Pular para o conteúdo
Publicidade

Mateus 14

OTTT

Die onthoofding van Johannes die Doper.

1 EN in daardie tyd het Herodes, die viervors, die gerug van Jesus gehoor

2 en aan sy knegte gesê: Hierdie man is Johannes die Doper. Hy het uit die dode opgestaan, en daarom werk dié kragte in hom.

3 Want Herodes het Johannes gevang, hom geboei en in die gevangenis gesit vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer.

4 Want Johannes het vir hom gesê: Dit is u nie geoorloof om haar te nie.

5 En hoewel hy hom wou doodmaak, het hy die skare gevrees, omdat hulle hom vir 'n profeet gehou het.

6 Maar by die viering van die verjaarsdag van Herodes het die dogter van Heródias voor hulle gedans en Herodes behaag.

7 Daarom het hy met 'n eed beloof om haar enigiets te gee wat sy sou vra.

8 Toe sy, nadat sy deur haar moeder aangehits was: Gee my hier op 'n skottel die hoof van Johannes die Doper.

9 En die koning het treurig geword, maar ter wille van die eed en die feesgenote het hy beveel dat dit gegee moes word.

10 En hy het gestuur en Johannes in die gevangenis onthoof.

11 Sy hoof is toe op 'n skottel gebring en aan die meisie gegee, en sy het dit na haar moeder gebring.

12 En sy dissipels het gekom en sy liggaam weggeneem en dit begrawe; en hulle het gegaan en dit aan Jesus vertel.

13 En toe Jesus dit hoor, het Hy daarvandaan in 'n skuit vertrek na 'n verlate plek alleen. En die skare het dit gehoor en Hom van die stede af te voet gevolg.

Eerste vermeerdering van die brode.

14 EN toe Jesus uitgaan, het Hy 'n groot skare gesien en innig jammer vir hulle gevoel, en Hy het hulle siekes gesond gemaak.

15 En toe dit aand geword het, kom sy dissipels na Hom en : Die plek is verlate, en dit is al oor die tyd; stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe kan gaan en vir hulle voedsel koop.

16 Maar Jesus vir hulle: Hulle hoef nie weg te gaan nie; gee julle vir hulle iets om te eet.

17 Maar hulle antwoord Hom: Ons het hier net vyf brode en twee visse.

18 En Hy : Bring dit hier vir My.

19 Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit; en Hy neem die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan die dissipels en die dissipels aan die skare.

20 En almal het geëet en versadig geword, en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, twaalf mandjies vol.

21 En dit was omtrent vyfduisend manne wat geëet het, buiten die vroue en kinders.

Jesus loop op die see.

22 EN Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur.

23 En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.

24 En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle.

25 Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see.

26 En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en : Dit is 'n spook! En hulle het geskreeu van vrees.

27 Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie.

28 En Petrus antwoord Hom en : Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.

29 En Hy : Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.

30 Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en : Here, red my!

31 En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?

32 Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan .

33 Toe kom die wat in die skuit was, en val voor Hom neer en : Waarlik, U is die Seun van God!

34 En hulle het oorgevaar en in die land Gennésaret gekom.

35 En die manne van daardie plek het Hom herken en in daardie hele omtrek uitgestuur en almal wat ongesteld was, na Hom gebring;

36 en hulle het Hom gesmeek dat hulle net maar die soom van sy kleed mag aanraak; en almal wat dit aangeraak het, het gesond geword.

Yahyaʼnın ölümü

1 O arada bölge Kralı Hirodes İsa hakkındaki haberi duydu. 2 Adamlarına şöyle dedi: "Bu Vaftizci Yahyaʼdır! Ölümden dirildi! İşte o yüzden bu mucizeleri yapma gücüne sahip."

3 Hirodes, kardeşi Filipusʼun karısı Hirodiya yüzünden Yahyaʼyı yakalatıp bağlamış ve hapishaneye atmıştı. 4 Çünkü Yahya ona şöyle derdi: "Kardeşinin karısıyla birleşmen Tevratʼa aykırıdır." 5 Aslında Hirodes Yahyaʼyı öldürtmek istiyordu, ama halkın tepkisinden korkuyordu. Çünkü onlar Yahyaʼyı peygamber sayıyorlardı.

