1 Luister in stilte na My, o eilande, en laat die volke nuwe krag kry; laat hulle aankom, laat hulle dan spreek; laat ons saam na die gereg gaan.2 Wie het hom uit die Ooste verwek vir wie die oorwinning tegemoet tree by elke voetstap? Wie gee nasies aan hom oor en laat hom konings vertrap, wie se swaard hulle maak soos stof, wie se boog hulle maak soos 'n dwarrelende stoppel,3 dat hy hulle agtervolg, ongehinderd verbytrek, die pad met sy voete nie betree nie?4 Wie het dit gedoen en tot stand gebring? Hy wat die geslagte roep van die begin af; Ek, die HERE, die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde.5 Die eilande het dit gesien en gevrees, die eindes van die aarde het gebewe; hulle het nader gekom en toegestroom.6 Die een het die ander gehelp en aan sy metgesel gesê: Wees sterk!7 En die ambagsman het die goudsmid versterk, hy wat met die hamer plat slaan, hom wat op die aambeeld slaan, terwyl hy van die soldeersel sê: Dit is goed! Daarna slaan hy dit vas met spykers, dat dit nie wankel nie.8 Maar jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend,9 jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie.10 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.11 Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom.12 Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie -- die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos 'n nietige ding -- die manne wat teen jou oorlog voer.13 Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.14 Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Âk help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel.15 Kyk, Ek maak jou tot 'n skerp, nuwe dorsslee wat baie tande het: jy sal berge dors en fyn maal, en heuwels maak soos kaf.16 Jy sal hulle uitwan, en die wind sal hulle wegneem en die storm hulle verstrooi; maar jy sal juig in die HERE, jou beroem op die Heilige van Israel.17 Die ellendiges en behoeftiges soek water, maar daar is nie; hulle tong verdroog van dors; Ek, die HERE, sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.18 Ek sal riviere op die kaal heuwels oopmaak en fonteine in die laagtes; Ek sal die woestyn 'n waterplas maak en die dor land waterbronne.19 Ek sal in die woestyn gee die seder, die akasia en die mirt en die wilde-olyfboom; Ek sal in die wildernis plant die sipres, die plataan en die denneboom, die almal;20 sodat hulle almal saam kan sien en beken en opmerk en verstaan dat die hand van die HERE dit gedoen het en die Heilige van Israel dit geskape het.21 Bring julle regsaak voor, sê die HERE; bring julle bewysgronde aan, sê die Koning van Jakob.22 Laat hulle aanbring en ons te kenne gee wat gaan gebeur! Gee te kenne die vorige dinge, hoedanig hulle was, sodat ons daarop kan ag gee en van die afloop daarvan kan kennis neem. Of laat ons die toekomende dinge hoor!23 Gee te kenne dinge wat later sal kom, sodat ons kan weet dat julle gode is; ja, doen goed of doen kwaad, dat ons verbaas kan staan en dit saam kan sien.24 Kyk, julle is niks, en julle werk is niks; 'n gruwel is hy wat julle uitkies.25 Ek het uit die Noorde een verwek, en hy het gekom; van die opgang van die son af een wat my Naam sal aanroep; en hy kom oor die owerstes soos oor modder, en soos 'n pottebakker die klei trap.26 Wie het dit te kenne gegee van die begin af, dat ons daar kennis van kan neem; of vantevore al, dat ons kan sê: Hy het reg? Ja, daar is niemand wat dit te kenne gee, ja, niemand wat dit laat hoor, ja, niemand wat julle woorde hoor nie.27 As die Eerste sê Ek aan Sion: Hier, hier is dit! En aan Jerusalem gee Ek 'n verkondiger van goeie boodskap.28 En Ek kyk rond, maar daar is niemand nie; en onder hulle, maar daar is geen raadgewer, dat Ek hulle kan vra en hulle antwoord kan gee nie.29 Kyk, hulle is almal niks, hulle werke is niks, wind en nietigheid is hulle gegote beelde.
