Die selfmoord van Judas.
1 EN toe dit dag geword het, het al die owerpriesters en die ouderlinge van die volk saam raad gehou teen Jesus om Hom dood te maak.
2 En hulle het Hom geboei en weggelei en Hom oorgelewer aan Pontius Pilatus, die goewerneur.
3 Daarna het Judas, sy verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, berou gekry en die dertig silwerstukke teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge
4 en gesê: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien!
5 En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang.
6 En die owerpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: Dit is nie geoorloof om dit in die skatkis te stort nie, omdat dit bloedgeld is.
7 En nadat hulle saam raad gehou het, het hulle die stuk grond van die pottebakker daarmee gekoop as 'n begraafplaas vir vreemdelinge.
8 Daarom is dié stuk grond genoem Bloedgrond, tot vandag toe.
9 Toe is vervul wat gespreek is deur Jeremia, die profeet, toe hy gesê het: En hulle het die dertig silwerstukke geneem, die prys van die gewaardeerde wat hulle gewaardeer het vanweë die kinders van Israel;
10 en hulle het dit gegee vir die grond van die pottebakker, soos die Here my beveel het.
Jesus voor Pilatus.
11 EN Jesus het voor die goewerneur gestaan, en die goewerneur het Hom die vraag gestel en gesê: Is U die Koning van die Jode? En Jesus antwoord hom: U sê dit.
12 En terwyl Hy deur die owerpriesters en die ouderlinge beskuldig word, het Hy niks geantwoord nie.
13 Toe sê Pilatus vir Hom: Hoor U nie hoe baie dinge hulle teen U getuig nie?
14 En Hy het hom op geen enkele woord geantwoord nie, sodat die goewerneur hom baie verwonder het.
15 En op die fees was die goewerneur gewoond om een gevangene, die een wat hulle wou hê, vir die skare los te laat.
16 En in daardie tyd het hulle 'n berugte gevangene gehad met die naam van Barábbas.
17 Nadat hulle dan byeengekom het, sê Pilatus vir hulle: Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat: Barábbas, of Jesus wat genoem word Christus?
18 Want hy het geweet dat hulle Hom uit nydigheid oorgelewer het.
19 En terwyl hy op die regbank sit, het sy vrou na hom gestuur en gesê: Moet tog niks te doen hê met dié regverdige man nie, want ek het vandag in 'n droom baie gely om sy ontwil.
20 Maar die owerpriesters en die ouderlinge het die skare oorgehaal dat hulle Barábbas moes begeer en Jesus ombring.
21 Toe antwoord die goewerneur en sê vir hulle: Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle loslaat? En hulle antwoord: Barábbas!
22 Pilatus sê vir hulle: Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus? Hulle sê almal vir hom: Laat Hom gekruisig word!
23 En die goewerneur sê: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Maar hulle skreeu nog harder en sê: Laat Hom gekruisig word!
24 En toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien!
25 En die hele volk antwoord en sê: Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!
26 Toe laat hy vir hulle Barábbas los, maar Jesus het hy laat gésel en oorgelewer om gekruisig te word.
27 Daarop neem die soldate van die goewerneur Jesus met hulle saam in die goewerneur se paleis en bring die hele leërafdeling teen Hom bymekaar.
28 Toe trek hulle sy klere uit en werp 'n rooi mantel om Hom;
29 en hulle vleg 'n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en 'n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode!
30 En hulle spuug op Hom en neem die riet en slaan Hom op sy hoof.
31 En nadat hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die mantel uit en trek Hom sy klere aan en lei Hom weg om gekruisig te word.
Die kruisiging.
32 EN toe hulle uitgaan, kry hulle 'n man van Ciréne, met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om sy kruis te dra.
33 En hulle het gekom op 'n plek wat Gólgota genoem word — dit beteken: Plek van die Hoofskedel —
34 en vir Hom asyn, met gal gemeng, gegee om te drink; en toe Hy dit proe, wou Hy nie drink nie.
35 En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp, sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad die lot gewerp.
36 En hulle het gaan sit en Hom daar bewaak.
37 En bokant sy hoof het hulle sy beskuldiging in skrif opgestel: DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE.
38 Toe word daar saam met Hom twee rowers gekruisig, een aan die regter- en een aan die linkerkant.
39 En die verbygangers het Hom gesmaad terwyl hulle hul hoofde skud
40 en sê: U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom af van die kruis!
41 En so het ook die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes en ouderlinge gespot en gesê:
42 Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie. As Hy die Koning van Israel is, laat Hom nou van die kruis afkom, en ons sal in Hom glo.
