1 Toe het Hanna gebid en gesê: My hart jubel in die HERE, my horing is hoog in die HERE; my mond is wyd oop oor my vyande, want ek verheug my in u verlossing.2 Niemand is heilig soos die HERE nie; ja, daar is niemand buiten U, en daar is geen rots soos onse God nie.3 Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want die HERE is 'n God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.4 Die boog van die helde is verbreek; maar die wat gestruikel het, is met krag omgord.5 Die wat versadig was, het hulle vir brood verhuur; maar die wat honger gehad het, rus. Selfs die onvrugbare het sewe gebaar, maar sy wat ryk aan kinders was, het verwelk.6 Die HERE maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom.7 Die HERE maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy.8 Hy rig die geringe op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy die behoeftige, om hulle te laat sit by die vorste en hulle 'n erestoel te laat beërwe. Want aan die HERE behoort die pilare van die aarde, en Hy het die wêreld daarop gevestig.9 Die voete van sy gunsgenote bewaar Hy, maar die goddelose mense kom om in duisternis; want 'n mens oorwin nie deur krag nie.10 Die wat met die HERE twis, word verpletter; oor hulle donder Hy in die hemel; die HERE oordeel die eindes van die aarde, en Hy gee sterkte aan sy koning en verhef die horing van sy gesalfde.11 Daarna het Âlkana na sy huis, na Rama, gegaan, terwyl die seun by die priester Eli die HERE bly dien het.12 Maar die seuns van Eli was deugniete; hulle het die HERE nie erken nie.13 Die handelwyse van die priesters teenoor die volk was so: As iemand 'n offer slag, dan kom die dienaar van die priester, net soos die vleis kook, met die drietand-vurk in sy hand,14 en steek in die kastrol of in die pot of in die pan of in die skottel: alles wat die vurk optrek, neem die priester vir homself. So het hulle met al die Israeliete gedoen wat daar, in Silo, gekom het.15 Selfs voordat hulle die vet aan die brand steek, kom die dienaar van die priester en sê aan die man wat offer: Gee vleis om vir die priester te braai, want hy sal nie gekookte nie, maar net rou vleis van jou neem.16 As die man vir hom sê: Laat hulle net eers die vet aan die brand steek, neem dan vir jou soos jou siel begeer -- dan sê hy: Nee, maar jy moet dit nou gee; en so nie, dan neem ek dit met geweld.17 En die sonde van die jongmanne was baie groot voor die aangesig van die HERE, want die mense het die offer aan die HERE verag.18 Maar Samuel het as seun gedien voor die aangesig van die HERE, omgord met 'n linne-skouerkleed.19 En sy moeder was gewoond om vir hom 'n klein manteltjie te maak wat sy van jaar tot jaar vir hom gebring het as sy met haar man opgaan om die jaarlikse offer te bring.20 Dan seën Eli Âlkana en sy vrou en sê: Mag die HERE jou 'n nageslag gee uit hierdie vrou ter vergoeding van wat aan die HERE afgestaan is. Daarop gaan hulle na sy woonplek toe.21 En die HERE het ag gegee op Hanna, sodat sy swanger geword en nog drie seuns en twee dogters gebaar het; en die seun Samuel het groot geword by die HERE.22 Maar Eli was baie oud, en as hy hoor alles wat sy seuns aan die hele Israel doen, en dat hulle gemeenskap hou met die vroue wat dien by die ingang van die tent van samekoms,23 dan sê hy vir hulle: Waarom doen julle sulke dinge, dat ek van hierdie hele volk julle slegte dinge moet hoor?24 Dit moenie wees nie, my seuns, want dit is geen