1 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere -- hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.3 Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.4 Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.5 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.6 Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,7 elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.8 Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het.9 Al die nasies het saam vergader, en die volke is versamel. Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid!10 Julle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is -- voor My is geen God geformeer nie, en n My sal daar geeneen wees nie.11 Ek, Ek is die HERE, en daar is geen Heiland buiten My nie.12 Âk het verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen ander god onder julle nie; en julle is my getuies, spreek die HERE, en Ek is God.13 Ook van vandag af is Ek dit, en niemand red uit my hand nie; Ek werk, en wie kan dit keer?14 So sê die HERE, jou Losser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil het Ek na Babel gestuur, en Ek sal hulle almal as vlugtelinge laat afdaal, naamlik die Chaldeërs, in die skepe waarop hulle gejuig het.15 Ek is die HERE, julle Heilige; die Skepper van Israel, julle Koning.16 So sê die HERE wat in die see 'n weg en in die sterk waters 'n pad gemaak het,17 wat waens en perde, leërmag en held laat uittrek het; tesame lê hulle, hulle sal nie opstaan nie; hulle is uitgeblus, soos 'n lamppit uitgedoof.18 Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.19 Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak 'n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.20 Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink.21 Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig.22 Nogtans het jy My nie aangeroep, o Jakob, dat jy jou vir My sou vermoei het nie, o Israel!23 Jy het vir My nie gebring die kleinvee van jou brandoffers nie, en met jou slagoffers het jy My nie geëer nie; Ek het jou geen oorlas aangedoen met spysoffers en jou nie vermoei met wierook nie.24 Jy het vir My geen kalmoes met geld gekoop en met die vet van jou slagoffers My nie verkwik nie; maar jy het My oorlas aangedoen met jou sondes, jy het My vermoei met jou ongeregtighede.25 Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.26 Maak My indagtig; laat ons teen mekaar pleit; vertel jy, dat jy in die gelyk gestel kan word.27 Jou eerste vader het gesondig, en jou tolke het teen My oortree.28 So het Ek dan heilige vorste ontheilig en Jakob aan die banvloek oorgegee en Israel aan beskimpinge.
1 Taip sako Viešpats, kuris sutvėrė tave, Jokūbai, ir padarė tave, Izraeli: "Nebijok! Aš atpirkau tave ir pašaukiau tave vardu; tu esi mano.2 Kai eisi per vandenį, Aš būsiu su tavimi ir upės nepaskandins tavęs. Kai eisi per ugnį, nesudegsi ir liepsna nesunaikins tavęs.3 Aš esu Viešpats, tavo Dievas, Izraelio Šventasis, tavo gelbėtojas. Už tave atidaviau Egiptą, Etiopiją ir Sebą kaip išpirką.4 Kadangi tu esi brangus mano akyse, Aš vertinu ir myliu tave. Aš atiduosiu žmones už tave ir tautas už tavo gyvybę.5 Nebijok, nes Aš esu su tavimi, Aš parvesiu tavo palikuonis iš rytų ir surinksiu tavuosius iš vakarų.6 Aš įsakysiu šiaurei: ‘Atiduok’ ir pietums: ‘Nesulaikyk’. Atvesk mano sūnus iš tolimų šalių ir mano dukteris nuo žemės pakraščių.7 Kiekvieną, kuris vadinasi mano vardu, Aš sukūriau savo šlovei, Aš sutvėriau ir padariau jį.8 Išvesk aklą tautą, turinčią akis, ir kurčią tautą, turinčią ausis.9 Tesusirenka visos tautos ir giminės. Kas iš jų gali pranešti ir paskelbti praeities įvykius? Tepastato liudytojus ir tepasiteisina, kad visi matytų ir girdėtų, jog tai tiesa".10 Viešpats sako: "Jūs esate mano liudytojai ir mano tarnas, kurį pasirinkau, kad žinotumėte, tikėtumėte ir suprastumėte, kad Aš Tas, kuris esu. Pirma manęs nebuvo jokio dievo ir po manęs nebus.11 Aš esu Viešpats, ir be manęs nėra kito gelbėtojo.12 Aš paskelbiau, išgelbėjau ir pranešiau, kai tarp jūsų nebuvo kito dievo. Jūs esate mano liudytojai, sako Viešpats,kad Aš esu Dievas.13 Aš esu nuo laikų pradžios; nėra nė vieno, kuris jus iš mano rankos išplėštų. Aš darau, kas tai sulaikys?"14 Taip sako Viešpats, jūsų atpirkėjas, Izraelio Šventasis: "Dėl jūsų sulaužiau Babilono skląsčius, chaldėjų džiaugsmą paverčiau vaitojimu.15 Aš esu Viešpats, jūsų Šventasis, Izraelio Kūrėjas, jūsų karalius".16 Taip sako Viešpats, kuris padarė kelią jūroje ir taką giliuose vandenyse,17 kuris išvedė kovos vežimą ir žirgą, kariuomenę ir karžygį, ir jie nebeatsikėlė, užgeso kaip dagtis:18 "Nebegalvokite apie buvusius dalykus, nekreipkite dėmesio į praeitį.19 Štai Aš darau naujajau pasirodo, ar nepastebite? Aš padarysiu kelią tyruose, upės tekės dykumose.20 Laukiniai žvėrys, šakalai ir stručiai gerbs mane. Aš duosiu vandens tyruose ir dykumose gerti mano išrinktajai tautai.21 Tauta, kurią sutvėriau, skelbs mano šlovę.22 Jokūbai, tu nesišaukei manęs, Aš nusibodau tau, Izraeli.23 Tu neaukojai man avių, deginamosios aukos, ir nepagerbei manęs aukomis. Aš nereikalavau iš tavęs duonos aukų nė smilkalų.24 Tu nepirkai man už sidabrą kvepiančių sakų ir nedžiuginai manęs aukų taukais. Bet tu varginai mane savo nuodėmėmis ir nusikaltimais.25 Aš panaikinu tavo neteisybes dėl savęs ir neatsiminsiu tavo nusikaltimų.26 Primink man, bylinėkimės drauge. Kalbėk, kad galėtum pasiteisinti.27 Tavo protėvis nusidėjo, tavo mokytojai nusikalto,28 todėl suteršiau tavo šventyklos kunigaikščius ir atidaviau Jokūbą prakeikimui, Izraelįpaniekai".