1 En in die dag sal sewe vroue een man aangryp en sê: Ons eie brood sal ons eet en ons eie kleed aantrek; laat net jou naam oor ons genoem word, neem ons smaadheid weg.2 In die dag sal die Spruit van die HERE wees tot sieraad en heerlikheid, en die vrug van die land tot hoogheid en versiering vir die vrygeraaktes van Israel.3 En wie in Sion oorgebly het en gespaar is in Jerusalem, die sal heilig genoem word, elkeen wat onder die lewendes opgeskrywe is in Jerusalem --4 as die Here die onreinheid van die dogters van Sion afgewas en die bloedskulde van Jerusalem daaruit weggespoel het deur die Gees van strafgerig en die Gees van uitdelging.5 Dan skep die HERE oor elke woonplek van die berg Sion en oor sy plekke van samekoms 'n wolk bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik is, sal daar 'n beskutting wees.6 En daar sal 'n afdak wees vir 'n skaduwee bedags teen die hitte en vir 'n skuilplek en toevlug teen die stortbui en die reën.
1 Tą dieną septynios moterys, nutvėrusios vieną vyrą, sakys: "Mes valgysime savo duoną ir vilkėsime savais drabužiais, tik leisk mums vadintis tavo vardu, nuimk nuo mūsų panieką".2 Tą dieną Viešpaties atžala bus graži ir šlovinga, o žemės vaisius bus pasididžiavimas ir garbė išlikusiųjų Izraelyje.3 Išlikęs Sione ir gyvenąs Jeruzalėje bus vadinamas šventukiekvienas, kuris bus įrašytas gyventi Jeruzalėje.4 Kai Viešpats nuplaus Siono dukters nešvarumą ir išvalys Jeruzalės kraują teismo ir ugnies dvasia,5 tada Viešpats padarys ant viso Siono kalno ir ant susirinkusių debesį ir dūmus dieną, o naktį skaisčiai liepsnojančią ugnį. Viešpaties šlovė bus apsauga visiems.6 Tai bus ūksmė dienos metu nuo karščio ir priedanga bei užuovėja nuo audros ir lietaus.