goeie gerug wat ek hoor nie; julle maak dat die volk van die HERE oortree.25 As mens teen mens sondig, dan beslis die owerheid oor hom, maar as 'n mens teen die HERE sondig, wie sal dan vir hom as skeidsregter optree? Maar hulle het nie na hul vader geluister nie, want die HERE wou hulle ombring.26 Maar die seun Samuel het toegeneem in grootte en in guns by die HERE sowel as by die mense.27 En daar het 'n man van God by Eli gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Het Ek My nie duidelik geopenbaar aan die huis van jou vader toe hulle in Egipte in die huis van Farao was nie?28 En Ek het hom vir My as priester uitgekies uit al die stamme van Israel om op my altaar te klim om die reukwerk aan die brand te steek, om die skouerkleed te dra voor my aangesig; en Ek het aan die huis van jou vader al die vuuroffers van die kinders van Israel gegee.29 Waarom verag julle my slagoffer en my spysoffer wat Ek in my woning beveel het, en eer jy jou seuns meer as vir My deur julle vet te voer met die beste van elke offergawe van my volk Israel?30 Daarom spreek die HERE, die God van Israel: Ek het wel duidelik gesê: Jou huis en die huis van jou vader sal voor my aangesig wandel tot in ewigheid. Maar nou spreek die HERE: Dit is ver van My; want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees.31 Kyk, die dae kom dat Ek jou arm en die arm van jou vader se huis sal afkap, sodat daar geen bejaarde in jou huis sal wees nie.32 Dan sal jy die benoudheid van my woning aanskou, in alles waarin Hy aan Israel goed sal doen; en in jou huis sal daar al die dae geen bejaarde wees nie.33 Maar Ek sal, om jou oë te laat wegkwyn en jou siel te laat versmag, een vir jou nie uitroei van my altaar af nie; en al wat aangroei uit jou huis, sal op manlike leeftyd sterwe.34 En dit sal vir jou die teken wees wat oor jou twee seuns, oor Hofni en P¡nehas, sal kom: Op een dag sal hulle altwee sterwe.35 En Ek sal vir My 'n getroue priester verwek wat sal handel soos dit in my hart en in my siel is, en Ek sal vir hom 'n bestendige huis bou, sodat hy al die dae voor die aangesig van my gesalfde kan wandel.36 En almal wat in jou huis oorbly, sal kom om hulle voor hom neer te buig vir 'n geldstukkie en 'n broodjie, en hulle sal sê: Voeg my tog by een van die priesterordes, dat ek 'n stukkie brood kan eet.
1 Ona meldėsi: "Mano širdis džiaugiasi Viešpatyje ir mano ragas išaukštintas Jame. Aš plačiai atveriu savo burną prieš savo priešus, nes džiaugiuosi Tavo išgelbėjimu.2 Niekas nėra toks šventas, kaip Viešpats! Šalia Tavęs nėra kito ir nėra kitos uolos, kaip mūsų Dievas.3 Nekalbėkite taip išdidžiai ir įžūliai. Viešpats yra Dievas, kuris žino viską, ir Jis pasveria visus darbus.4 Galingųjų lankas sulaužomas, o tie, kurie klumpa, apjuosiami jėga.5 Sotieji parsisamdė už maistą, o alkanieji nurimo. Nevaisingoji pagimdė septynetą, o turinčioji daug vaikų nusilpo.6 Viešpats numarina ir atgaivina, nuveda į mirusiųjų buveinę ir vėl išlaisvina.7 Viešpats padaro beturtį ir turtingą. Jis pažemina ir išaukština.8 Jis pakelia iš dulkių vargdienį, iš sąšlavų duobės iškelia vargšą; juos pasodina greta kunigaikščių ir leidžia paveldėti jiems šlovės sostą. Viešpačiui priklauso žemės pamatai, ant jų Jis pastatė pasaulį.9 Savo šventųjų kojas Jis palaikys, o nedorėliai nutils tamsoje. Nė vienas nelaimės savo jėga.10 Viešpats sudaužys į gabalus savo priešus. Jis sugriaudės prieš juos iš dangaus. Viešpats