1 'n Lied, 'n Psalm van die kinders van Korag, Vir die musiekleier; op die wysie van: "M halat leannot." 'n Onderwysing van Heman, die Esrahiet.2 HERE, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.3 Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking.4 Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk.5 Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos 'n man sonder krag,6 vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand.7 U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes.8 U grimmigheid rus op my, en U druk my neer met al u golwe. Sela.9 U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.10 My oog vergaan van ellende. HERE, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit.11 Kan U aan die dooies 'n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela.12 Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering?13 Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid?14 Maar ,k, HERE, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.15 HERE, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?16 Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos.17 U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my;18 die hele dag omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my. [ (Psalms 88:19) U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis. ]
1 Cantique. Psaume des fils de Koré. Au chef des chantres. Pour chanter sur la flûte. Cantique d'Héman, l'Ezrachite. Eternel, Dieu de mon salut! Je crie jour et nuit devant toi.2 Que ma prière parvienne en ta présence! Prête l'oreille à mes supplications!3 Car mon âme est rassasiée de maux, Et ma vie s'approche du séjour des morts.4 Je suis mis au rang de ceux qui descendent dans la fosse, Je suis comme un homme qui n'a plus de force.5 Je suis étendu parmi les morts, Semblable à ceux qui sont tués et couchés dans le sépulcre, A ceux dont tu n'as plus le souvenir, Et qui sont séparés de ta main.6 Tu m'as jeté dans une fosse profonde, Dans les ténèbres, dans les abîmes.7 Ta fureur s'appesantit sur moi, Et tu m'accables de tous tes flots. Pause.8 Tu as éloigné de moi mes amis, Tu m'as rendu pour eux un objet d'horreur; Je suis enfermé et je ne puis sortir.9 Mes yeux se consument dans la souffrance; Je t'invoque tous les jours, ô Eternel! J'étends vers toi les mains.10 Est-ce pour les morts que tu fais des miracles? Les morts se lèvent-ils pour te louer? Pause.11 Parle-t-on de ta bonté dans le sépulcre, De ta fidélité dans l'abîme?12 Tes prodiges sont-ils connus dans les ténèbres, Et ta justice dans la terre de l'oubli?13 O Eternel! j'implore ton secours, Et le matin ma prière s'élève à toi.14 Pourquoi, Eternel, repousses-tu mon âme? Pourquoi me caches-tu ta face?15 Je suis malheureux et moribond dès ma jeunesse, Je suis chargé de tes terreurs, je suis troublé.16 Tes fureurs passent sur moi, Tes terreurs m'anéantissent;17 Elles m'environnent tout le jour comme des eaux, Elles m'enveloppent toutes à la fois.18 Tu as éloigné de moi amis et compagnons; Mes intimes ont disparu.