43 Hy het op God vertrou; laat Hy Hom nou verlos as Hy behae in Hom het; want Hy het gesê: Ek is die Seun van God.
44 En op dieselfde manier het die rowers wat saam met Hom gekruisig was, Hom ook beledig.
45 En van die sesde uur af het daar duisternis gekom oor die hele aarde tot die negende uur toe;
46 en omtrent die negende uur het Jesus met 'n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
47 En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: Hy roep Elía.
48 Toe hardloop daar dadelik een van hulle en neem 'n spons en maak dit vol asyn, en sit dit op 'n riet en laat Hom drink.
49 Maar die ander sê: Wag, laat ons sien of Elía kom om Hom te verlos.
50 Daarop het Jesus weer met 'n groot stem geroep en die gees gegee.
51 En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur;
52 en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan.
53 En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn.
54 En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.
55 En daar was baie vroue wat dit van ver af aanskou het, wat vir Jesus van Galiléa af gevolg en Hom gedien het.
56 Onder hulle was daar Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Jakobus en Joses, en die moeder van die seuns van Sebedéüs.
Die begrafnis van Jesus.
57 EN toe dit aand geword het, het daar 'n ryk man van Arimathéa gekom met die naam van Josef, wat self ook 'n dissipel van Jesus was.
58 Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Toe beveel Pilatus dat die liggaam afgegee moes word.
59 En Josef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai
60 en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy 'n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.
61 En Maria Magdaléna was daar en die ander Maria, en hulle het reg voor die graf gesit.
62 Die volgende dag — dit is die dag ná die voorbereiding — kom die owerpriesters en die Fariseërs by Pilatus saam
63 en sê: My heer, ons herinner ons dat dié verleier, toe hy in die lewe was, gesê het: Oor drie dae staan ek op.
64 Gee dan bevel dat die graf verseker word tot die derde dag toe, dat sy dissipels nie miskien in die nag kom en Hom steel nie, en vir die volk sê: Hy het opgestaan uit die dode. En die laaste dwaling sal erger wees as die eerste.
65 Daarop sê Pilatus vir hulle: Julle sal 'n wag kry; gaan verseker dit soos julle dit verstaan.
66 En hulle het gegaan en die graf verseker deur die steen te verseël in teenwoordigheid van die wag.
Yahuda kendini asıyor
1 Sabah olunca, başrahipler ve halkın liderleri, İsaʼyı ölüm cezasına çarptırmak için anlaştılar. 2 Oʼnu bağlayıp götürdüler ve Vali Pilatusʼa teslim ettiler.
3 İsaʼya ihanet eden Yahuda İsaʼnın ölüm cezasına çarptırıldığını görünce yaptığına pişman oldu. Otuz gümüş parayı alıp başrahiplere ve halkın liderlerine geri götürdü. 4 "Günah işledim" dedi. "Suçsuz bir adama ihanet ettim!"
Onlarsa şöyle karşılık verdiler: "Bundan bize ne? Onu sen düşün."
5 Yahuda parayı tapınağın içine fırlattı ve oradan ayrıldı. Sonra gidip kendini astı.
6 Başrahipler parayı alıp şöyle dediler: "Bu para kan parasıdır. Onu tapınak hazinesine koymak Tevratʼa uygun değildir." 7 Sonra aralarında anlaşarak o parayla Çömlekçi Tarlasıʼnı satın aldılar. Orada yabancılar için bir mezarlık yapacaklardı. 8 Bunun için o tarlanın adı bugüne kadar Kan Tarlası diye kaldı. 9 O vakit Allahʼın peygamber Yeremya aracılığıyla söylediği şu söz yerine geldi: "İsrailoğulları otuz gümüşü aldılar, bir insana biçtikleri değer buydu. 10 Rabbin bana buyurduğu gibi, bu parayla çömlekçinin tarlasını satın aldılar."27:10 Bakınız Zekeriya 11:12,13; Yeremya 19:1-13; 32:6-9 ayetlerine.
İsa Vali Pilatusʼun önünde
11 İsa, valinin önüne götürüldü. O da İsaʼyı sorguya çekti: "Sen Yahudilerin Kralı mısın?"
İsa da, "Bunu sen söylüyorsun" dedi.
