1 En die woord van Samuel het tot die hele Israel gekom. En Israel het uitgetrek vir die geveg, die Filistyne tegemoet, en hulle het laer opgeslaan by Ebenha,ser; maar die Filistyne het laer opgeslaan by Afek.2 Toe die Filistyne hulle opstel om Israel te ontmoet, en die geveg ontwikkel, is Israel voor die Filistyne verslaan; en hulle het op die vegterrein in die veld omtrent vier duisend man doodgeslaan.3 Terwyl die manskappe die laer inkom, sê die oudstes van Israel: Waarom het die HERE ons vandag voor die Filistyne verslaan? Laat ons die verbondsark van die HERE uit Silo na ons toe bring, dat dit onder ons inkom en ons verlos uit die hand van ons vyande.4 Daarop het die manskappe na Silo gestuur, en hulle het die verbondsark van die HERE van die leërskare wat op die g,rubs troon, daarvandaan gaan haal; en die twee seuns van Eli, Hofni en P¡nehas, was daar by die verbondsark van God.5 En net toe die verbondsark van die HERE in die laer inkom, hef die hele Israel 'n groot krygsgeskreeu aan, sodat die aarde gedreun het.6 En die Filistyne het die geluid van die gejuig gehoor en gesê: Watter geluid van 'n groot krygsgeskreeu is dit in die laer van die Hebreërs? Toe verneem hulle dat die ark van die HERE in die laer gekom het.7 En die Filistyne het bang geword, want hulle het gesê: God het in die laer gekom! En hulle het gesê: Wee ons, want so iets het gister en eergister nie gebeur nie.8 Wee ons! Wie sal ons red uit die hand van hierdie geweldige gode? Dit is dieselfde gode wat die Egiptenaars met allerhande plae getref het in die woestyn.9 Wees dapper en gedra julle soos manne, Filistyne, dat julle nie miskien die Hebreërs dien soos hulle julle gedien het nie; gedra julle dan soos manne, en veg.10 Toe het die Filistyne geveg, en Israel is verslaan, sodat hulle gevlug het, elkeen na sy tente toe. En die slagting was baie groot: van Israel het daar dertig duisend voetgangers geval.11 Die ark van God is ook geneem, en die twee seuns van Eli, Hofni en P¡nehas, het gesterwe.12 Toe het 'n Benjaminiet van die slagveld af gehardloop en dieselfde dag in Silo aangekom met geskeurde klere en grond op sy hoof.13 Terwyl hy aankom, sit Eli juis en uitkyk op 'n stoel aan die kant van die pad, want hy was besorg oor die ark van God. En die man het gekom om dit in die stad mee te deel, en die hele stad het geskreeu.14 Toe Eli dan die geluid van die geskreeu hoor, sê hy: Wat is dit vir 'n rumoerige geluid? En die man het gou gekom en dit aan Eli meegedeel.16 En die man het vir Eli gesê: Dit is ek wat van die slagveld gekom het; ja, ek het vandag van die slagveld gevlug. En hy vra: Wat het daar gebeur, my seun?17 En die boodskapper antwoord en sê: Israel het voor die Filistyne gevlug, en daar was ook 'n groot neerlaag onder die manskappe, en u twee seuns, Hofni en P¡nehas, het ook gesterwe, en die ark van God is geneem.18 Net toe hy melding maak van die ark van God, val hy agteroor van die stoel af aan die kant van die poort, sodat hy sy nek gebreek en gesterf het; want die man was oud en swaar. En hy het Israel veertig jaar lank gerig.19 En sy skoondogter, die vrou van P¡nehas, was v,r heen in haar swangerskap. Toe sy dan die tyding hoor dat die ark van God geneem is, en dat haar skoonvader en haar man gesterf het, het sy haar krom gebuig en gebaar, want haar barensweë het haar oorval.20 En terwyl sy op sterwe lê, sê die vroue wat by haar staan: Wees nie bevrees nie, want jy het 'n seun gebaar; maar sy het nie geantwoord en dit nie ter harte geneem nie,21 maar die seuntjie Ikabod genoem en gesê: Weggevoer is die eer uit Israel -- met die oog op die wegneming van die ark van God en met die oog op haar skoonvader en haar man.22 En sy het gesê: Weggevoer is die eer uit Israel, omdat die ark van God geneem is.