1 "Salos, nutilkite prieš mane. Tautos teįgauna naujų jėgų, tepriartėja ir tekalba; eikime kartu į teismą.2 Kas pašaukė teisųjį iš rytų, liepė jam sekti paskui save? Jis atidavė tautas jam, pavergė karalius, atidavė juos kardui kaip dulkes, lankuikaip vėjo nešiojamus šiaudus.3 Jis vejasi juos, saugiai pereina keliu, kuriuo prieš tai nebuvo ėjęs.4 Kas tai nuveikė ir padarė? Kas pašaukė kartas pradžioje? Aš, Viešpats, pirmasis ir paskutinysis.5 Salos tai matė ir išsigando, drebėdami iš baimės atėjo žemės pakraščiai.6 Jie vienas kitam padėjo ir vienas kitą drąsino.7 Amatininkas padrąsina auksakalį, kuris su plaktuku dirba, giria ant priekalo kalantį: ‘Taip, gerai!’ Jie prikala vinimis stabą, kad nejudėtų.8 Bet tu, Izraeli, mano tarne Jokūbai, kurį išsirinkau, mano draugo Abraomo palikuoni.9 Aš pašaukiau tave iš žemės pakraščių, susivadinau iš tolimiausių kampų ir tau sakiau: ‘Tu esi mano tarnas, Aš tave išsirinkau ir neatmesiu tavęs.10 Nebijok, nes Aš esu su tavimi; nepasiduok baimei, nes Aš esu tavo Dievas. Aš sustiprinsiu tave ir padėsiu tau, Aš palaikysiu tave savo teisumo dešine’.11 Visi, kurie tau priešinasi, bus sugėdinti ir raudonuos; kurie kovoja prieš tave, sunyks ir žus.12 Tu ieškosi ir nerasi tų, kurie sukyla prieš tave; tie, kurie kovoja prieš tave, bus kaip niekas, kaip tuščia vieta.13 Nes Aš, Viešpats, tavo Dievas, laikysiu tavo dešinę ranką ir sakysiu: ‘Nebijok, Aš tau padėsiu!’14 Nebijok, tu kirmėle Jokūbai, jūs Izraelio žmonės! Aš padėsiu tau",sako Viešpats, tavo atpirkėjas, Izraelio Šventasis.15 "Aš padarysiu tave lyg naują kuliamąjį veleną su aštriais krumpliais. Tu kulsi ir sutriuškinsi kalnus, kalvas sutrinsi kaip pelus.16 Tu vėtysi juos, vėjas nuneš ir viesulas išblaškys juos, o tu džiaugsies Viešpačiu ir didžiuosies Izraelio Šventuoju.17 Kai vargšai ir beturčiai ieškos vandens, bet jo neras ir jų liežuvis sudžius iš troškulio, Aš, Viešpats, Izraelio Dievas, išklausysiu juos, nepaliksiu jų.18 Aš atidarysiu upelius ant kalvų ir šaltinius slėniuose; dykumą paversiu ežerais ir išdžiūvusią žemęvandens versmėmis.19 Dykumoje pasodinsiu kedrų ir akacijų, mirtų ir alyvmedžių; kartu augs pušys, kiparisai ir jovarai,20 kad jie matytų ir suprastų, apsvarstytų ir žinotų, jog Viešpaties ranka tai padarė, Izraelio Šventasis tai sukūrė.21 Ateikite, ginkite savo bylą, pateikite įrodymus,sako Viešpats, Jokūbo karalius.22 Priartėkite ir praneškite, kas įvyks. Pasakykite, kas seniau buvo, kad apsvarstytume ir suprastume, kas įvyks toliau.23 Praneškite, kas ateityje įvyks, kad žinotume, jog jūs esate dievai. Darykite gera ar bloga, nustebinkite ar išgąsdinkite.24 Jūs esate niekas ir jūsų darbas yra niekas. Pasibjaurėjimas, kas jus pasirenka.25 Aš pažadinau jį iš šiaurės, ir jis ateis. Iš rytų ateis tas, kuris šauksis manęs. Jis valdovus sumins kaip kalkių skiedinį, kaip puodžius mina molį.26 Kas paskelbė nuo pat pradžios, kad žinotume, ir iš senovės, kad sakytume: ‘Jis teisus’. Nė vienas nepranešė ir nepaskelbė, nė vienas neišgirdo jūsų žodžių.27 Aš pirmasis pranešiau Sionui ir Jeruzalei, pasiunčiau tą, kuris skelbia gerą žinią.28 Aš apsidairiau, bet nebuvo nė vieno, kuris patartų ar paklaustas atsakytų.29 Jie yra tuštybė, jų darbainiekas, jų lieti atvaizdaivėjas ir niekai".