuonys ir vardas išliks",sako Viešpats.
23 "Nuo vieno jauno mėnulio iki kito ir nuo vieno sabato iki kito visi ateis ir parpuls mano akivaizdoje,sako Viešpats.
24 Jie išeis ir matys lavonus žmonių, kurie maištavo prieš mane. Jų kirminas nemirs ir ugnis neužges. Jie bus pasibaisėjimu visai žmonijai".