1 Die woord wat Jesaja, die seun van Amos, gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem.2 En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom.3 En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.4 En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.5 Kom, huis van Jakob, en laat ons wandel in die lig van die HERE!6 Want U het u volk verwerp, die huis van Jakob, omdat hulle vol is van wat die Ooste aanbied, en van goëlaars soos die Filistyne, en met die kinders van vreemdes dryf hulle handel.7 En hulle land is vol silwer en goud, en daar is geen end aan hulle skatte nie; en hulle land is vol perde, en daar is geen end aan hulle strydwaens nie.8 Ook is hulle land vol afgode; voor die werk van hul hande buig hulle hul neer, voor wat hulle vingers gemaak het.9 So moet dan die mens neergebuig en die man verneder word; en U moet hulle dit nie vergewe nie.10 Gaan in die rots en steek jou weg in die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil.11 Die hoë oë van die mense sal verneder word, en die hoogheid van die manne neergebuig word; en die HERE alleen sal in die dag verhewe wees.12 Want 'n dag is daar vir die HERE van die leërskare oor al wat trots en hoog is, en oor al wat verhewe is, sodat dit verneder kan word;13 en oor al die hoë en verhewe seders van die L¡banon en oor al die eikebome van Basan;14 en oor al die hoë berge en oor al die verhewe heuwels;15 en oor al die hoë torings en oor al die versterkte mure;16 en oor al die skepe van Tarsis en oor al die kosbare pronkstukke.17 Dan sal die hoogheid van die mense neergebuig en die trotsheid van die manne verneder word; en die HERE alleen sal in die dag verhewe wees.18 En die afgode sal geheel en al verdwyn.19 En hulle sal gaan in die spelonke van die rotse en in die gate van die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.20 In die dag sal die mens sy silwerafgode en sy goue afgode wat hy vir hom gemaak het om voor neer te buig, weggooi vir die molle en die vlermuise;21 om te gaan in die skeure van die rotse en in die klowe van die kranse vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.22 Laat staan tog die mens wie se asem in sy neus is; want hoe min is hy werd!
1 Regėjimas, kurį matė Amoco sūnus Izaijas, apie Judą ir Jeruzalę.2 Paskutinėmis dienomis Viešpaties namų kalnas iškils aukščiau už visus kalnus ir kalnelius. Į jį plūs visos tautos.3 Daug tautų ateis ir sakys: "Eikime prie Viešpaties kalno, į Jokūbo Dievo namus, kad Jis mokytų mus savo kelių ir mes vaikščiotume Jo takais". Nes iš Siono išeis įstatymas, o iš JeruzalėsViešpaties žodis.4 Jis teis tautas ir sudraus daugelį tautų. Jie perkals savo kardus į noragus ir ietis į pjautuvus. Tautos nebekariaus tarpusavyje ir nebesimokys kariauti.5 Jokūbo namai, ateikite ir visi vaikščiokime Viešpaties šviesoje!6 Todėl Tu atmetei savo tautą, Jokūbo namus, kad jie pasidarė kaip rytiečiai, jie turi burtininkų kaip filistinai. Jie susideda su svetimaisiais.7 Jų kraštas yra pilnas sidabro ir aukso, ir nėra galo jų turtams. Jų šalis pilna žirgų ir kovos vežimų be skaičiaus.8 Jų kraštas taip pat pilnas stabų; jie garbina savo rankų darbus, kuriuos pagamino jų pačių pirštai.9 Ten lenkiasi žmogus, žeminasi vyras. Neatleisk jiems!10 Eik į uolą ir slėpkis dulkėse nuo Viešpaties baimės ir Jo didingumo šlovės.11 Išdidūs žmonių žvilgsniai bus pažeminti ir jų puikybė palaužta. Tik vienas Viešpats bus išaukštintas tą dieną.12 Nes kareivijų Viešpaties diena užgrius kiekvieną, kuris išdidus ir pasipūtęs, tą kuris didžiuojasi, ir jie bus pažeminti:13 visi Libano kedrai, aukšti ir išdidūs, ir visi Bašano ąžuolai;14 visi aukšti kalnai ir visos aukštai iškilusios kalvos;15 kiekvienas aukštas bokštas ir kiekviena sustiprinta siena;16 visi Taršišo laivai ir visa, kas gražiai atrodo.17 Žmogaus išdidumas bus pažemintas, žmonių puikybė bus palaužta. Tik vienas Viešpats bus išaukštintas tą dieną.18 Stabus Jis visai sunaikins.19 Jie slėpsis uolų plyšiuose ir žemės urvuose nuo Viešpaties baimės ir Jo didingumo šlovės, kai Jis pakils sudrebinti žemės.20 Tą dieną žmogus išmes savo sidabrinius ir auksinius stabus, kuriuos pasidaręs garbino, kurmiams ir šikšnosparniams,21 kad pasislėptų uolų urvuose ir akmenų plyšiuose nuo Viešpaties baimės ir Jo didingumo šlovės, kai Jis pakils sudrebinti žemės.22 Atsitraukite nuo žmogaus, kurio kvėpavimas šnervėse; kokia yra jo vertė?