1 En in die dae van Agas, die seun van Jotam, die seun van Uss¡a, die koning van Juda, het Resin, die koning van Aram, met Peka, die seun van Rem lia, die koning van Israel, opgetrek na Jerusalem om daarteen oorlog te voer; maar hy kon nie daarteen veg nie.2 Toe hulle aan die huis van Dawid berig stuur met die woorde: Die Arameërs het op Efraim toegesak! -- het sy hart en die hart van sy volk gebewe soos die bome van die bos bewe voor die wind.3 En die HERE het vir Jesaja gesê: Gaan tog uit, Agas tegemoet, jy en jou seun Sjear Ja-sjub, aan die end van die watervoor van die Boonste Dam, by die grootpad van die Bleikveld,4 en sê vir hom: Neem jou in ag en wees gerus; wees nie bevrees en laat jou hart nie week word oor hierdie twee rokende stukke brandhout nie -- weens die gloeiende toorn van Resin en die Arameërs en van die seun van Rem lia;5 omdat Aram onheil teen jou besluit het, Efraim en die seun van Rem lia, deur te sê:6 Laat ons optrek teen Juda en dit skrik aanjaag en dit vir ons verower en die seun van T beal daaroor koning maak.7 So sê die Here HERE: Dit sal nie tot stand kom nie, en dit sal nie gebeur nie.8 Want Damaskus is die hoof van Aram, en Resin die hoof van Damaskus, en binne vyf en sestig jaar sal Efraim verbreek word, sodat dit geen volk meer is nie;9 en Samar¡a is die hoof van Efraim, en die seun van Rem lia die hoof van Samar¡a. As julle nie glo nie -- voorwaar, dan sal julle nie bevestig word nie!10 En die HERE het verder met Agas gespreek en gesê:11 Eis vir jou 'n teken van die HERE jou God: sak diep af na die doderyk, of klim hoog op boontoe.12 Maar Agas het geantwoord: Ek sal nie eis nie en die HERE nie versoek nie.13 Toe sê hy: Luister tog, o huis van Dawid! Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei, dat julle my God ook vermoei nie?14 Daarom sal die HERE self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Imm nuel noem.15 Dikmelk en heuning sal hy eet as hy weet om te verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is.16 Want voordat die seuntjie weet om te verwerp wat kwaad is en te kies wat goed is, sal die land vir wie se twee konings jy bang is, verlate wees.17 Maar die HERE sal oor jou en jou volk en die huis van jou vader dae laat kom soos daar nie gekom het van die dag dat Efraim van Juda afgeval het nie -- die koning van Assur!18 En in die dag sal die HERE vir die vlieë fluit wat aan die einde van die strome van Egipte is, en die bye wat in die land Assur is;19 en hulle sal kom en almal gaan sit in die dale van die steil hoogtes en in die skeure van die rotse en op al die doringbosse en op die drinkplekke.20 In die dag sal die HERE met die skeermes wat anderkant die Eufraat gehuur is, met die koning van Assur, afskeer die hoof en die hare van die voete; en dit sal ook die baard wegneem.21 En in die dag sal 'n man 'n jong koei en 'n paar skape in die lewe hou;22 en weens die oorvloed van melk wat hulle gee, sal hy dikmelk eet; want dikmelk en heuning sal almal eet wat in die land oorgebly het.23 En in die dag sal elke plek waar duisend wingerdstokke staan, wat die waarde van duisend sikkels silwer het, vir die dorings en distels wees.24 Met pyl en boog sal hulle daarheen kom, want die hele land sal vol dorings en distels wees.25 En al die berge wat met die pik bewerk is -- daar sal hulle uit vrees vir dorings en distels nie kom nie; maar dit sal dien om die beeste in te jaag en om deur die kleinvee vertrap te word.
1 Judo karaliaus Achazo, sūnaus Jotamo, sūnaus Uzijo, dienomis Sirijos karalius Recinas ir Izraelio karalius Pekachas, Remalijo sūnus, atžygiavo kovoti prieš Jeruzalę, bet neįstengė jos paimti.2 Kai Dovydo namams pranešė: "Sirija susidėjo su Efraimu", karaliaus ir jo tautos širdis taip drebėjo, kaip dreba nuo vėjo miško medžiai.3 Viešpats tarė Izaijui: "Tu ir tavo sūnus Šear Jašubas eikite pasitikti Achazą prie aukštutinio tvenkinio vandentiekio keliu, kuris veda į vėlėjo lauką.4 Tu jam sakyk: ‘Stebėk ir būk ramus; nebijok ir tavo širdis teneišsigąsta šitų dviejų smilkstančių nuodėgulių: nirštančio Sirijos karaliaus Recino ir Remalijo sūnaus.5 Kadangi Sirija, Efraimas ir Remalijo sūnus surengė prieš tave sąmokslą, galvodami:6 ‘Žygiuokime prieš Judą, išgąsdinkime jį, nugalėkime ir paskirkime karaliumi Tabeelio sūnų’,7 Viešpats Dievas taip sako: ‘Taip nebus ir tai neįvyks!8 Sirijos galva yra Damaskas, o Damasko galva yra Recinas. Dar šešiasdešimt penkeri metai, ir Efraimas bus sunaikintastautos nebebus.9 Efraimo galva yra Samarija, o Samarijos galvaRemalijo sūnus. Jei jūs netikite, neišliksite!’ "10 Viešpats toliau kalbėjo Achazui:11 "Prašyk Viešpatį, savo Dievą, ženklo iš požemio gilybių ar dangaus aukštybių".12 Achazas atsakė: "Aš neprašysiu ir negundysiu Viešpaties".13 Tuomet Izaijas sakė: "Klausykitės, Dovydo namai, ar jums neužtenka varginti žmonių, ar varginsite ir Dievą?14 Pats Viešpats duos jums ženklą. Štai mergelė taps nėščia, pagimdys sūnų ir pavadins jį Emanueliu.15 Jis maitinsis pienu ir medumi, kol išmoks atmesti, kas pikta, ir pasirinkti, kas gera.16 Prieš berniukui išmokstant atmesti pikta ir pasirinkti gera, šalys, kurių karalių bijaisi, bus sunaikintos.17 Viešpats leis tau, tavo tautai ir tavo tėvų namams patirti tokių dienų per Asirijos karalių, kokių nebuvo nuo Efraimo ir Judo atsiskyrimo laikų.18 Tuomet Viešpats sušvilps musėms Egipto upės gale ir bitėms Asirijos krašte19 ir jos atskris ir nusileis slėnių tarpekliuose, uolų plyšiuose, ant visų krūmokšnių ir ganyklose.20 Tą dieną Viešpats iš anapus upės pasisamdytu skustuvuAsirijos karaliuminuskus galvos ir kojų plaukus, taipogi ir barzdą pašalins.21 Tuo pačiu metu atsitiks, jog žmogus laikys vieną karvę ir dvi avis22 ir jos duos tiek pieno, kad jis valgys sviestą; ir kiekvienas, kuris bus išlikęs šalyje, valgys sviestą ir medų.23 Tuo metu vieta, kur augo tūkstantis vynmedžių, verta tūkstančio šekelių sidabro, pavirs erškėtynu ir usnynu.24 Žmogus ten eis su strėlėmis ir lanku, nes usnių ir erškėčių bus pilnas kraštas.25 Visi kalnai, kurie dabar kapliu kasami, taps neįžengiami dėl usnių ir erškėčių, juose ganysis galvijai ir vaikštinės avys".