12 Başrahipler ve halkın liderleri Oʼnu suçladılar. Ama İsa hiç karşılık vermedi.
13 Sonra Pilatus Oʼna şöyle dedi: "Sana karşı yapılan bunca şahitliği duymuyor musun?"
14 Ama İsa tek bir suçlamaya bile cevap vermedi. Vali buna çok şaştı.
15 Valinin bir adeti vardı: her yıl Özgürlük Bayramıʼnda halkın istediği bir tutukluyu serbest bırakırdı. 16 O günlerde Barabba27:16 Barabba Bazı Grekçe el yazmalarında adamın adı "İsa Barabba" diye geçer. Barabba babanın oğlu demektir. adında çok tanınmış bir tutuklu vardı. 17 Halk bir araya geldikten sonra, Pilatus onlara sordu: "Kimi serbest bırakmamı istersiniz: Barabbaʼyı mı, yoksa Mesih denilen İsaʼyı mı?" 18 Pilatus, başrahipler ve halkın liderlerinin İsaʼyı kıskandıkları için Oʼnu kendisine teslim ettiklerini biliyordu.
19 Pilatus yargı yerinde otururken, karısı ona şu haberi yolladı: "O adam suçsuzdur. Sakın bu işe karışma. Dün gece Oʼnun hakkında bir rüya gördüm. Bu rüya yüzünden çok acı çektim."
20 Başrahipler ve halkın liderleri, Barabbaʼnın serbest bırakılması ve İsaʼnın öldürülmesini istesinler diye kalabalığı kandırdılar.
21 Ama Pilatus kalabalığa şunu sordu: "Ne istersiniz? Bu iki adamdan hangisini serbest bırakayım?"
Onlar da "Barabbaʼyı" dediler.
22 Pilatus, "Öyleyse, Mesih denilen İsaʼyla ne yapayım?" diye sordu.
Hepsi, "Çarmıha gerilsin!" dediler.
23 Pilatus sordu: "Adam ne kötülük yaptı ki?"
Ama seslerini daha da fazla yükselterek, "Çarmıha gerilsin!" diye bağırdılar.
24 Pilatus durumu değiştiremeyeceğini anladı. Tam tersine halk ayaklanmaya başlıyordu. Pilatus su alıp halkın önünde ellerini yıkadı ve şöyle dedi: "Bu adamın kanından ben sorumlu değilim. Gerisi size kalmış."
25 Halk da şöyle cevap verdi: "Oʼnun kanı bizim ve evlatlarımızın üzerinde olsun!"
26 Sonra Pilatus Barabbaʼyı serbest bıraktı. İsaʼyı ise, kamçılattı ve çarmıha gerilsin diye askerlere teslim etti.
Askerler İsaʼyı aşağılıyor
27 Valinin askerleri İsaʼyı alıp Pretoriyum denen vali sarayına götürdüler. Bütün asker bölüğünü İsaʼnın etrafına topladılar. 28 Oʼnun elbiselerini çıkarıp üstüne kırmızı bir kaftan attılar. 29 Dikenlerden bir taç örüp başına koydular. Sağ eline bir sopa verdiler. Oʼnunla alay etmek için, önünde diz çöküp, "Yaşasın Yahudilerin kralı!" dediler. 30 Üzerine tükürdüler, sopayı alıp başına vurdular. 31 İsaʼyla alay ettikten sonra üzerinden kaftanı çıkarıp kendi elbiselerini giydirdiler. Sonra Oʼnu çarmıha germeye götürdüler.
İsa çarmıha geriliyor
32 Onlar şehirden çıkarken, Simun adında Kireneli bir adam buldular. Onu İsaʼnın çarmıhını taşımaya zorladılar. 33 Golgota denilen yere geldiler. Bu ad kafatası yeri anlamına gelir. 34 İsaʼya öd denilen acı ilaçla karıştırılmış şarap verdiler. Ama İsa şarabı tadınca içmek istemedi. 35 İsaʼyı çarmıha gerdiler. Kura çekerek elbiselerini aralarında paylaştılar. 36 Sonra oraya oturup İsaʼnın yanında nöbet tuttular. 37 Başının üzerine Oʼnu suçlayan bir yazı astılar: "Bu, Yahudilerin Kralı İsaʼdır."
38 İki haydut İsaʼyla aynı zamanda çarmıha gerildi. Biri sağındaki, öbürü solundaki çarmıhtaydı. 39 Oradan geçenler başlarını sallayıp İsaʼya hakaret ettiler. 40 Şöyle dediler: "Hani tapınağı yıkıp üç günde yeniden kuracaktın! Kendini kurtar bakalım. Eğer Allahʼın Oğluʼysan çarmıhtan in!"
