1 En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, 'n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seëls goed verseël.2 En ek het 'n sterk engel gesien wat met 'n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?3 En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie.4 En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie.5 Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.6 En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar 'n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.7 Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit;8 en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is.9 Toe sing hulle 'n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,10 en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.11 Toe sien ek, en ek hoor 'n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal was tien duisende van tien duisende en duisende van duisende;12 en met 'n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.13 En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!14 En die vier lewende wesens het gesê: Amen! En die vier en twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat lewe tot in alle ewigheid.
1 Ir aš mačiau soste Sėdinčiojo dešinėje knygos ritinį, prirašytą iš vidaus ir iš viršaus, užantspauduotą septyniais antspaudais.2 Ir pamačiau galingą angelą, skelbiantį garsiu balsu: "Kas yra vertas atversti knygą ir nuplėšti nuo jos antspaudus?"3 Bet niekas nei danguje, nei žemėje, nei po žeme negalėjo atversti knygos nei pažiūrėti į ją.4 Ir aš smarkiai verkiau, kad neatsirado verto atversti ir skaityti knygą ar pažiūrėti į ją.5 Tada vienas iš vyresniųjų man tarė: "Neverk! Štai nugalėjo liūtas iš Judo giminės, Dovydo atžala, kad atverstų knygą ir nuplėštų septynis jos antspaudus".6 Aš pažvelgiau, ir štai sosto ir keturių būtybių bei vyresniųjų viduryje stovėjo Avinėlis, tarytum užmuštas, turintis septynis ragus ir septynias akis, kurios yra septynios Dievo Dvasios, siųstos į visą žemę.7 Jis priėjo ir paėmė knygą iš soste Sėdinčiojo dešinės.8 Kai Jis paėmė knygą, keturios būtybės ir dvidešimt keturi vyresnieji parpuolė prieš Avinėlį, kiekvienas laikydamas rankose arfą ir aukso indus, pilnus smilkalų, kas yra šventųjų maldos.9 Ir jie giedojo naują giesmę, skelbdami: "Vertas esi paimti knygą ir atverti jos antspaudus, nes buvai užmuštas ir atpirkai Dievui savo krauju mus iš visų genčių, kalbų, tautų ir giminių.10 Ir iš mūsų padarei mūsų Dievui karalystę bei kunigus, ir mes viešpatausime žemėje".11 Aš pažvelgiau ir išgirdau balsą daugybės angelų aplinkui sostą, būtybių ir vyresniųjų; jų skaičius buvo miriadų miriadai ir tūkstančių tūkstančiai.12 Jie skelbė skambiu balsu: "Vertas Avinėlis, kuris buvo užmuštas, priimti galybę, ir turtus, ir išmintį, ir stiprybę, ir pagarbą, ir šlovę, ir palaiminimą".13 Ir girdėjau, kaip visi tvariniai, esantys danguje, žemėje, po žeme ir jūroje, ir visa, kas juose yra, skelbė: "Sėdinčiajam soste ir Avinėliui tebūnie palaiminimas, ir pagarba, ir šlovė, ir valdžia per amžių amžius!"14 Keturios būtybės sakė: "Amen!", o dvidešimt keturi vyresnieji puolė ant žemės ir pagarbino Gyvenantįjį per amžių amžius.