1 Laat my tog sing van my Beminde; 'n lied van my Beminde oor sy wingerd! My Beminde het 'n wingerd op 'n vrugbare heuwel.2 En Hy het dit omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke; en Hy het 'n toring daar binne-in gebou en ook 'n parskuip daarin uitgekap; en Hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe voortgebring.3 Nou dan, inwoners van Jerusalem en manne van Juda, oordeel tog tussen My en my wingerd.4 Wat is daar meer te doen aan my wingerd wat Ek daar nie aan gedoen het nie? Waarom het Ek verwag dat dit druiwe sou dra, en dit het wilde druiwe voortgebring?5 Laat My julle dan nou te kenne gee wat Ek met my wingerd gaan doen: Ek sal sy doringheining wegneem, sodat dit verwoes word; Ek sal sy muur stukkend breek, sodat dit vertrap word.6 En Ek sal dit 'n wildernis maak: dit sal nie gesnoei of omgespit word nie, maar opskiet met dorings en distels; en Ek sal die wolke gebied om nie daarop te reën nie.7 Want die wingerd van die HERE van die leërskare is die huis van Israel, en die manne van Juda is die tuin van sy verlustiging; en Hy het gewag op reg, maar kyk, dit was bloedvergieting; op geregtigheid, maar kyk, dit was geskreeu!8 Wee hulle wat huis aan huis trek, akker aan akker voeg, totdat daar geen plek meer is nie, en julle alleen grondeienaars in die land is.9 In my ore het die HERE van die leërskare gespreek: Waarlik, baie huise sal 'n woesteny word, die grotes en mooies sonder inwoner.10 Want tien morg wingerd sal een enkele bat oplewer, en 'n homer saad sal 'n efa opbring.11 Wee hulle wat vroeg in die môre klaarmaak om sterk drank na te jaag, wat in die nag l t opbly terwyl die wyn hulle verhit.12 En daar is siter en harp, tamboeryn en fluit en wyn by hulle maaltyd; maar op die dade van die HERE gee hulle geen ag nie, en die werk van sy hande sien hulle nie.13 Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.14 Daarom het die doderyk sy keel wyd oopgemaak en sy mond uitgerek sonder maat, en daarin sink hulle adel en hulle menigte en hulle luidrugtigheid en diegene onder hulle wat uitgelate is.15 Dan word die mens gebuig en die man verneder, en die oë van die hoogmoedige mense word verneder.16 Maar hoog sal die HERE van die leërskare wees deur die strafgerig, en die heilige God sal Hom as die Heilige laat ken deur geregtigheid.17 En daar sal lammers wei soos op hulle eie weiveld, en rondtrekkers sal die puinhope van die ryk mense laat afeet.18 Wee hulle wat die ongeregtigheid nader trek met koorde van goddeloosheid, en die sonde soos met wa-toue;19 wat sê: Laat Hy gou maak, laat Hy sy werk verhaas, dat ons dit kan sien! En laat die raad van die Heilige van Israel naby wees en kom, dat ons dit kan ken!20 Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.21 Wee hulle wat in eie oë wys en na eie oordeel verstandig is.22 Wee hulle wat helde is om wyn te drink en wakker manne om sterk drank te meng;23 wat vir 'n omkoopgeskenk die skuldige regverdig verklaar en die reg van die regverdige hom ontneem.24 Daarom, soos die vuurtong stoppels verteer en droë gras in die vlam inmekaarsak, so sal hulle wortel soos poeier word en hulle uitspruitsel soos stof opstuiwe; omdat hulle die wet van die HERE van die leërskare verwerp het en die woord van die Heilige van Israel verag het.25 Daarom het die toorn van die HERE ontvlam teen sy volk en het Hy sy hand teen hulle uitgestrek en hulle swaar getref, sodat die berge gebeef het en hulle lyke soos vuilnis op die strate was. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar is sy hand nog uitgestrek.26 En Hy sal 'n banier ophef vir die nasies in die verte, en Hy fluit vir die volk daar aan die einde van die aarde; en kyk, gou, haastig kom hulle.27 Geen vermoeide en geen struikelende is onder hulle nie; hulle sluimer of slaap nie, en die gord van hulle heupe word nie losgemaak nie, en die riem van hulle skoene breek nie;28 wie se pyle skerp is en al hulle boë gespan; die pote van hulle perde is soos 'n klipsteen en hulle wiele soos 'n stormwind.29 Hulle gebrul is soos die van 'n leeuin, hulle brul soos jong leeus en maak gedreun en gryp die prooi en sleep weg sonder dat iemand red.30 En in die dag sal dit oor hulle dreun soos die gedreun van die see. As iemand die aarde aanskou, kyk, daar is angsvolle duisternis; en die lig is verduister deur die wolke.
