1 Ek het 'n verbond gesluit met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op 'n jonkvrou?

2 Wat tog is die lot wat God daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit die hoogtes --

3 is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie?

4 Sien Hy nie my weë nie, en tel Hy nie al my voetstappe nie?

5 As ek met leuens omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog:

6 laat Hy my dan weeg op 'n regte weegskaal, sodat God my onskuld kan weet!

7 As my gang afgewyk het van die weg en my hart agter my oë aangegaan het en aan my hande 'n vlek gekleef het --

8 laat my dan saai en iemand anders eet, en laat my uitspruitsels ontwortel word.

9 As my hart verlok was oor 'n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste --

10 laat dan my vrou vir iemand anders maal en ander hulle oor haar buig.

11 Want dit is 'n skandelike daad, en dit is 'n strafbare misdaad.

12 Ja, dit is 'n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbrings sou ontwortel.

13 As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle 'n geskil met my gehad het --

14 wat sou ek dan doen as God opstaan? En wat Hom antwoord as Hy ondersoek doen?

15 Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En het Een ons nie in die geboorte toeberei nie?

16 As ek die armes 'n versoek geweier het en die oë van die weduwee laat versmag het

17 en my stukkie brood alleen geëet het sonder om die wees daarvan te laat saameet;

19 as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie;

20 as sy lendene my nie geseënen hy hom nie warm gemaak het van die skeersel van my lammers nie;

21 as ek my hand teen 'n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het --

22 laat dan my skouer uit sy gewrig val en my arm van sy pyp afgebreek word.

23 Want die ondergang wat God bewerk, was 'n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig.

24 As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue!

25 As ek bly gewees het, omdat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het;

26 as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan,

27 en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle 'n kus toegewerp het --

28 ook dit sou 'n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het.

29 As ek bly was oor die ongeluk van my hater en uitgejubel het toe onheil hom getref het;

31 as die mense in my tent nie gesê het: Wie kan iemand vind wat van sy vleesspys nie versadig is nie?

33 as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek,

34 omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie!

35 Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening laat die Almagtige my antwoord! en die skrif wat my teëparty geskrywe het!

36 Waarlik, op my skouer sou ek dit dra; ek sou dit my ombind as 'n krans.

37 Die getal van my voetstappe sou ek Hom te kenne gee; as 'n vors sou ek na Hom toe aankom.

38 As my saailand my aanklaag en sy vore almal saam ween;

39 as ek sy opbrings geëet het sonder betaling en die lewe van sy eienaars uitgeblaas het --

40 laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars. Hier eindig die woorde van Job.

1 I made a covenant with mine eyes;

How then should I look upon a virgin?

2 For what is the portion from God above,

And the heritage from the Almighty on high?

3 Is it not calamity to the unrighteous,

And disaster to the workers of iniquity?

4 Doth not he see my ways,

And number all my steps?

5 If I have walked with falsehood,

And my foot hath hasted to deceit

6 (Let me be weighed in an even balance,

That God may know mine integrity);

7 If my step hath turned out of the way,

And my heart walked after mine eyes,

And if any spot hath cleaved to my hands:

8 Then let me sow, and let another eat;

Yea, let the produce of my field be rooted out.

9 If my heart hath been enticed unto a woman,

And I have laid wait at my neighbor’s door;

10 Then let my wife grind unto another,

And let others bow down upon her.

11 For that were a heinous crime;

Yea, it were an iniquity to be punished by the judges:

12 For it is a fire that consumeth unto Destruction,

And would root out all mine increase.

13 If I have despised the cause of my man-servant or of my maid-servant,

When they contended with me;

14 What then shall I do when God riseth up?

And when he visiteth, what shall I answer him?

15 Did not he that made me in the womb make him?

And did not one fashion us in the womb?

16 If I have withheld the poor from their desire,

Or have caused the eyes of the widow to fail,

17 Or have eaten my morsel alone,

And the fatherless hath not eaten thereof

18 (Nay, from my youth he grew up with me as with a father,

And her have I guided from my mother’s womb);

19 If I have seen any perish for want of clothing,

Or that the needy had no covering;

20 If his loins have not blessed me,

And if he hath not been warmed with the fleece of my sheep;

21 If I have lifted up my hand against the fatherless,

Because I saw my help in the gate:

22 Then let my shoulder fall from the shoulder-blade,

And mine arm be broken from the bone.

23 For calamity from God is a terror to me,

And by reason of his majesty I can do nothing.

24 If I have made gold my hope,

And have said to the fine gold, Thou art my confidence;

25 If I have rejoiced because my wealth was great,

And because my hand had gotten much;

26 If I have beheld the sun when it shined,

Or the moon walking in brightness,

27 And my heart hath been secretly enticed,

And my mouth hath kissed my hand:

28 This also were an iniquity to be punished by the judges;

For I should have denied the God that is above.

29 If I have rejoiced at the destruction of him that hated me,

Or lifted up myself when evil found him

30 (Yea, I have not suffered by mouth to sin

By asking his life with a curse);

31 If the men of my tent have not said,

Who can find one that hath not been filled with his meat?

32 (The sojourner hath not lodged in the street;

But I have opened my doors to the traveller);

33 If like Adam I have covered my transgressions,

By hiding mine iniquity in my bosom,

34 Because I feared the great multitude,

And the contempt of families terrified me,

So that I kept silence, and went not out of the door—

35 Oh that I had one to hear me!

(Lo, here is my signature, let the Almighty answer me)

And that I had the indictment which mine adversary hath written!

36 Surely I would carry it upon my shoulder;

I would bind it unto me as a crown:

37 I would declare unto him the number of my steps;

As a prince would I go near unto him.

38 If my land crieth out against me,

And the furrows thereof weep together;

39 If I have eaten the fruits thereof without money,

Or have caused the owners thereof to lose their life:

40 Let thistles grow instead of wheat,

And cockle instead of barley.

The words of Job are ended.