Ngā Pā Whakaoranga
1 Nā, ka kōrero a Ihowā ki a Hohua, ka mea: 2 "Kōrero ki ngā tama a Īharaira, mea atu: Whakaritea e koutou ētahi pā whakaora, ko āku i kōrero ai, nā Mohi i whakapuaki ki a koutou; 3 hei rerenga atu mō te tangata whakamate, i patu nei i tētahi tangata, he mea urupā, ehara i te mea āta whakaaro; ā, ka waiho hei whakaora mō koutou, kei mate i te kaitakitaki toto.
4 "Ā, ka rere ia ki tētahi o ēnei pā, ka tū i te kūwaha o te tomokanga o te pā, nā, ka kōrero i āna kōrero ki ngā taringa o ngā kaumātua o tēnā pā. Ā, me tango atu ia e rātou ki roto ki te pā, ki roto ki a rātou, ka hōmai he wāhi ki a ia, ā, ka noho ia ki a rātou.
5 "Ā, ki te whāia atu ia e te kaitakitaki toto, kaua e tukua atu te tangata whakamate e rātou ki tōna ringa; nō te mea ehara i te mea āta whakaaro tāna patunga i tōna hoa, kīhai anō ia i kino ki a ia i mua ake. 6 Engari, me noho ia ki taua pā, kia tū rā anō ia ki mua i te whakaminenga whakawākia ai, ā, kia mate rā anō te tino tohunga o aua rā. Ko reira hoki ai te tangata whakamate, haere ai ki tōna pā, ki tōna whare hoki, ki te pā i rere atu nei ia i reira."
7 Nā, ka whakatapua e rātou ko Kerehe i Karirī, i te whenua pukepuke o Napatari, ko Hekeme i te whenua pukepuke o Ēparaima, ko Kiriata Arapa, arā ko Heperona, i te whenua pukepuke o Hūrā. 8 Nā, i tāwāhi o Horano, i te wāhi e anga ana ki Heriko whaka te rāwhiti ka whakaritea e rātou ko Pētere i te koraha i te mānia, nō te iwi o Reupena, ko Rāmoto i Kireara, nō te iwi o Kara, ko Korana hoki i Pahana, nō te iwi o Mānahi. 9 Ko ngā pā ēnei i whakaritea mō ngā tama katoa a Īharaira, mō te manene hoki e noho ana i roto i a rātou, hei rerenga atu mō ngā tāngata katoa i whakamatea ai tētahi tangata, he mea urupā, kei mate i te ringa o te kaitakitaki toto, kia tū rā anō i mua i te whakaminenga.
Die ses vrystede vir onopsetlike doodslag, drie duskant en drie anderkant die Jordaan.
1 EN die Here het met Josua gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van Israel en sê: Wys die vrystede vir julle aan waarvan Ek deur die diens van Moses met julle gespreek het,
3 dat hy wat 'n doodslag begaan het — wat per ongeluk, sonder opset, 'n mens doodgeslaan het, daarheen kan vlug, sodat dié vir julle kan dien as toevlugsoord vanweë die bloedwreker.
4 As hy dan na een van hierdie stede toe vlug en gaan staan by die ingang van die stadspoort en sy saak voor die ore van die oudstes van daardie stad meedeel, moet hulle hom by hulle in die stad opneem en aan hom plek gee, dat hy by hulle kan woon;
5 en as die bloedwreker hom agternajaag, mag hulle hom wat die doodslag begaan het, nie aan hom uitlewer nie, omdat hy sy naaste sonder opset doodgeslaan het, sonder dat hy hom gister en eergister vyandig was;
6 en hy moet in daardie stad bly totdat hy voor die vergadering tereggestaan het, tot op die dood van die hoëpriester wat in dié dae daar sal wees; dan mag hy wat die doodslag begaan het, weer na sy stad en sy huis terugkeer, na die stad waar hy vandaan gevlug het.
7 Daarop het hulle geheilig: Kedes in Galiléa, op die gebergte van Náftali, en Sigem op die gebergte van Efraim, en Kirjat-Arba, dit is Hebron, op die gebergte van Juda;
8 en oorkant die Jordaan, oos van Jérigo, het hulle afgestaan: Beser in die woestyn op die gelykveld, uit die stam van Ruben, en Ramot in Gílead, uit die stam van Gad, en Golan in Basan uit die stam van Manasse.
9 Dit is die stede wat bepaal was vir al die kinders van Israel en vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef; sodat elkeen wat per ongeluk 'n mens doodgeslaan het, daarheen sou kan vlug en nie hoef te sterf deur die hand van die bloedwreker voordat hy voor die vergadering gestaan het nie.