1 Maar Job het geantwoord en gesê:
2 Luister goed na my rede, en laat dit die vertroostinge wees wat julle aanbied.
3 Verdra my, dat ek ook kan spreek; en nadat ek gespreek het, kan jy spot.
4 Wat my aangaan, geld my geklaag dan 'n mens? Of waarom sou ek nie ongeduldig word nie?
5 Kyk my aan, en wees verskrik; en lê die hand op die mond.
6 Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan.
7 Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag?
8 Hulle nakomelinge bestaan voor hulle in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë.
9 Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roede van God is op hulle nie.
10 Sy stier bespring en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie.
11 Hulle laat hul jong seuns loop soos 'n trop kleinvee, en hul kinders spring rond.
12 Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit.
13 In voorspoed slyt hulle hul dae, en in 'n oomblik sink hulle in die doderyk af.
14 Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie.
15 Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?
17 Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle! Deel Hy smarte uit in sy toorn,
18 word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormwind wegvoer?
19 Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel!
20 Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en s,lf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige.
21 Want wat gee hy om sy huis n hom as die getal van sy maande afgesny is?
22 Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel?
23 Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede.
24 Sy emmers is vol melk, en die murg van sy gebeente word deur en deur bevogtig.
25 Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het.
26 Saam lê hulle in die stof, en die wurms oordek hulle.
27 Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teen my optree.
28 As julle sê: Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die goddelose --
29 het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie hulle bewyse kan julle tog nie loën nie!:
30 dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid?
31 Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel -- wie sal hom dit vergeld?
32 Dan word hy na die graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel.
33 Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het.
34 Hoe troos julle my dan op so 'n nietige manier? En julle antwoorde -- net troubreuk bly oor!
1 Then Job answered and said,
2 Hear diligently my speech;
And let this be your consolations.
3 Suffer me, and I also will speak;
And after that I have spoken, mock on.
4 As for me, is my complaint to man?
And why should I not be impatient?
5 Mark me, and be astonished,
And lay your hand upon your mouth.
6 Even when I remember I am troubled,
And horror taketh hold on my flesh.
7 Wherefore do the wicked live,
Become old, yea, wax mighty in power?
8 Their seed is established with them in their sight,
And their offspring before their eyes.
9 Their houses are safe from fear,
Neither is the rod of God upon them.
10 Their bull gendereth, and faileth not;
Their cow calveth, and casteth not her calf.
11 They send forth their little ones like a flock,
And their children dance.
12 They sing to the timbrel and harp,
And rejoice at the sound of the pipe.
13 They spend their days in prosperity,
And in a moment they go down to Sheol.
14 And they say unto God, Depart from us;
For we desire not the knowledge of thy ways.
15 What is the Almighty, that we should serve him?
And what profit should we have, if we pray unto him?
16 Lo, their prosperity is not in their hand:
The counsel of the wicked is far from me.
17 How oft is it that the lamp of the wicked is put out?
That their calamity cometh upon them?
That God distributeth sorrows in his anger?
18 That they are as stubble before the wind,
And as chaff that the storm carrieth away?
19 Ye say, God layeth up his iniquity for his children.
Let him recompense it unto himself, that he may know it:
20 Let his own eyes see his destruction,
And let him drink of the wrath of the Almighty.
21 For what careth he for his house after him,
When the number of his months is cut off?
22 Shall any teach God knowledge,
Seeing he judgeth those that are high?
23 One dieth in his full strength,
Being wholly at ease and quiet:
24 His pails are full of milk,
And the marrow of his bones is moistened.
25 And another dieth in bitterness of soul,
And never tasteth of good.
26 They lie down alike in the dust,
And the worm covereth them.
27 Behold, I know your thoughts,
And the devices wherewith ye would wrong me.
28 For ye say, Where is the house of the prince?
And where is the tent wherein the wicked dwelt?
29 Have ye not asked wayfaring men?
And do ye not know their evidences,
30 That the evil man is reserved to the day of calamity?
That they are led forth to the day of wrath?
31 Who shall declare his way to his face?
And who shall repay him what he hath done?
32 Yet shall he be borne to the grave,
And men shall keep watch over the tomb.
33 The clods of the valley shall be sweet unto him,
And all men shall draw after him,
As there were innumerable before him.
34 How then comfort ye me in vain,
Seeing in your answers there remaineth only falsehood?