1 Godspraak oor Babel wat Jesaja, die seun van Amos, gesien het.2 Hef op 'n banier op 'n kaal berg; roep hulle hardop toe, wink met die hand, dat hulle kan intrek deur die poorte van die edeles.3 Ek self het my geheiligdes ontbied; ook het Ek my helde tot my toorn geroep, my manne wat jubel in trotsheid.4 Hoor, 'n gedruis op die berge soos van baie mense! Hoor, 'n rumoer van die koninkryke, van versamelde nasies! Die HERE van die leërskare hou wapenskouing oor 'n oorlogsleër.5 Hulle kom uit 'n ver land, van die einde van die hemel af, die HERE en die werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes.6 Huil julle, want die dag van die HERE is naby; hy kom as 'n verwoesting van die Almagtige.7 Daarom word al die hande slap, en elke mensehart versmelt;8 en hulle is verskrik, kry krampe en weë; hulle krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verbaas aan; hulle gesigte is vlammende gesigte.9 Kyk, die dag van die HERE kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde 'n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.10 Want die sterre van die hemel en sy Or¡ons sal hulle lig nie laat skyn nie; die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie.11 En Ek sal aan die wêreld sy boosheid besoek, en aan die goddelose hulle ongeregtigheid; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder.12 En Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn goud, en mense as goud van Ofir.13 Daarom sal Ek die hemel laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef, vanweë die grimmigheid van die HERE van die leërskare en vanweë die dag van sy toorngloed.14 En soos 'n gemsbok wat gejaag word, en soos kleinvee wat niemand bymekaar maak nie, sal hulle elkeen draai na sy volk toe en elkeen vlug na sy land toe.15 Elkeen wat gevind word, word deurboor; en elkeen wat gegryp word, val deur die swaard.16 En hulle kinders word voor hul oë verpletter, hul huise geplunder en hul vroue onteer.17 Kyk, Ek verwek die Meders teen hulle, wat silwer nie ag nie en in goud geen behae het nie.18 Maar hulle boë sal die seuns neerwerp, en hulle sal hul nie ontferm oor die vrug van die moederskoot nie; hulle oog sal die kinders nie verskoon nie.19 So sal dan Babel, die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk van die Chaldeërs, wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het.20 Mense sal daar in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie; en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, en geen herders sal hulle vee daar laat lê en rus nie.21 Maar daar sal boskatte lê, en hulle huise sal vol uile wees; en volstruise sal daar hou, en veldduiwels daar rondspring.22 En wildehonde sal huil in sy kastele en jakkalse in die vreugdepaleise; en naby is sy tyd om te kom, en sy dae sal nie verskuif word nie.
1 Regėjimas apie Babiloną, kurį matė Izaijas, Amoco sūnus.2 Iškelkite vėliavą kalno viršūnėje, šaukite garsiai, mokite ranka, kad jie įeitų pro kilmingųjų vartus.3 Aš įsakiau savo pašvęstiesiems ir pašaukiau savo karžygius, kad įvykdytų mano rūstybę,tuos, kurie džiaugiasi mano išaukštinimu.4 Kalnuose minios triukšmas tarsi gausios tautos. Tai sujudimas karalysčių ir susirinkusių tautų. Kareivijų Viešpats ruošia kariuomenę kovai.5 Jie ateina iš tolimos šalies, nuo padangių pakraščių; tai Viešpaties rūstybės įrankiai žemei sunaikinti.6 Verkite, nes Viešpaties diena arti; ji ateina kaip sunaikinimas nuo Visagalio.7 Dėl to visos rankos nusvirs, kiekvieno žmogaus širdis sutirps.8 Jie išsigąs, juos apims skausmai ir kentėjimai. Juos suims skausmai kaip gimdyves. Jie apstulbę žiūrės vienas į kitą: jų veidai degs ugnimi.9 Artėja Viešpaties diena, žiauri ir pilna rūstybės bei keršto, kad paverstų žemę tyrlaukiais ir sunaikintų jos nusidėjėlius.10 Dangaus žvaigždės ir žvaigždynai nebešvies, saulė, tik patekėjus, aptems ir mėnulis nebešvies.11 Aš bausiu pasaulį dėl jo piktybės, nedorėliusdėl jų kalčių. Aš sustabdysiu puikuolių pasipūtimą ir pažeminsiu baisiųjų išdidumą.12 Aš padarysiu, kad žmogus bus brangesnis už auksą, o vyrasuž gryną Ofyro auksą.13 Aš supurtysiu dangus, o žemė pajudės iš savo vietos dėl kareivijų Viešpaties rūstybės Jo degančio pykčio dieną.14 Kaip išgąsdintos stirnos arba avys, kurių niekas nebegano, kiekvienas grįš prie savo tautos, į savo kraštą.15 Ką suras, perdurs, ką sugaus, nužudys.16 Jų kūdikius sutraiškys jų pačių akivaizdoje, išplėš namus ir moteris išprievartaus.17 Aš sukurstysiu prieš Babiloną medus, kurie nevertina sidabro ir negeidžia aukso.18 Jie strėlėmis žudys jaunuolius, nepagailės nėščių moterų nei jų kūdikių.19 Babilonas, karalysčių šlovė, chaldėjų pasididžiavimas, taps kaip Sodoma ir Gomora, kai Viešpats jas sunaikino.20 Jis niekad nebebus apgyvendintas ir niekas jame negyvens per kartų kartas. Arabas ten nebeties savo palapinės ir piemenys nebeganys savo bandos.21 Laukiniai žvėrys ten šeimininkaus, jų namai bus pilni pelėdų. Stručiai ten bėgios ir šokinės satyrai.22 Hienos kauks bokštuose ir šakalai puikiuose rūmuose. Babilono galas arti, jo dienos suskaitytos.