teis žemės kraštus. Jis duos jėgų savo karaliui ir išaukštins pateptojo ragą".11 Elkana grįžo į Ramą, į savo namus, o berniukas Samuelis tarnavo Viešpačiui, prižiūrimas kunigo Elio.12 Elio sūnūs buvo Belialo vaikai ir nepažino Viešpaties.13 Kam nors aukojant auką, kai mėsa tebevirdavo, ateidavo kunigo tarnas, laikydamas rankoje trišakę,14 ir smeigdavo ją į katilą, puodą ar keptuvę. Visa, ką ištraukdavo šake, pasiimdavo Elio sūnūs. Taip jie darė visiems izraelitams, aukojantiems Šilojuje.15 Prieš sudeginant taukus, atėjęs kunigo tarnas sakydavo aukotojui: "Duok mėsos kunigui iškepti; jis nenori virtos, bet žalios".16 Jei aukotojas sakydavo: "Pirmiausia tegul sudegina taukus, paskui tegul ima, kiek nori". Tarnas atsakydavo: "Duok dabar. Jei neduosi, atimsiu".17 Elio sūnų nuodėmė buvo labai didelė Viešpaties akyse, nes žmonės ėmė bjaurėtis aukomis Viešpačiui.18 Samuelis tarnavo Viešpačiui, apsirengęs lininį efodą.19 Jo motina jam pasiūdavo drabužį ir kasmet atnešdavo ateidama su savo vyru aukoti kasmetinės aukos.20 Elis laimindavo Elkaną ir jo žmoną: "Viešpats teduoda tau dar vaikų su šita moterimi už tą, kurį ji paaukojo Viešpačiui". Po to jie grįždavo į namus.21 Viešpats aplankė Oną, ir ji pagimdė dar tris sūnus ir dvi dukteris. Berniukas Samuelis augo Viešpaties akivaizdoje.22 Elis labai paseno. Jis girdėjo, ką jo sūnūs darė Izraeliui, kaip jie suguldavo su moterimis, kurios susirinkdavo prie Susitikimo palapinės.23 Tėvas klausė: "Kodėl taip darote? Aš girdžiu apie jūsų piktus darbus iš žmonių.24 Negerus dalykus aš girdžiu apie jus, mano sūnūs. Jūs vedate Viešpaties tautą į nusikaltimą.25 Jei žmogus nusikalsta žmogui, jį teis teisėjas, bet jei žmogus nusideda Viešpačiui, kas jį užtars?" Jie neklausė savo tėvo, todėl Viešpats nusprendė juos nužudyti.26 Berniukas Samuelis augo, ir jam palankiai buvo nusiteikę ir Viešpats, ir žmonės.27 Dievo žmogus atėjo pas Elį ir jam tarė: "Taip sako Viešpats: ‘Aš apsireiškiau tavo tėvams, kai jie buvo Egipte ir tarnavo faraonui.28 Aš tavo tėvą išsirinkau kunigu iš visų Izraelio giminių, kad jis aukotų ant mano aukuro, smilkytų smilkalus ir nešiotų efodą mano akivaizdoje. Aš paskyriau kunigams izraelitų deginamųjų aukų dalį.29 Kodėl jūs mindžiojate kojomis aukas ir dovanas, kurias įsakiau man aukoti? Kodėl labiau už mane gerbi savo sūnus, kurie tunka mano tautos Izraelio geriausiomis aukų dalimis?’30 Todėl Viešpats, Izraelio Dievas, sako: ‘Tikrai buvau pažadėjęs, kad tavo tėvo ir tavo namai per amžius bus mano akivaizdoje, bet dabar sakau, kad taip nebus. Aš pagerbsiu tuos, kurie mane gerbia, o kurie mane niekina, bus paniekinti.31 Ateina diena, kada tavo ir tavo namų ramstį sunaikinsiu; nė vienas nesulauks senatvės.32 Tu matysi priešą mano namuose, nepaisant to, kad Dievas daro gera Izraeliui; tavo namuose niekas nesulauks senatvės per amžius.33 Aš nesunaikinsiu ir nepašalinsiu nuo savo aukuro visų tavųjų, bet tavo akys aptems ir siela krimsis; ir visi tavo palikuonys mirs savo gražiausiame amžiuje.34 Tai bus ženklas tau, kai abu tavo sūnūs Hofnis ir Finehasas mirs tą pačią dieną.35 Aš pakelsiu sau ištikimą kunigą, kuris darys tai, kas yra mano širdyje ir mano mintyse. Aš jam pastatysiu tvirtus namus, ir jis vaikščios prieš mano pateptąjį per amžius.36 Tada išlikę tavo šeimos nariai atėję parpuls prieš jį už sidabrinį pinigėlį ar duonos kąsnį ir prašys, kad paskirtų juos kunigais ir jie galėtų užsidirbti pavalgyti’ ".