1 Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;2 om uit te roep 'n jaar van die welbehae van die HERE en 'n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos;3 om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, 'n gewaad van lof vir 'n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, 'n planting van die HERE, tot sy verheerliking.4 En hulle sal die ou puinhope bou, die verwoeste plekke uit vroeër dae weer oprig en die verwoeste stede weer nuut maak wat woes was van geslag tot geslag.5 Die vreemdelinge sal staan en julle kleinvee oppas, en uitlanders sal julle landbouers en wynboere wees.6 Maar julle sal priesters van die HERE genoem word; aan julle sal gesê word: Dienaars van onse God! Julle sal die rykdom van die nasies eet en op hulle heerlikheid julle beroem.7 In plaas van julle skande ontvang julle 'n dubbele deel; en in plaas van die smaad sal hulle jubel oor hul deel. Daarom sal hulle in hul land 'n dubbele deel in besit neem, ewige vreugde geniet.8 Want Ek, die HERE, het die reg lief; Ek haat die roof met onreg, en Ek sal hulle getrou hul loon gee en 'n ewige verbond met hulle sluit.9 En hulle nageslag sal bekend word onder die nasies en hulle nakomelinge onder die volke; almal wat hulle sien, sal hulle daarvoor aansien dat hulle 'n geslag is wat die HERE geseënhet.10 Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel -- soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.11 Want soos die aarde sy plante voortbring, en soos 'n tuin sy gewasse laat uitspruit, so sal die Here HERE geregtigheid en lof laat uitspruit voor die oog van al die nasies.
1 Viešpaties Dievo Dvasia ant manęs, nes Viešpats patepė mane skelbti gerą žinią vargšams, Jis siuntė mane gydyti tų, kurių širdys sudužusios, skelbti belaisviams išlaisvinimą ir kaliniams atidaryti kalėjimą;2 skelbti Viešpaties malonės metus ir mūsų Dievo keršto dieną, paguosti visus liūdinčius,3 įteikti liūdintiems Sione grožybę vietoj pelenų, džiaugsmo aliejaus vietoj gedulo, gyriaus drabužį vietoj apsunkusios dvasios. Juos vadins teisumo medžiais, Viešpaties sodiniais Jo šlovei.4 Jie atstatys griuvėsius, kurie seniai buvo paversti dykyne, atnaujins sunaikintus miestus, kurie kartų kartas buvo ištuštėję.5 Ateiviai ganys jų bandas, svetimtaučių sūnūs ars laukus ir prižiūrės vynuogynus.6 Jūs būsite vadinami Viešpaties kunigais, jus vadins mūsų Dievo tarnais. Jūs naudositės pagonių turtais ir didžiuositės jų šlove.7 Už savo gėdą jūs gausite dvigubai. Vietoj paniekos jie džiaugsis ir paveldės savo šalyje dvigubai; jie turės amžiną džiaugsmą.8 Nes Aš, Viešpats, mėgstu teisingumą, nekenčiu plėšikavimo. Aš jiems atlyginsiu teisingai ir sudarysiu amžiną sandorą su jais.9 Pagonys pažins jų palikuonis, jų atžala bus žinoma tarp tautų. Visi, kurie matys juos, pripažins, kad jie yra Viešpaties palaiminti palikuonys.10 Aš labai džiaugsiuos Viešpačiu, mano siela džiūgaus Dieve! Nes Jis apvilko mane išgelbėjimo rūbais, apsiautė teisumo apsiaustu kaip sužadėtinį, kuris užsideda papuošalą ant galvos, kaip sužadėtinę, pasipuošusią papuošalais.11 Kaip žemė išaugina želmenis ir kaip darže dygsta tai, kas pasėta, taip Viešpats Dievas įželdins teisumą ir gyrių visų tautų akivaizdoje.