Gelykenis van die bruilof.
1 EN Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê:
2 Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het
3 en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.
4 Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.
5 Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en 'n ander na sy handelsaak.
6 En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak.
7 Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.
8 Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.
9 Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.
10 En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.
11 En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie 'n bruilofskleed aan het nie.
12 En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.
13 Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.
Die vraag oor die belasting.
15 TOE gaan die Fariseërs saam raad hou hoe om Hom in sy woord te verstrik.
16 En hulle stuur hul dissipels saam met die Herodiane na Hom en sê: Meester, ons weet dat U waaragtig is en die weg van God in waarheid leer en U aan niemand steur nie, want U sien nie die persoon van mense aan nie —
17 sê dan vir ons, wat dink U: Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie?
18 Maar Jesus het hulle boosheid bemerk en gesê:
19 Geveinsdes, waarom versoek julle My? Wys My die belastingmunt. En hulle het vir Hom 'n penning gebring.
20 En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit?
21 Hulle antwoord Hom: Die keiser s’n. Daarop sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.
22 En toe hulle dit hoor, was hulle verwonderd en het Hom verlaat en weggegaan.
Die Sadduseërs en die opstanding.
23 DIESELFDE dag kom daar na Hom Sadduseërs, hulle wat sê dat daar geen opstanding is nie, en vra Hom
24 en sê: Meester, Moses het gesê: As iemand sonder kinders sterwe, moet sy broer sy vrou trou en kinders vir sy broer verwek.
25 Nou was daar by ons sewe broers, en die eerste het getrou en gesterwe; en omdat hy geen kinders gehad het nie, het hy sy vrou vir sy broer agtergelaat.
26 So ook die tweede en die derde tot die sewende toe.
27 En laaste van almal het die vrou ook gesterwe.
28 In die opstanding dan, van watter een van die sewe sal sy die vrou wees — want hulle almal het haar gehad?
29 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.
30 Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.
31 En wat die opstanding van die dode betref — het julle nie die woord gelees wat tot julle deur God gespreek is nie:
32 Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes.
33 En toe die skare dit hoor, was hulle verslae oor sy leer.
Die groot gebod.
34 EN toe die Fariseërs hoor dat Hy die Sadduseërs die mond gestop het, het hulle almal saam vergader.
35 En een van hulle, 'n wetgeleerde, het 'n vraag gestel om Hom te versoek en gesê:
36 Meester, wat is die groot gebod in die wet?
37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
38 Dit is die eerste en groot gebod.
39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
Die Christus, seun van Dawid.
41 EN toe die Fariseërs saamgekom het, vra Jesus hulle
42 en sê: Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy? Hulle antwoord Hom: Dawid s’n.
43 Hy sê vir hulle: Hoe is dit dan dat Dawid Hom in die Gees Here noem as hy sê:
44 Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete?
45 As Dawid Hom dan Here noem, hoe is Hy sy seun?
46 En niemand kon Hom 'n woord antwoord nie; ook het geeneen van daardie dag af dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.
Düğün benzetmesi
1 İsa tekrar halka benzetmeler anlatmaya başladı. Şöyle dedi: 2 "Göklerin Krallığı oğluna düğün yapan bir krala benzer. 3 Kral kölelerini gönderip düğüne davetli olanları çağırtmış. Ama gelmek istememişler.
4 Kral yine başka köleler gönderip onlara şöyle demiş: ‘Davetli olanlara şunu deyin: "İşte, ziyafetimi hazırladım, öküzlerimi ve besili danalarımı kestirdim. Artık her şey hazır, düğüne gelin." ’
5 Ama davetliler hiç kulak asmamışlar. Herkes kendi yoluna gitmiş. Birisi tarlasına, öbürü ticaretine dönmüş. 6 Geri kalanlar da kralın kölelerini yakalamış, aşağılamış ve öldürmüşler. 7 Kral öfkelenmiş. Ordularını gönderip o katilleri yok etmiş, şehirlerini de ateşe vermiş.
8 Sonra kölelerine şöyle demiş: ‘Düğün hazır, ama davetliler buna layık değil. 9 Bunun için şehrin ana yollarına çıkın. Orada kimi bulursanız onu düğüne çağırın.’ 10 Köleler yollara düşmüşler ve iyi kötü kimi buldularsa hepsini toplamışlar. Böylece düğün salonu misafirlerle dolmuş.
11 Kral misafirlerle görüşmek için içeri girdiğinde orada düğün elbisesi giymemiş olan birini görmüş. 12 Ona şöyle demiş: ‘Arkadaş, nasıl oldu da, düğün elbisesi giymeden buraya girdin?’ Adamın dili tutulmuş.
