Publicidade

Isaías 19

1 Godspraak oor Egipte. Kyk, die HERE ry op 'n vinnige wolk en kom na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.2 En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.3 En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê.4 En Ek sal Egipte oorgee in die hand van 'n harde meester, en 'n strenge koning sal oor hulle heers, spreek die Here HERE van die leërskare.5 En die waters sal uit die groot waterplas verdwyn, en die rivier sal uitdroog en droog lê.6 En die strome sal stink; die strome van Egipte sal swak word en uitdroog; riet en biesies sal verwelk.7 Die weivelde by die Nyl, by die mond van die Nyl, en elke saailand van die Nyl sal verdor, verwaai en nie meer wees nie.8 En die vissers sal klaag, en almal wat hoeke in die Nyl uitgooi, rou bedrywe; en die wat visnette uitsprei oor die waters, sal verkwyn.9 En die bewerkers van uitgekamde vlas staan beskaamd, en die wewers van wit stowwe.10 En sy steunpilare word verbrysel; almal wat vir loon werk, sielsbedroef.11 Die vorste van Soan is net dwase, die raad van Farao se slimste raadgewers het domheid geword. Hoe kan julle vir Farao sê: Ek is 'n seun van die wyse manne, 'n seun van die konings uit die voortyd?12 Waar is hulle dan, jou wyse manne? Laat hulle jou tog te kenne gee, dat 'n mens kan weet wat die HERE van die leërskare oor Egipte besluit het.13 Die vorste van Soan het dwase geword, die vorste van Nof is bedroë; Egipte is op 'n dwaalweg gebring deur hulle wat die hoeksteen van die stamme is.14 Die HERE het daarin 'n gees van bedwelming gegiet, en Egipte is op 'n dwaalweg gebring in al sy werk, soos 'n dronkaard tuimel in sy uitbraaksel.15 So is daar dan vir Egipte geen werk wat gedoen word deur kop of stert, palmtak of biesie nie.16 In die dag sal die Egiptenaars wees soos die vroue: hulle sal bewe en vrees vir die handgeswaai van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle swaai.17 En die land Juda sal vir die Egiptenaars 'n skrik wees: as iemand daarvan melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die besluit van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle geneem het.18 In die dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän spreek en by die HERE van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.19 In die dag sal daar 'n altaar wees vir die HERE binne-in Egipteland en 'n gedenksteen vir die HERE by die grens.20 En dit sal wees 'n teken en 'n getuie vir die HERE van die leërskare in Egipteland; as hulle die HERE aanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle 'n redder stuur en 'n stryder wat hulle sal verlos.21 En die HERE sal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en die Egiptenaars sal die HERE ken in die dag; en hulle sal Hom dien met slagoffers en spysoffers en geloftes doen aan die HERE en dit betaal.22 En die HERE sal die Egiptenaars slaan, slaan en genees; en hulle sal hul tot die HERE bekeer, en Hy sal hulle verhoor en hulle genees.23 In die dag sal daar 'n grootpad wees van Egipte na Assirië, en Assiriërs sal in Egipte kom en Egiptenaars in Assirië; en Egipte sal saam met Assirië die HERE dien.24 In die dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assirië, 'n seën in die midde van die aarde,25 omdat die HERE van die leërskare hom geseënhet, met die woorde: Geseënd is my volk Egipte en my maaksel Assirië en my erfdeel Israel!

1 Pranašavimas apie Egiptą. Štai Viešpats ateina į Egiptą ant lengvo debesies. Egipto stabai dreba Jo akivaizdoje, ir egiptiečių širdys tirpsta juose.2 "Aš sukurstysiu egiptiečius prieš egiptiečius, brolis kovos prieš brolį, draugas prieš draugą, miestas prieš miestą ir karalystė prieš karalystę.3 Egiptiečiai gyvens sąmyšyje, ir Aš paversiu niekais jų planus. Jie klaus savo stabų ir burtininkų, mirusiųjų dvasių iššaukėjų ir žynių.4 Aš atiduosiu egiptiečius į žiauraus valdovo rankas; nuožmus karalius juos valdys",­sako Viešpats, kareivijų Dievas.5 Jūros vanduo nuseks, ir upė išdžius.6 Upės ir kanalai dvoks, nendrės ir meldai suvys.7 Papirusai upės pakrantėse ir pasėliai prie upės išdžius, sunyks ir nieko nebeliks.8 Žvejai liūdės ir dejuos visi, kurie meta meškeres į upę ir kurie vandenyje tiesia tinklus.9 Linų apdirbėjai ir verpėjos bei audėjos neteks vilties.10 Visų, kurie laiko tvenkinius žuvims, planai sužlugs.11 Coano kunigaikščiai yra kvaili. Faraono išmintingieji patarėjai duos kvailus patarimus. Kaip galite sakyti faraonui: "Aš esu išminčiaus sūnus, karalių palikuonis?"12 Kur tavo išminčiai? Jie tepraneša ir tepaskelbia, ką kareivijų Viešpats nusprendė dėl Egipto.13 Coano kunigaikščiai taps kvaili, Nofo kunigaikščiai klys. Giminių vadai suklaidins Egiptą.14 Viešpats pasiuntė jiems svaigulio dvasią, kuri klaidina egiptiečius visuose jų darbuose; jie kaip girtas žmogus, svyrinėjantis savo vėmaluose.15 Jokio darbo Egipte negalės daryti nei galva, nei uodega, nei palmė, nei nendrė.16 Tą dieną egiptiečiai bus lyg moteris: jie drebės ir išsigąs kareivijų Viešpaties rankos, kurią Jis pakels prieš Egiptą.17 Judo žemė bus siaubas Egiptui. Kiekvienas išsigąs, vos jį paminėjęs, dėl to, ką Viešpats nusprendė dėl Egipto.18 Tada Egipto šalyje bus penki miestai, kurie kalbės Kanaano kalba ir prisieks kareivijų Viešpačiui. Vienas bus vadinamas Saulės miestu.19 Egipto žemės viduryje stovės aukuras Viešpačiui, o krašto pasienyje­paminklas Jam.20 Tai bus ženklas ir liudijimas apie Viešpatį Egipto krašte, nes jie šauksis Viešpaties pavojui iškilus. Jis siųs jiems gelbėtoją, kuris kovos ir išlaisvins juos.21 Viešpats apsireikš egiptiečiams, ir tą dieną egiptiečiai pažins Viešpatį. Jie aukos Jam deginamąsias ir duonos aukas, duos įžadus Viešpačiui ir laikysis jų.22 Viešpats užgaus Egiptą ir išgydys. Jie gręšis į Viešpatį. Jis leisis permaldaujamas ir pagydys juos.23 Tuomet bus vieškelis iš Egipto į Asiriją. Asirai keliaus į Egiptą ir egiptiečiai į Asiriją. Asirai ir egiptiečiai drauge tarnaus Viešpačiui.24 Izraelis bus trečias su Egiptu ir Asirija­palaiminimas krašto viduryje.25 Juos kareivijų Viešpats laimins, sakydamas: "Tebūna palaimintas Egiptas, mano tauta, ir Asirija, mano rankų darbas, ir Izraelis, mano paveldas".

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-