1 Samuelio žodis pasiekė visą Izraelį. Izraelis pasistatė stovyklą prie Eben Ezero ir ruošėsi kariauti su filistinais, o filistinai pasistatė stovyklą prie Afeko.2 Jie išsirikiavo prieš Izraelį, puolė ir sumušė jį, nužudydami mūšyje apie keturis tūkstančius vyrų.3 Kai žmonės sugrįžo į stovyklą, Izraelio vyresnieji tarė: "Kodėl Viešpats leido šiandien filistinams nugalėti? Atsigabenkime iš Šilojo Viešpaties Sandoros skrynią, kad ji būtų su mumis ir mus išgelbėtų nuo priešų".4 Buvo pasiųsti į Šiloją pasiuntiniai, kurie atgabeno kareivijų Viešpaties, gyvenančio tarp cherubų, Sandoros skrynią. Abu Elio sūnūs Hofnis ir Finehasas buvo prie Dievo Sandoros skrynios.5 Kai Viešpaties Sandoros skrynia pasiekė stovyklą, visi izraelitai šaukė taip garsiai, kad net žemė drebėjo.6 Filistinai, išgirdę šauksmą, klausė: "Ką reiškia šitas riksmas hebrajų stovykloje?" Ir jie sužinojo, kad buvo atgabenta Viešpaties skrynia.7 Filistinai išsigando, nes sakė: "Dievas atėjo pas juos į stovyklą. Vargas mums, nes anksčiau taip nebuvo!8 Vargas mums! Kas mus išgelbės iš šitų galingų dievų? Tai dievai, kurie baudė Egiptą įvairiomis bausmėmis dykumoje.9 Filistinai, būkite drąsūs, kad nereikėtų tarnauti hebrajams, kaip jie mums tarnavo. Nusiraminkite ir kariaukite".10 Filistinai kovojo ir vėl nugalėjo izraelitus, kurie visi išbėgiojo į savo palapines. Įvyko didelės žudynės, ir krito trisdešimt tūkstančių pėstininkų iš Izraelio.11 Dievo skrynia buvo priešų paimta, o Elio sūnūs Hofnis ir Finehasas žuvo.12 Vienas benjaminas, pabėgęs iš mūšio lauko, tą pačią dieną atvyko į Šiloją su perplėštais drabužiais ir žemėm apibarstyta galva.13 Jam atvykus į miestą, Elis sėdėjo krasėje šalia kelio ir jo širdis drebėjo dėl Dievo skrynios. Kai vyras atbėgo į miestą ir viską pranešė, visas miestas ėmė raudoti.14 Elis, išgirdęs verksmą, paklausė: "Ką reiškia šitas triukšmas?" Tas vyras atskubėjo prie Elio ir jam pranešė.15 Elis buvo devyniasdešimt aštuonerių metų, jo akys buvo nusilpusios ir jis nebematė.16 Tas vyras kalbėjo Eliui: "Aš šiandien pabėgau iš mūšio lauko ir atvykau čia". Elis paklausė: "Kas ten atsitiko, mano sūnau?"17 Pasiuntinys atsakė: "Izraelis bėgo nuo filistinų, įvyko didelės žudynės. Tavo abu sūnūs Hofnis ir Finehasas žuvo, ir Dievo skrynia priešų rankose".18 Jam paminėjus Dievo skrynią, Elis atbulas krito nuo krasės šalia vartų. Jo sprandas lūžo ir jis mirė, nes buvo senas ir sunkus. Jis teisė Izraelį keturiasdešimt metų.19 Jo marti, Finehaso žmona, buvo nėščia ir greitai turėjo gimdyti. Išgirdus, kad Dievo skrynia paimta ir kad jos uošvis ir vyras mirę, ji susilenkė ir pagimdė, nes ją suėmė gimdymo skausmai.20 Jai mirštant, prie jos stovėjusios moterys sakė: "Nebijok, tu pagimdei sūnų". Tačiau ji nieko neatsakė ir nebekreipė dėmesio.21 Ji pavadino vaiką Ikabodu, sakydama: "Šlovė paliko Izraelį", nes Dievo skrynia buvo paimta ir jos uošvis bei vyras mirę.22 Ji pasakė: "Šlovė paliko Izraelį, nes Dievo skrynia paimta".