1 Die regverdige kom om, en daar is niemand wat dit ter harte neem nie; en die vromes word weggeruk sonder dat iemand daarop let; want die regverdige word weggeruk vanweë die boosheid.

2 Hy gaan in die vrede in: hulle sal rus op hulle bedde -- hy wat sy reguit pad loop.

3 Maar julle, kom hierheen, kinders van 'n towerheks, geslag van 'n owerspeler en van haar wat hoereer!

4 Oor wie maak julle jul vrolik? Oor wie spalk julle die mond oop, steek julle die tong uit? Is julle nie kinders van oortreding, 'n leuenagtige geslag nie,

5 wat verhit is by die terpentynbome, onder elke groen boom; wat die kinders slag in die dale, onderkant die rotsklowe?

6 By die gladde klippe van die dal is jou deel; dit, dit is jou lot; ook het jy vir hulle drankoffers uitgegiet, spysoffers gebring! Sou Ek daarmee vrede hê?

7 Jy het jou bed op 'n hoë en verhewe berg gemaak; ook het jy daar opgeklim om offers te bring.

8 En agter die deur en die deurpos het jy jou gedenkteken gesit; want, ontrou aan My, het jy jou bed ontbloot en beklim en wyd gemaak, en jy het vir jou bepaal die loon wat van hulle moes kom; jy het hulle byslaap liefgehad, jy het die vlees gesien.

9 En jy het na die koning getrek met olie en jou salf baie gemaak; en jy het jou boodskappers gestuur na ver plekke, ja, diep na die doderyk toe.

10 Jy het moeg geword deur jou groot reis; tog het jy nie gesê: Dit is tevergeefs nie! Vernuwing van jou krag het jy gevind; daarom het jy nie uitgeput geraak nie.

11 Maar vir wie was jy bedug en bevrees? -- want jy het 'n leuenaar geword en aan My nie gedink nie; jy het dit nie ter harte geneem nie. Is dit nie omdat Ek swyg nie, en dit baie lank al, dat jy My nie vrees nie?

12 k sal jou geregtigheid bekend maak en jou werke, dat hulle jou geen voordeel bring nie.

13 As jy skreeu, laat jou hoop gode jou red; maar die wind lig hulle almal op, 'n luggie neem hulle weg. Maar wie op My vertrou, sal die land beërwe en my heilige bergland in besit neem.

14 En hulle sal sê: Vul op, vul op, berei die weg, verwyder die struikelblok uit die weg van my volk.

15 Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.

16 Want Ek sal nie vir ewig twis en nie vir altyd toornig wees nie, want die gees sou voor my aangesig versmag en die siele wat Ek self gemaak het.

17 Ek was toornig vanweë die ongeregtigheid van hulle hebsug en het hulle geslaan terwyl Ek My toornig verberg het; ewenwel het hulle afkerig voortgegaan op hulle eie weg.

18 Ek het hulle weë gesien, en Ek sal hulle genees; en Ek sal hulle lei en aan hulle weer vertroosting skenk, naamlik aan hulle treuriges.

19 Ek skep die vrug van die lippe; vrede, vrede vir die wat ver en die wat naby is, sê die HERE; en Ek sal hulle genees.

20 Maar die goddelose is soos 'n onstuimige see; want dit kan nie tot rus kom nie, en sy waters gooi slyk en modder op.

21 Geen vrede, sê my God, vir die goddelose nie!

1 Teisusis žūva, ir nė vienas į tai nekreipia dėmesio; gailestingasis miršta, ir niekas nepastebi, kad teisusis paimamas iš vargo

2 ir eina ramybėn. Kas elgiasi dorai, ilsėsis savo guoliuose.

3 "Jūs, kerėtojos sūnūs, svetimautojo ir paleistuvės palikuonys, ateikite ir klausykite!

4 Iš ko jūs tyčiojatės? Kam rodote liežuvį? Argi jūs ne nusikaltėlių vaikai, melagių palikuonys?

5 Jūs degate aistra stabams po lapuotais medžiais; žudote kūdikius paupiuose, uolų plyšiuose.

6 Jūsų dalis tarp glotnių upelio akmenėlių; toks jūsų likimas; stabams jūs aukojate gėrimus ir duonos auką. Argi Aš turėčiau tai pakęsti?

7 Kalnuose patiesęs savo guolį, tu eini aukoti aukų.

8 Ant durų staktų tu pasidarei sau ženklą. Nudengusi ir praplatinusi lovą, tu palikai mane; susitarus su jais, pamėgai jų lovą.

9 Tu pasitepusi išėjai pas karalių; savo pasiuntinius pasiuntei toli, kritai iki pragaro.

10 Tu pavargai besiblaškydama, bet nesakei: ‘Nėra vilties’. Tu pamėgai tokį gyvenimą ir taip toliau darei.

11 Ko tu bijojai, kad melavai ir neprisiminei manęs, ir neėmei į širdį? Ar ne dėl to, kad taip ilgai tylėjau, tu lioveisi manęs bijoti?

12 Aš paskelbsiu tavo teisumą ir tavo darbus; jie tau nebus naudingi.

13 Kai tu šauksi, tegelbsti tave tavo surinktieji. Vėjo dvelkimas juos visus nuneš. O kas pasitiki manimi, tas gaus žemę ir paveldės mano šventąjį kalną".

14 Ir sakys: "Nutieskite kelią, nutieskite kelią mano tautai ir pašalinkite kliūtis".

15 Taip sako Aukščiausiasis ir Prakilnusis, kuris gyvena amžinybėje, kurio vardas šventas: "Aš gyvenu aukštybėje ir šventoje vietoje su tais, kurie turi atgailaujančią ir nuolankią dvasią, kad atgaivinčiau nuolankiųjų dvasią ir atgailaujančiųjų širdį.

16 Aš neamžinai bylinėsiuos ir nevisada rūstausiu, nes tada gyvybės dvasia, kurią Aš įkvėpiau, sunyktų.

17 Aš užsirūstinau dėl nuodėmingo tautos godumo, smogiau jai ir savo veidą paslėpiau, bet ji ėjo toliau klaidingu savo širdies keliu.

18 Aš mačiau jos kelius ir Aš gydysiu bei vedžiosiu ją, suteiksiu jai ramybės ir paguodos.

19 Ramybė ir taika arti ir toli esantiems,­sako Viešpats.­Aš ją pagydysiu.

20 Nedorėliai yra lyg sujudinta jūra, kuri negali nurimti, jos vanduo išmeta purvą ir dumblą.

21 Nėra ramybės nedorėliui",­sako mano Dievas.