Publicidade

Apocalipse 19

1 En n hierdie dinge het ek iets soos 'n groot stem van 'n groot menigte in die hemel gehoor wat sê: Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God!2 Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek.3 En vir die tweede maal het hulle gesê: Halleluja! En haar rook gaan op tot in alle ewigheid.4 En die vier en twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval en God aanbid wat op die troon sit, en gesê: Amen, Halleluja!5 En 'n stem het uit die troon uitgegaan en gesê: Prys onse God, al sy diensknegte, en julle wat Hom vrees, klein en groot!6 En ek het iets gehoor soos die stem van 'n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar.7 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.9 Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.10 En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.11 Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was 'n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.12 En sy oë was soos 'n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het 'n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.13 En Hy was bekleed met 'n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.14 En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.15 En uit sy mond gaan daar 'n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met 'n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.16 En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.17 En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met 'n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God,18 dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.19 En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hulle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.21 En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees.

1 Paskui aš girdėjau danguje galingą didžiulės minios balsą, skelbiantį: "Aleliuja! Išgelbėjimas, galybė, šlovė ir garbė priklauso Viešpačiui, mūsų Dievui,2 nes tikri ir teisingi Jo teismai! Jis nuteisė didžiąją paleistuvę, kuri suteršė žemę savo ištvirkavimu; Jis atkeršijo už savo tarnų kraują, pralietą jos rankomis".3 Ir dar kartą jie skelbė: "Aleliuja! Jos dūmai rūks per amžių amžius!"4 Dvidešimt keturi vyresnieji ir keturios būtybės parpuolė ir pagarbino Dievą, sėdintį soste, sakydami: "Amen! Aleliuja!"5 O nuo sosto nuskambėjo balsas: "Šlovinkite mūsų Dievą visi Jo tarnai ir tie, kurie bijote Jo: maži ir dideli!"6 Ir išgirdau gausios minios balsą, lyg daugybės vandenų šniokštimą ar galingų griaustinių dundėjimą, sakantį: "Aleliuja! Užviešpatavo Viešpats Dievas, Visagalis.7 Džiūgaukime ir linksminkimės, ir duokime Jam šlovę! Nes atėjo Avinėlio vestuvės ir Jo nuotaka pasiruošė".8 Jai buvo duota apsirengti spindinčia, tyra drobe, o ta drobė­tai šventųjų teisūs darbai.9 Ir angelas sako man: "Rašyk: ‘Palaiminti, kurie pakviesti į Avinėlio vestuvių pokylį’ ". Jis pridūrė: "Šie žodžiai yra tikri Dievo žodžiai!"10 Aš puoliau jam po kojų, norėdamas jį pagarbinti, bet jis pasakė: "Žiūrėk, kad to nedarytum! Aš esu tarnas, kaip tu ir broliai, kurie turi Jėzaus liudijimą. Dievą garbink! Nes Jėzaus liudijimas yra pranašystės dvasia".11 Ir aš išvydau atvirą dangų, ir štai pasirodė baltas žirgas. Ant jo sėdėjo raitelis, vardu Ištikimasis ir Teisusis; Jis teisingai teisia ir kovoja.12 Jo akys švietė kaip ugnies liepsna, o ant Jo galvos daug diademų ir įrašytas vardas, kurio niekas nežino, tik Jis pats.13 Jis apsirengęs kraujyje pamirkytu drabužiu ir Jo vardas­Dievo žodis.14 Paskui Jį sekė dangaus kariaunos pulkai ant baltų žirgų, apsivilkę tyros baltos drobės drabužiais.15 Iš Jo burnos ėjo aštrus dviašmenis kalavijas, kuriuo Jis ištiks tautas. Jis valdys jas geležine lazda. Jis mina visagalio Dievo įniršio ir rūstybės vyno spaustuvą.16 Ant Jo drabužio ir ant strėnų užrašytas vardas: "Karalių Karalius ir viešpačių Viešpats".17 Aš regėjau angelą, stovintį saulėje. Jis garsiai šaukė, kviesdamas visus paukščius, skrendančius dangaus viduriu: "Skriskite šen, į didžiojo Dievo pokylį,18 ir leskite kūnus karalių, karo vadų, galiūnų, žirgų, raitelių, visų laisvųjų ir vergų, mažų ir didelių!"19 Ir išvydau žvėrį ir žemės karalius bei jų kariuomenes, susirinkusias kovoti su sėdinčiuoju ant žirgo ir Jo kariuomene.20 Žvėris buvo sugautas, o kartu su juo netikrasis pranašas, jo akyse daręs ženklus ir jais klaidinęs žmones, kurie buvo priėmę žvėries ženklą ir garbino jo atvaizdą. Jiedu gyvi buvo įmesti į ugnies ežerą, degantį siera.21 O visi kiti buvo užmušti kalaviju, einančiu iš raitelio burnos. Ir visi paukščiai prisilesė jų lavonų.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-