1 O filho sábio atende
à instrução do pai;
mas o escarnecedor
não ouve a repreensão.
2 Do fruto da boca
cada um comerá o bem,
mas a alma dos prevaricadores
comerá a violência.
3 O que guarda a sua boca
conserva a sua alma,
mas o que abre muito
os seus lábios se destrói.
4 A alma do preguiçoso deseja,
e coisa nenhuma alcança,
mas a alma dos diligentes se farta.
5 O justo odeia a palavra de mentira,
mas o ímpio faz vergonha
e se confunde.
6 A justiça guarda ao que é
de caminho certo,
mas a impiedade
transtornará o pecador.
7 Há alguns que se fazem de ricos,
e não têm coisa nenhuma,
e outros que se fazem de pobres
e têm muitas riquezas.
8 O resgate da vida de cada
um são as suas riquezas,
mas o pobre não
ouve ameaças.
9 A luz dos justos alegra,
mas a candeia
dos ímpios se apagará.
10 Da soberba só
provém a contenda,
mas com os que se aconselham
se acha a sabedoria.
11 A riqueza de procedência
vã diminuirá,
mas quem a ajunta com o próprio
trabalho a aumentará.
12 A esperança adiada
desfalece o coração,
mas o desejo atendido é árvore de vida.
13 O que despreza
a palavra perecerá,
mas o que teme o mandamento
será galardoado.
14 A doutrina do sábio é
uma fonte de vida para se
desviar dos laços da morte.
15 O bom entendimento favorece,
mas o caminho
dos prevaricadores é áspero.
16 Todo prudente procede
com conhecimento,
mas o insensato espraia a sua loucura.
17 O que prega
a maldade cai no mal,
mas o embaixador fiel é saúde.
18 Pobreza e afronta virão
ao que rejeita a instrução,
mas o que guarda
a repreensão será honrado.
19 O desejo que se
alcança deleita a alma,
mas apartar-se do mal é
abominável para os insensatos.
20 O que anda com os sábios
ficará sábio,
mas o companheiro
dos tolos será destruído.
21 O mal perseguirá
os pecadores,
mas os justos serão
galardoados com o bem.
22 O homem de bem deixa uma herança
aos filhos de seus filhos,
mas a riqueza do pecador
é depositada para o justo.
23 O pobre, do sulco da terra,
tira mantimento em abundância;
mas há os que se consomem
por falta de juízo.
24 O que não faz uso
da vara odeia seu filho,
mas o que o ama,
desde cedo o castiga.
25 O justo come até saciar sua alma,
mas o ventre dos ímpios
passará necessidade.
Almeida Corrigida Fiel | acf ©️ 1994, 1995, 2007, 2011 Sociedade Bíblica Trinitariana do Brasil (SBTB). Todos os direitos reservados. Texto bíblico utilizado com autorização. Saiba mais sobre a SBTB. A Missão da SBTB é: Uma cópia da Bíblia Fiel ®️ para cada pessoa. Ajude-nos a cumprir nossa Missão!
1 'n WYSE seun luister na die tug van die vader, maar 'n spotter hoor nie na berisping nie.
2 Van die vrug van iemand se mond eet hy die goeie, maar die begeerte van die ontroues is 'n daad van geweld.
3 Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.
4 Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig.
5 Die regverdige haat leuentaal, maar die goddelose maak gehaat en handel skandelik.
6 Geregtigheid bewaar die regskapene van wandel, maar goddeloosheid bring die sondaar tot 'n val.
7 Daar is een wat hom ryk hou, en hy het glad niks nie; een wat hom arm hou, en hy het baie goed.
8 Die losprys vir die lewe van 'n man is sy rykdom, maar die arme hoor geen dreigement nie.
9 Die lig van die regverdige brand vrolik, maar die lamp van die goddelose gaan dood.
10 Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.
11 Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.
12 'n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom.
13 Wie die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding.
14 Die onderrig van die wyse is 'n fontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk.
15 'n Goeie verstand verskaf guns, maar die weg van die ontroues is hard.
16 Elke skrandere handel met kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond.
17 'n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar 'n betroubare boodskapper is 'n gerusstelling.
18 Armoede en skande is vir hom wat die tug verwerp; maar hy wat die teregwysing in ag neem, word geëer.
19 'n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van die kwaad, is 'n gruwel vir die dwase.
20 Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.
21 Die onheil vervolg die sondaars, maar Hy sal die regverdiges met goed vergelde.
22 'n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.
23 Die braakland van die armes lewer oorvloedig spys op, maar daar is wat deur ongeregtigheid verlore gaan.
24 Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.
25 Die regverdige eet totdat hy versadig is; maar die maag van die goddelose ly gebrek.