41 Bunun gibi, başrahipler, Tevrat uzmanları ve halkın liderleri İsaʼyla alay ettiler: 42 "Başkalarını kurtardı ama kendini kurtaramıyor! O İsrailʼin Kralı imiş! Şimdi çarmıhtan insin de, Oʼna iman edelim. 43 Allahʼa güveniyormuş. ‘Allahʼın Oğlu benim’ derdi. Eğer Allah Oʼnu seviyorsa, şimdi kurtarsın bakalım!" 44 İsaʼyla birlikte çarmıha gerilmiş haydutlar da Oʼnu aşağıladılar.
İsaʼnın ölümü
45 Öğleyin saat on ikiden saat üçe kadar bütün ülkenin üzerine karanlık çöktü. 46 Saat üçe doğru İsa yüksek sesle şöyle bağırdı: "Eli, Eli, lema şevaktani?" Bu söz, "Allahım, Allahım, beni niçin terk ettin?"27:46 Mezmur 22:1 demektir.
47 Orada duranların bazıları bunu işitince "Bu adam İlyasʼı27:47 İlyas İbranicede Eli (Allahım) ile Eliyahu (İlyas) adlarının söyleyişi birbirine yakındır. çağırıyor" dediler.
48 Onlardan biri hemen koşup bir sünger aldı, onu ekşi şaraba27:48 Ekşi şaraba Sulandırılan bu ekşi şarap işçilerin ve askerlerin susuzluğunu gidermek için kullanılırdı. batırdı, süngeri bir kamışın ucuna taktı ve içmesi için İsaʼya uzattı. 49 Ama öbürleri, "Dur bakalım, İlyas gelip Oʼnu kurtaracak mı?" dediler.
50 İsa ise tekrar yüksek sesle bağırıp ruhunu teslim etti.
51 O anda tapınaktaki perde yukarıdan aşağıya kadar yırtılıp ikiye ayrıldı. Yer sarsıldı ve kayalar yarıldı. 52 Mezarlar açıldı ve Allahʼın kutsal halkından ölmüş olan birçok kişinin cesetleri dirildi. 53 Onlar İsaʼnın dirilişinden sonra mezarlarından çıkıp kutsal şehre27:53 Kutsal şehre Yeruşalimʼe (Kudüs). girdiler ve birçok kişiye göründüler.
54 İsaʼya bekçilik yapan yüzbaşı ve onun yanındaki adamlar deprem ve diğer olup bitenleri gördüler. Bu yüzden çok korktular ve şöyle dediler: "Bu adam gerçekten de Allahʼın Oğluʼydu!"
55 Olaylara uzaktan bakan birçok kadın da oradaydı. Bunlar, Celileʼden İsaʼnın peşinden gelip Oʼna hizmet etmişlerdi. 56 Kadınların arasında Mecdelli Meryem, Yakubʼun ve Yusufʼun annesi Meryem ve Zebedi oğullarının annesi vardı.
İsaʼnın mezara konulması
57 Akşam olunca, Aramatyalı Yusuf adında zengin bir adam geldi. Kendisi de İsaʼnın öğrencisiydi. 58 Bu adam Pilatusʼa gidip İsaʼnın ölüsünü istedi. Pilatus cesedin ona verilmesi için buyruk verdi. 59 Yusuf İsaʼnın cesedini alıp temiz bir keten beze sardı. 60 Yusuf kendisi için kayanın içine yeni bir mezar oydurmuştu. İsaʼnın cesedini oraya koydu. Mezarın kapısının önüne kocaman bir taş yuvarladı ve oradan ayrıldı. 61 Bu arada Mecdelli Meryem ve öteki Meryem oradaydı, mezarın karşısında oturuyorlardı.
62 Ertesi gün, yani Hazırlık Günüʼnden sonraki gün,27:62 Hazırlık Günüʼnden sonraki gün Yani, cumartesi günü. başrahipler ve Ferisiler toplanıp hep birlikte Pilatusʼa gittiler. 63 Şöyle dediler: "Efendimiz, şu yalancının daha hayattayken, ‘Üç gün sonra dirileceğim’ dediğini hatırlıyoruz. 64 Bu sebeple, buyruk ver ki, mezar üçüncü güne kadar koruma altına alınsın. Öğrencileri gelip ölüyü çalmasınlar, sonra da halka, ‘O, ölümden dirildi’ demesinler. Yoksa, son yalan ilkinden beter olacak."
65 Pilatus onlara şöyle dedi: "Buyurun, bir grup kollayıcı asker sizin olsun. Gidin, elinizden geldiği kadar mezarı koruma altına alın." 66 Gidip taşı mühürlediler, başına askerler diktiler. Böylece mezarı koruma altına aldılar.