1 O fundamento dela está nos montes santos.2 O Senhor ama as portas de Sião mais do que todas as habitações de Jacó.3 Coisas gloriosas se dizem de ti, ó cidade de Deus.4 Farei menção de Raabe e de Babilônia dentre os que me conhecem; eis que da Filístia, e de Tiro, e da Etiópia, se dirá: Este nasceu ali.5 Sim, de Sião se dirá: Este e aquele nasceram ali; e o próprio Altíssimo a estabelecerá.6 O Senhor, ao registrar os povos, dirá: Este nasceu ali.7 Tanto os cantores como os que tocam instrumentos dirão: Todas as minhas fontes estão em ti.
1 Van die kinders van Korag. 'n Psalm. 'n Lied. Sy grondvesting is op heilige berge.2 Die HERE het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.3 Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela.4 Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filist,a en Tirus saam met Kus -- hierdie een is daar gebore.5 En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand.6 Die HERE sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela.7 En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!