1 Wee die land van vlerkgegons wat anderkant die riviere van Kus lê;2 wat boodskappers stuur oor die groot water en in skuite van biesies oor die waters! Gaan weg, vinnige boodskappers, na die hoog uitgegroeide nasie met die blink vel, na die wyd en syd gevreesde volk, die nasie gewoond om te gebied en te vertrap, wie se land deur riviere deursny word.3 Al julle bewoners van die wêreld en bewoners van die aarde, as 'n banier opgehef word op die berge, kyk! En as die basuin geblaas word, luister!4 Want so het die HERE vir my gesê: Ek wag rustig en aanskou uit my woonplek, soos glinsterende hitte bo die sonlig, soos 'n douwolk in die hitte van die oestyd.5 Want voor die oes, as die bloeisel volgroeid is en die blom 'n ryp druiwekorrel word, sal Hy die ranke afsny met snoeimesse en die lote wegkap;6 hulle word almal saam oorgegee aan die roofvoëls van die berge en aan die wilde diere van die aarde; en die roofvoëls sal daarop die somer deurbring, en al die wilde diere van die aarde sal daarop oorwinter.7 In die tyd sal aan die HERE van die leërskare geskenke gebring word van die hoog uitgegroeide volk met die blink vel en van die wyd en syd gevreesde volk, die nasie gewoond om te gebied en te vertrap, wie se land deur riviere deursny word, na die plek van die Naam van die HERE van die leërskare, na die berg Sion.
1 Vargas kraštui, esančiam anapus Etiopijos upių, kuriame girdimas sparnų ūžesys.2 Jis siunčia pasiuntinius jūra, vandens keliais nendriniuose laiveliuose. Greitieji pasiuntiniai, skubėkite pas aukšto ūgio ir išdidžią tautą, pas tautą, kurios bijosi arti ir toli gyvenantys, kurios kraštas upėmis išraižytas.3 Viso pasaulio gyventojai! Stebėkite, kai vėliava bus pakelta kalnuose! Klausykite, kai išgirsite trimito balsą!4 Štai ką Viešpats man kalbėjo: "Aš ramiai viską seksiu iš savo vietos kaip karštis giedroje, kaip rūko debesis pjūties įkarštyje".5 Prieš pjūtį, žydėjimui praėjus, vynuogėms pradėjus nokti, Jis išpjaustys visas atžalas ir iškapos šakeles.6 Jie bus palikti kalnų paukščiams ir žemės žvėrims. Paukščiai tame krašte praleis vasarą ir žvėrys gyvens žiemą.7 Tuo metu aukšto ūgio, nenugalima ir išdidi tauta, kurios bijo arti ir toli gyvenantys, kurios kraštas upėmis išraižytas, atneš dovanų kareivijų Viešpačiui į Siono kalną.