Publicidade

Apocalipse 13

1 En ek het 'n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe 'n naam van godslastering.2 En die dier wat ek gesien het, was soos 'n luiperd, en sy pote soos die van 'n beer, en sy bek soos die bek van 'n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?5 En 'n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.6 En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.9 As iemand 'n oor het, laat hom hoor.10 As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.11 En uit die aarde het ek 'n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos 'n lam en het gepraat soos 'n draak.12 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.13 Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.14 En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle 'n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.15 En dit is hom gegee om 'n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.16 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van 'n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

1 Aš stovėjau ant jūros kranto. Ir išvydau iš jūros išnyrant žvėrį, turintį septynias galvas ir dešimt ragų, o ant jo ragų buvo dešimt diademų ir ant jo galvų piktžodžiavimo vardas.2 Žvėris, kurį mačiau, buvo panašus į leopardą; jo kojos tarytum lokio kojos, o jo snukis­lyg liūto snukis. Slibinas davė jam savo jėgą, savo sostą ir didelę valdžią.3 Ir aš mačiau vieną iš jo galvų mirtinai sužeistą, tačiau jos mirštamoji žaizda užgijo. Ir visa žemė stebėdamasi nusekė paskui žvėrį.4 Žmonės garbino slibiną, kuris atidavė valdžią žvėriui. Jie garbino žvėrį, sakydami: "Kas galėtų lygintis su žvėrimi, ir kas galėtų kovoti su juo!"5 Jam buvo duotas snukis kalbėti išdidžiai ir piktžodžiauti, ir duota valdžia taip daryti per keturiasdešimt du mėnesius.6 Ir jis atvėrė nasrus piktžodžiauti Dievui, piktžodžiauti Jo vardui, Jo buveinei ir dangaus gyventojams.7 Jam buvo duota kovoti su šventaisiais ir juos nugalėti. Jam buvo suteikta valdžia visoms gentims, kalboms ir tautoms.8 Ir jį garbins visi tie žemės gyventojai, kurių vardai neįrašyti nuo pasaulio sutvėrimo nužudytojo Avinėlio gyvenimo knygoje.9 Kas turi ausis, teklauso.10 Jei kas veda į nelaisvę, pats į nelaisvę eis. O kas žudo kalaviju, turės nuo kalavijo žūti. Čia šventųjų ištvermė ir tikėjimas!11 Ir aš pamačiau kitą žvėrį, ateinantį iš žemės. Jis turėjo du ragus, panašius į Avinėlio, ir kalbėjo kaip slibinas.12 Jis naudojasi visa pirmojo žvėries valdžia jo akivaizdoje ir verčia žemę bei jos gyventojus garbinti pirmąjį žvėrį, kurio mirštama žaizda užgijo.13 Jis daro didžius ženklus, netgi, žmonėms matant, nuleidžia ugnį iš dangaus į žemę.14 Jis suvedžioja žemės gyventojus tais ženklais, kuriuos jam buvo duota daryti žvėries akyse, sakydamas žemės gyventojams padaryti žvėries atvaizdą, kuris gavo žaizdą nuo kalavijo ir išgijo.15 Jam buvo duota suteikti žvėries atvaizdui dvasią, kad žvėries atvaizdas imtų kalbėti, ir padaryti taip, kad visi, kurie atsisakys garbinti žvėries atvaizdą, būtų nužudyti.16 Jis vertė visus, mažus ir didelius, turtuolius ir vargšus, laisvuosius ir vergus, pasidaryti ženklą ant dešinės rankos arba ant kaktos,17 kad nė vienas negalėtų nei pirkti, nei parduoti, jei neturės to ženklo ar žvėries vardo, ar jo vardo skaičiaus.18 Čia slypi išmintis! Kas turi išmanymą, teapskaičiuoja žvėries skaičių, nes tai žmogaus skaičius; jo skaičius yra šeši šimtai šešiasdešimt šeši.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-