1 Die volk wat in duisternis wandel, het 'n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het 'n lig geskyn.2 U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd, soos iemand juig as die buit verdeel word.3 Want die juk wat op hulle gedruk het, en die stok wat hulle rug getref het, die roede van hulle drywer, het U verbreek soos op die dag van M¡dian.4 Want elke soldateskoen wat daar wegstap met gedreun, en die kleed wat in bloed gerol is, dien tot verbranding, 'n prooi van die vuur.5 Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors --6 tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.7 Die HERE stuur 'n woord in Jakob, en dit val in Israel;8 en die hele volk sal dit gewaarword, Efraim en die inwoners van Samar¡a, wat in trotsheid en grootsheid van hart sê:9 Die bakstene het geval, maar met gekapte klip sal ons bou; die wildevyebome is afgekap, maar ons sal seders in hulle plek neem!10 Maar die HERE gee aan die teëstanders van Resin die oorhand oor hulle, en hulle vyande sal Hy ophits:11 die Arameërs van voor en die Filistyne van agter, dat hulle Israel met volle mond kan opeet. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.12 Maar die volk bekeer hulle nie tot Hom wat hulle slaan nie, en hulle soek nie die HERE van die leërskare nie.13 Daarom sny die HERE van Israel af kop en stert, palmtak en biesie, op een dag.14 Die oudste en aansienlike, die is die kop, en die profeet wat leuens profeteer, die is die stert;15 en die leiers van hierdie volk het verleiers geword, en die van hulle wat gelei word, is op 'n dwaalweg gebring.16 Daarom sal die Here oor hulle jongmanne nie bly wees nie en Hom nie ontferm oor hulle wese en hulle weduwees nie; want hulle is almal roekelose mense en kwaaddoeners, en elke mond spreek goddeloosheid. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.17 Want die goddeloosheid brand soos vuur; dit verteer dorings en distels en steek die digte takke van die bos aan die brand, sodat hulle in 'n rookpilaar opstyg.18 Deur die grimmigheid van die HERE van die leërskare staan die land in vlamme en het die volk geword soos 'n prooi van die vuur; die een spaar die ander nie.19 En hulle byt na regs en het honger; hulle vreet na links en word nie versadig nie; hulle eet elkeen die vlees van sy eie arm:20 Manasse vir Efraim, en Efraim vir Manasse, en hulle saam is teen Juda. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.
1 Kas patyrė vargą, tiems nebus tamsu. Seniau Zabulono žemė ir Neftalio žemė buvo paniekintos, bet ateity paežerio kraštas ir kraštas anapus Jordano, pagonių Galilėja, bus išaukštintas.2 Tauta, gyvenusi tamsybėje, išvydo didelę šviesą. Gyvenusiems mirties šešėlio krašte nušvito šviesa.3 Tu padauginai tautą ir suteikei jiems džiaugsmo. Jie džiaugiasi Tavo akivaizdoje, kaip džiaugiamasi pjūties metu arba dalijantis grobį.4 Tu sulaužei tautą slėgusį jungą, juos plakusią rykštę, jos prispaudėjo lazdą kaip Midjano dieną.5 Visų karių apavas ir krauju sutepti rūbai bus ugnimi sunaikinti.6 Kūdikis mums gimė, sūnus mums duotas. Ant jo peties viešpatavimas, jis bus vadinamas Nuostabusis, Patarėjas, Galingasis Dievas, Amžinasis Tėvas, Ramybės Kunigaikštis.7 Jo viešpatavimas plėsis ir taikai nebus galo. Dovydo sostą ir jo karalystę jis sustiprins ir įtvirtins teisingumu ir teisybe per amžius. Kareivijų Viešpaties uolumas tai padarys.8 Viešpats pasiuntė žodį Jokūbui, jis krito į Izraelį.9 Tai žinos visa tauta, Efraimas ir Samarijos gyventojai, kurie puikybėje ir išdidume kalbėjo:10 "Plytų mūrai sugriuvo, mes juos atstatysime iš tašytų akmenų; nukirto laukinius figmedžius, mes juos pakeisime kedrais".11 Todėl Viešpats sukels prieš juos Recino priešus ir sukurstys priešininkus.12 Sirija rytuose, o filistinai vakaruose ryja Izraelį, plačiai atvėrę nasrus. Dėl viso to Jo rūstybė dar neatsileido, Jo ranka dar pakelta.13 Bet tauta nesigręžia į Tą, kuris juos baudžia, jie neieško kareivijų Viešpaties.14 Todėl Viešpats nukirs Izraelio galvą ir uodegą, palmę ir nendrę tą pačią dieną.15 Vyresnieji ir kilmingiejitai galva, o melą kalbantys pranašai uodega.16 Šios tautos vadai yra suvedžiotojai, o jų vedamieji pražus.17 Todėl Viešpats nesidžiaugs jų jaunimu ir nepagailės nei jų našlaičių, nei našlių. Jie visi yra veidmainiai ir nedorėliai, jie kalba kvailystes. Dėl viso to Jo rūstybė dar neatsileido, Jo ranka dar pakelta.18 Nedorybė kaip ugnis praryja usnis ir erškėčius, padega miško tankumynus, o dūmai kyla kaip stulpai.19 Kareivijų Viešpaties rūstybė padegė šalį. Tauta bus lyg kuras ugniai. Žmogus nesigailės savo brolio.20 Jis griebs iš dešinės, bet alks, ris iš kairės, bet nepasisotins. Kiekvienas valgys savo kūną.21 ManasasEfraimą, Efraimas Manasą, abu draugeJudą. Dėl viso to Jo rūstybė dar neatsileido, Jo ranka dar pakelta.