Publicidade

Isaías 23

1 Godspraak oor Tirus. Huil, skepe van Tarsis! want dit is verwoes, sodat daar geen huis, geen terugkeer meer is nie. Uit die land van die Kittiërs het dit aan hulle openbaar geword.2 Staan verstom, inwoners van die kusland! Die koopmans van Sidon wat oor die see vaar, het jou vroeër gevul.3 En op groot waters is die saad van Sigor, die oes van die Nyl, in hom ingebring; en so het hy 'n handelswins vir die nasies geword.4 Staan beskaamd, Sidon, want die see, die vesting van die see, spreek en sê: Ek het geen weë gehad en nie gebaar nie, en ek het geen jongmanne grootgemaak of jongedogters opgevoed nie.5 As die tyding na Egipte kom, beef hulle daar van angs by die tyding aangaande Tirus.6 Vaar na Tarsis oor, huil, inwoners van die kusland!7 Is d¡t julle uitgelate stad wat in die dae van die voortyd sy oorsprong het, wie se voete hom ver weggedra het om in vreemde lande te vertoef?8 Wie het dit besluit oor Tirus, die uitdeler van krone, wie se koopmans vorste, wie se handelaars die edeles van die aarde was?9 Die HERE van die leërskare het dit besluit, om te ontheilig al die pralende trots, om die edeles van die aarde in veragting te bring.10 Stroom oor jou land soos die Nyl, dogter van Tarsis! Daar is geen gordel meer wat hinder nie.11 Hy het sy hand uitgestrek oor die see, koninkryke laat sidder! Die HERE het bevel gegee met betrekking tot Kana„n, dat sy vestings verwoes moet word.12 En Hy het gesê: Jy sal verder nie meer uitgelate wees nie, o onteerde jonkvrou, dogter van Sidon! Maak jou klaar, vaar oor na die Kittiërs toe; ook daar sal jy geen rus hê nie.13 Kyk, die land van die Chaldeërs -- dit is die volk wat tot niet gegaan het: Assur het dit bestem vir die woestyndiere, het sy wagtorings daarteen opgerig, het die paleise daarvan verwoes, het dit 'n puinhoop gemaak.14 Huil, skepe van Tarsis, want julle vesting is verwoes!15 En in die dag sal Tirus vergeet word, sewentig jaar lank, soos die dae van een koning. Aan die einde van sewentig jaar sal dit met Tirus gaan volgens die hoerelied:16 Neem die siter, gaan rond in die stad, vergete hoer! Speel mooi, sing baie, dat hulle aan jou kan dink.17 En aan die einde van sewentig jaar sal die HERE op Tirus ag gee, en sy sal terugkeer na haar hoereloon en hoereer met al die koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is.18 Maar haar handelswins en haar hoereloon sal aan die HERE heilig wees; dit sal nie opgehoop of weggesit word nie; maar haar wins sal wees vir die wat voor die aangesig van die HERE woon, om te eet tot versadiging en vir pragtige klere.

1 Pranašavimas apie Tyrą. Raudokite Taršišo laivai, nes sunaikintas jūsų miestas, į kurį galėtumėte grįžti. Tą žinią gavome iš Kitimų.2 Nutilkite, gyventojai jūros pakraščių, kuriuos buvo pripildę Sidono pirkliai, plaukiojantys po jūrą.3 Per plačius vandenis atgabendavo Sichoro grūdus, derlių nuo upės, ir jūs buvote tautų prekyvietė.4 Susigėsk, Sidone, nes jūra kalba, jūros stiprybė sako: "Aš nebuvau nėščia ir negimdžiau, neauginau nei jaunikaičių, nei mergaičių".5 Kai žinia apie Tyrą pasieks Egiptą, jie išsigandę drebės.6 Jūros pakraščių gyventojai, plaukite į Taršišą ir raudokite!7 Ar tai ne linksmasis senų senovėje įkurtas miestas? Jo kojos nuneš jį į tolimą šalį būti ateiviu.8 Kas tą padarė Tyrui? Jis juk buvo karališkas miestas, jo pirkliai buvo kunigaikščiai, visoje žemėje gerbiami.9 Kareivijų Viešpats taip nusprendė, kad suvaldytų jo puikybę ir visą jo garbę, kad sugėdintų visus žemės garbinguosius.10 Taršišo dukterie, vaikščiok savo žemėje lyg upė, užliejanti kraštą; niekas tavęs nebevaržo.11 Viešpats ištiesė savo ranką virš jūros, Jis drebino karalystes. Viešpats davė įsakymą sunaikinti Kanaano tvirtoves.12 Jis sakė: "Nebesidžiauk, prispausta mergaite, Sidono dukterie! Pakilk ir plauk į Kitimus! Ir ten nerasi ramybės".13 Štai chaldėjų šalis. Šitos tautos anksčiau nebuvo, asirai įkūrė ją dykumos gyventojams. Jie stato savo bokštus, griauna jo rūmus, paverčia jį griuvėsiais.14 Vaitokite, Taršišo laivai, nes jūsų tvirtovė sunaikinta.15 Tyras bus užmirštas septyniasdešimt metų. Toks yra žmogaus amžius. Po septyniasdešimties metų atsitiks Tyrui kaip dainoje apie paleistuvę:16 "Pasiimk arfą, vaikščiok po miestą, užmiršta paleistuve, dainuok meiliai ir gražiai, kad tave atsimintų".17 Po septyniasdešimties metų Viešpats aplankys Tyrą. Miestas vėl grįš prie savo pelno, ištvirkaus su visomis pasaulio karalystėmis visoje žemėje.18 Jo prekyba ir pelnas bus pašvęsta Viešpačiui. Jie nekraus atsargų sandėliuose, bet jas atiduos tarnaujantiems Viešpačiui, kad jie valgytų ir apsirengtų.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-