1 Aš giedosiu apie savo mylimojo draugo vynuogyną. Mano mylimasis turėjo vynuogyną derlingame kalnelyje.2 Jis aptvėrė jį ir išrinko iš jo akmenis, prisodino jame rinktinių vynmedžių. Jo viduryje pastatė bokštą ir padirbo spaustuvą. Jis laukė užaugant vynuogių, bet užaugo rūgščios uogos.3 "Dabar, Jeruzalės ir Judo gyventojai, darykite teismą tarp manęs ir mano vynuogyno.4 Ką galima dar padaryti mano vynuogynui, ko Aš nepadariau? Kodėl, kai Aš laukiau vynuogių, jis išaugino rūgščias uogas?5 Dabar Aš jums pasakysiu, ką darysiu su savo vynuogynu: Aš pašalinsiu tvorą, ir jį nuganys, nugriausiu sieną, ir jį išmindžios.6 Aš apleisiu jį: nebepurensiu ir nebeapkarpysiu jo. Jis apaugs usnimis ir erškėčiais. Aš įsakysiu nebelyti ant jo".7 Kareivijų Viešpaties vynuogynas yra Izraelio namai, o Judo žmonėsJo mėgiamiausi daigai. Jis laukė teisingumoir štai liejamas kraujas, teisumoir štai šauksmas!8 Vargas tiems, kurie jungia namą prie namo ir lauką prie lauko, kol nebelieka vietos kitiems, lyg jie vieni čia gyventų.9 Kareivijų Viešpats kalbėjo man: "Daugybė didelių ir gražių namų bus tušti ir be gyventojų.10 Dešimt akrų vynuogyno teduos vieną batą vyno, o iš homero sėklų išaugs efa derliaus".11 Vargas tiems, kurie keliasi anksti rytą girtuokliauti ir sėdi iki vėlaus vakaro, kol įkaista nuo vyno.12 Jų pokyliuose yra arfa ir styginiai, būgnas, vamzdis ir vynas. Bet jie nekreipia dėmesio į Viešpaties veiksmus nei į Jo darbus.13 Todėl mano tauta bus ištremta, nes neturi pažinimo; jos kilmingieji mirs badu, minia neturės net vandens.14 Todėl mirusiųjų buveinė plačiai atvers savo nasrus. Tautos šlovė ir visa minia, visi triukšmautojai ir lėbautojai žengs į ją.15 Žmogus bus parblokštas, karžygys pažemintas, išdidūs nuleis savo akis.16 Kareivijų Viešpats bus išaukštintas teisme, šventas Dievas parodys savo šventumą teisumu.17 Tada ėriukai ganysis kaip savo ganykloje ir svetimieji maitinsis tuo, kas liks po turtuolių.18 Vargas tiems, kurie traukia neteisybę tuštybės virvėmis ir nuodėmę lyg vežimėlio vadžiomis.19 Kurie sako: "Tepaskuba Jis, tepagreitina savo darbą, kad mes matytume, teįvykdo Izraelio Šventasis savo sprendimą, kad mes žinotume".20 Vargas tiems, kurie vadina pikta geru ir gera piktu, kurie paverčia tamsą šviesa ir šviesą tamsa, kurie padaro kartų saldžiu ir saldų karčiu.21 Vargas tiems, kurie išmintingi savo pačių akyse ir sumanūs savo pačių manymu.22 Vargas tiems, kurie yra karžygiai gerti vyną ir drąsūs vyrai maišyti stiprius gėrimus,23 kurie išteisina nedorėlį už kyšius, o nekaltą pasmerkia.24 Kaip liepsna sudegina ražienas ir sausa žolė pranyksta ugnyje, taip jų šaknys supus ir žiedai dulkėmis pavirs, nes jie atmetė kareivijų Viešpaties įstatymą ir paniekino Izraelio Šventojo žodį.25 Todėl Viešpaties rūstybė užsidegė prieš Jo tautą. Jis pakėlė savo ranką ir ištiko juos. Kalnai sudrebėjo, jų lavonai kaip sąšlavos gulėjo gatvėse. Dėl viso to Jo rūstybė dar neatsileido, Jo ranka dar pakelta.26 Jis duos ženklą toli esančiai tautai, sušvilps ir pašauks ją iš žemės pakraščių. Ir ji ateis skubėdama.27 Tarp jų nebus nusilpusių nei nuvargusių, snaudžiančių nei miegančių. Nė vienam iš jų neatsiriš strėnų juosta ir neatsileis apavo dirželis.28 Jų strėlės aštrios, visų lankai įtempti. Jų žirgų kanopos kaip titnagas, jų vežimų ratai kaip viesulas.29 Jie riaumoja kaip liūtas, kaip jaunas liūtas. Jie, pagriebę grobį, nusineša jį, ir niekas jo iš jų neatims.30 Tą dieną jie riaumos prieš juos lyg šėlstanti jūra. Pažvelgus į kraštą, bus gąsdinanti tamsa, šviesą uždengs debesys.