1 Como ribeiros de águas
assim é o coração
do rei na mão do Senhor,
que o inclina a todo o seu querer.
2 Todo caminho do homem
é reto aos seus olhos,
mas o Senhor sonda os corações.
3 Fazer justiça
e juízo é mais aceitável
ao Senhor do que sacrifício.
4 Os olhos altivos,
o coração orgulhoso
e a lavoura
dos ímpios é pecado.
5 Os pensamentos do diligente
tendem só para a abundância,
porém os de todo apressado,
tão somente para a pobreza.
6 Trabalhar com língua falsa
para ajuntar tesouros é vaidade que
conduz aqueles que buscam a morte.
7 As rapinas dos ímpios
os destruirão,
porquanto se recusam
a fazer justiça.
8 O caminho do homem
é todo perverso
e estranho,
porém a obra do homem puro é reta.
9 É melhor morar num canto
de telhado do que ter como
companheira em casa ampla
uma mulher briguenta.
10 A alma do ímpio deseja o mal;
o seu próximo não
agrada aos seus olhos.
11 Quando o escarnecedor é castigado,
o simples torna-se sábio;
e o sábio quando é instruído
recebe o conhecimento.
12 O justo considera com prudência a casa do ímpio;
mas Deus destrói os ímpios
por causa dos seus males.
13 O que tapa o seu ouvido
ao clamor do pobre,
ele mesmo também clamará
e não será ouvido.
14 O presente dado
em segredo aplaca a ira,
e a dádiva no regaço põe
fim à maior indignação.
15 O fazer justiça é
alegria para o justo,
mas destruição para os que
praticam a iniquidade.
16 O homem que anda desviado
do caminho do entendimento,
na congregação
dos mortos repousará.
17 O que ama os prazeres
padecerá necessidade;
o que ama o vinho
e o azeite nunca enriquecerá.
18 O resgate do justo
é o ímpio;
o do honrado é o perverso.
19 É melhor morar numa
terra deserta do que
com a mulher rixosa
e irritadiça.
20 Tesouro desejável
e azeite há na casa do sábio,
mas o homem
insensato os esgota.
21 O que segue a justiça
e a beneficência achará a vida,
a justiça e a honra.
22 O sábio escala
a cidade do poderoso
e derruba a força
da sua confiança.
23 O que guarda a sua boca
e a sua língua guarda
a sua alma das angústias.
24 O soberbo e presumido,
zombador é o seu nome,
trata com indignação
e soberba.
25 O desejo do preguiçoso o mata,
porque as suas mãos
recusam trabalhar.
26 O cobiçoso cobiça o dia todo,
mas o justo dá,
e nada retém.
27 O sacrifício dos ímpios
já é abominação;
quanto mais oferecendo-o
com má intenção!
28 A falsa testemunha perecerá,
porém o homem que dá
ouvidos falará sempre.
29 O homem ímpio endurece o seu rosto;
mas o reto considera
o seu caminho.
30 Não há sabedoria,
nem inteligência,
nem conselho contra o Senhor.
31 Prepara-se o cavalo para o dia da batalha,
porém do Senhor vem a vitória.
Almeida Corrigida Fiel | acf ©️ 1994, 1995, 2007, 2011 Sociedade Bíblica Trinitariana do Brasil (SBTB). Todos os direitos reservados. Texto bíblico utilizado com autorização. Saiba mais sobre a SBTB. A Missão da SBTB é: Uma cópia da Bíblia Fiel ®️ para cada pessoa. Ajude-nos a cumprir nossa Missão!
1 DIE koning se hart is in die hand van die Here soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.
2 Elke weg van 'n mens is reg in sy oë, maar die Here toets die harte.
3 Om geregtigheid en reg te doen, is vir die Here verkiesliker as offers.
4 Hoogheid van oë en trotsheid van hart — die glans van die goddelose is sonde.
5 Die planne van die vlytige is net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is, kom net tot gebrek.
6 Die verwerwing van skatte deur 'n valse tong is 'n verwaaide asem — dodelike valstrikke.
7 Die gewelddadigheid van die goddelose sleep hulle weg, want hulle weier om reg te doen.
8 Gekronkeld is die weg van 'n skuldige mens; maar die reine — sy handeling is reg.
9 Dit is beter om op die hoek van 'n dak te woon as by 'n twisgierige vrou en 'n gemeenskaplike huis.
10 Die siel van die goddelose begeer die kwaad; sy naaste vind in sy oë geen genade nie.
11 As 'n mens 'n spotter straf, word die eenvoudige bedagsaam; en as 'n mens 'n wyse onderrig, neem hy self kennis aan.
12 Die regverdige let op die huis van die goddelose; Hy stort die goddelose in die ongeluk.
13 Wie sy oor toestop vir die geskreeu van die arme, hy sal self ook roep en nie verhoor word nie.
14 'n Geskenk in die geheim bring die toorn tot bedaring en 'n geskenk in die skoot die heftige woede.
15 Vreugde is dit vir die regverdige om reg te doen, maar 'n verskrikking vir die werkers van ongeregtigheid.
16 'n Mens wat afdwaal van die pad van verstand, sal in die vergadering van die skimme rus.
17 Wie van vrolikheid hou, is 'n man van gebrek; hy wat van wyn en olie hou, sal nie ryk word nie.
18 Die goddelose is 'n losprys vir die regverdige, en in die plek van die opregtes kom die ontroue.
19 Dit is beter om in 'n woeste land te woon as by 'n twisgierige vrou en ergernis.
20 'n Kosbare skat en olie is in die woning van die regverdige, maar 'n dwase mens bring dit deur.
21 Wie geregtigheid en weldadigheid najaag, sal die lewe, geregtigheid en eer vind.
22 Die wyse beklim die stad van die helde en gooi die vesting neer waar dit op vertrou.
23 Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede.
24 'n Vermetele, 'n trotsaard word 'n spotter genoem, een wat in oormaat van vermetelheid handel.
25 Die begeerte van die luiaard sal hom doodmaak, want sy hande weier om te werk;
26 die hele dag deur word daar dringend begeer, maar die regverdige gee en hou nie terug nie.
27 Die offer van die goddelose is 'n gruwel; hoeveel te meer as hulle dit met skandelike bedoeling bring.
28 'n Leuenagtige getuie kom om; maar 'n man wat goed toeluister, spreek vir altyd.
29 Die goddelose trek 'n onbeskaamde gesig, maar die opregte gee aan sy weë die regte rigting.
30 Daar is geen wysheid, en daar is geen verstand, en daar is geen raad teenoor die Here nie.
31 Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die Here.