1 Senhor, não me repreendas na tua ira, nem me castigues no teu furor.2 Tem compaixão de mim, Senhor, porque sou fraco; sara-me, Senhor, porque os meus ossos estão perturbados.3 Também a minha alma está muito perturbada; mas tu, Senhor, até quando?...4 Volta-te, Senhor, livra a minha alma; salva-me por tua misericórdia.5 Pois na morte não há lembrança de ti; no Seol quem te louvará?6 Estou cansado do meu gemido; toda noite faço nadar em lágrimas a minha cama, inundo com elas o meu leito.7 Os meus olhos estão consumidos pela mágoa, e enfraquecem por causa de todos os meus inimigos.8 Apartai-vos de mim todos os que praticais a iniquidade; porque o Senhor já ouviu a voz do meu pranto.9 O Senhor já ouviu a minha súplica, o Senhor aceita a minha oração.10 Serão envergonhados e grandemente perturbados todos os meus inimigos; tornarão atrás e subitamente serão envergonhados.
1 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente; met basstem. 'n Psalm van Dawid.2 o HERE, straf my nie in u toorn nie, en kasty my nie in u grimmigheid nie.3 Wees my genadig, HERE, want ek is verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik.4 Ja, my siel is baie verskrik; en U, HERE, tot hoe lank?5 Keer terug, HERE, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.6 Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?7 Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane.8 My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders.9 Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die HERE het die stem van my geween gehoor.10 Die HERE het my smeking gehoor; die HERE neem my gebed aan. [ (Psalms 6:11) Al my vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in 'n oomblik beskaamd omdraai. ]