6 Hirodesʼin doğum günü gelince, Hirodiyaʼnın kızı ortaya çıkıp göbek attı. Bu da Hirodesʼin hoşuna gitti. 7 Yemin ederek her ne dilerse ona vereceğine söz verdi. 8 Kız annesinin kışkırtmasıyla şöyle dedi: "Bana bir tepsi üzerinde Vaftizci Yahyaʼnın kafasını getir." 9 Kral buna üzüldü. Ama sofra başındaki misafirlerin önünde yemin etmişti. Bu yüzden dileğin yerine getirilmesini buyurdu. 10 Haber yollayıp hapishanede Yahyaʼnın kafasını kestirdi. 11 Kafayı tepsi üzerinde getirip kıza verdiler, kız da onu annesine götürdü. 12 Yahyaʼnın öğrencileri geldiler ve Yahyaʼnın cesedini alıp gömdüler. Sonra gidip İsaʼya haber verdiler.

İsa, beş bin kişiyi doyuruyor

13 İsa bunu işitince oradan çekildi. Öğrencileriyle baş başa kalmak için tekneyle ıssız bir yere gitti. Halk bunu öğrenince kasabalardan çıkıp karadan yürüyerek İsaʼnın ardından gitti. 14 İsa tekneden inince büyük bir kalabalık gördü. Onlara acıdı ve onların hastalarını iyileştirdi.

15 Akşam olunca öğrencileri Oʼnun yanına gelip şöyle dediler: "Burası ıssız bir yer, hem de vakit çok ilerledi. Halkı gönder de, etraftaki köylere gitsinler, kendilerine yiyecek alsınlar."

16 Ama İsa onlara, "Gitmeleri lazım değil. Onlara siz yiyecek verin!" dedi.

17 İsaʼya, "Burada yalnız beş ekmekle iki balığımız var" dediler.

18 İsa, "Onları bana buraya getirin" dedi. 19 Halka çayırlığa oturmalarını emretti. Sonra beş ekmekle iki balığı aldı, gözlerini göğe kaldırarak şükretti. Ekmekleri bölüp öğrencilerine verdi. Öğrencileri de ekmekleri halka dağıttılar. 20 Herkes yiyip doydu. Artakalan parçaları topladılar ve onlarla on iki sepet doldurdular. 21 Kadın ve çocukların dışında yemek yiyen aşağı yukarı beş bin kişi vardı.

İsa, su üstünde yürüyor

22 İsa hemen öğrencilerine tekneye bindirdi. Onları kendisinden önce gölün öbür tarafına gönderdi. O arada halkı evlerine gönderecekti. 23 Halkı yolcu ettikten sonra, dua etmek için tek başına bir tepeye çıktı. Akşam olunca orada yalnız kaldı. 24 Tekne ise, karadan epey uzakta, dalgalarla boğuşuyordu. Çünkü rüzgar karşı yönden esiyordu.

25 Sabaha doğru İsa gölün üstünde yürüyüp onlara yaklaştı. 26 Öğrenciler Oʼnun gölün üstünde yürüdüğünü görünce dehşete kapıldılar. "Bu bir hayalettir!" diye korkudan bağırmaya başladılar.

27 İsa ise hemen onlara, "Rahat olun! Benim! Korkmayın!" dedi.

28 Petrus Oʼna şöyle cevap verdi: "Efendimiz eğer sensen, bana buyruk ver de, su üstünde yürüyerek sana geleyim."

29 İsa, "Gel" dedi.

Petrus tekneden inip suyun üzerinde yürüdü ve İsaʼya doğru ilerledi. 30 Ama güçlü rüzgarı fark edince, korktu ve batmaya başladı. "Efendimiz, kurtar beni!" diye bağırdı.

31 İsa hemen elini uzatıp onu tuttu ve, "Ey kıt imanlı adam! Niçin şüphe ettin?" dedi.

32 Tekneye bindiler ve rüzgar dindi. 33 Teknedekiler İsaʼya tapındılar. "Sen gerçekten Allahʼın Oğluʼsun!" dediler.

İsa Ginnesarʼda

34 Gölü geçip, Ginnesar taraflarında karaya vardılar. 35 Oranın halkı İsaʼyı tanıdı. Hemen etraftaki bölgelere haber yolladılar. İsaʼya hasta olan herkesi getirdiler. 36 Hastalar İsaʼnın sadece elbisesinin eteğine dokunabilmek için yalvardılar. Oʼna dokunan herkes şifa buldu.

Veja também