13 O zaman kral, kölelerine şöyle demiş: ‘Onun ellerini, ayaklarını bağlayın ve onu dışarıya atın, karanlıkta kalsın.’ Orada insanlar ağlayacak ve dişlerini gıcırdatacaklar.22:13 Dişlerini gıcırdatacaklar Öfke, acı ve pişmanlık gibi duyguları gösteren bir hareket. 14 Çünkü davetliler çok, ama seçilenler az."
Sezarʼa vergi ödemek
15 Sonra Ferisiler gidip İsaʼyı kendi sözleriyle tuzağa düşürmek için plan kurdular. 16 Kendi öğrencilerini Hirodesçilerle birlikte İsaʼya yolladılar. Bu kişiler şöyle dediler: "Öğretmenimiz! Biliyoruz ki, sen dürüst bir adamsın ve Allahʼın yolunu doğru öğretiyorsun. Hiç taraf tutmuyorsun. İnsanlar arasında ayrım yapmıyorsun. 17 Peki, söyle bize, sen ne düşünüyorsun: Sezarʼa vergi ödemek Tevratʼa uygun mu, değil mi?"
18 Ama İsa onların kötü niyetini fark edip şöyle dedi: "Sizi ikiyüzlüler sizi! Neden beni tuzağa düşürmeye çalışıyorsunuz? 19 Vergi öderken kullandığınız parayı bana bir gösterin!" Oʼna bir gümüş para getirdiler. 20 İsa onlara, "Burada kimin resmi var, kimin adı yazılı?" diye sordu.
21 Oʼna, "Sezarʼın" dediler.
Bunun üzerine İsa onlara şöyle dedi: "Öyleyse, Sezarʼın hakkını Sezarʼa verin, Allahʼın hakkını Allahʼa verin."
22 Bunu duyunca hayret ettiler ve İsaʼyı bırakıp gittiler.
Diriliş hakkında soru
23 Aynı gün Sadukiler İsaʼya geldi. Sadukiler "Ölümden diriliş diye bir şey yoktur" derler. İsaʼya şunu sordular: 24 "Öğretmenimiz! Musa bize şöyle buyurdu: ‘Bir adamın kardeşi ölürse ve karısını çocuğu olmadan dul bırakırsa, o adam ölen kardeşinin karısıyla evlensin ve kardeşine soy yetiştirsin.’ 25 Aramızda yedi kardeş vardı. Birincisi evlendi fakat çocuğu olmadan öldü. Karısını kardeşine bıraktı. 26 İkincisine de, üçüncüsüne de öyle oldu. Ta yedincisine kadar hep aynı şey oldu. 27 Son olarak kadın da öldü. 28 Öyleyse, ölüler dirildiği zaman kadın bu yedi kardeşten hangisinin karısı olacak? Çünkü hepsi onunla evlenmişti."
29 Ama İsa onlara şöyle cevap verdi: "Siz Kutsal Yazılarʼı ve Allahʼın gücünü bilmediğiniz için yanılıyorsunuz. 30 Çünkü ölüler dirildiği zaman ne karı alırlar, ne de kocaya giderler. Gökteki melekler gibi olurlar. 31 Ölülerin dirilişi hakkında Allahʼın ne söylediğini okumadınız mı? O şöyle der: 32 ‘Ben İbrahimʼin Allahı, İshakʼın Allahı ve Yakubʼun Allahıʼyım.’22:32 Çıkış 3:6 O, ölülerin Allahı değil, yaşayanların Allahıʼdır."
33 Halk bunu işitince, Oʼnun öğrettiklerine şaşırıp kaldı.
Tevratʼın en büyük buyruğu
34 Ferisiler İsaʼnın Sadukileri susturduğunu işitince, İsaʼnın yanına toplandılar. 35 Aralarında bir Tevrat uzmanı vardı. O, İsaʼyı tuzağa düşürmek için kendisine şu soruyu sordu: 36 "Öğretmenimiz! Tevratʼta en önemli buyruk hangisidir?"
37 İsa ona şöyle dedi: " ‘Allahınız Rabbi bütün yüreğinizle, bütün canınınızla ve bütün aklınızla sevin.’22:37 Yasanın Tekrarı 6:5 38 Birinci ve en önemli buyruk budur. 39 Ona benzeyen ikinci buyruk da şudur: ‘Komşunuzu kendinizi sevdiğiniz gibi sevin.’22:39 Levililer 19:18 40 Bütün Tevrat ve peygamberlerin yazdıkları bu iki buyruğa dayanır."
Mesih, kimin oğlu?
41 Ferisiler toplanmışken, İsa onlara şunu sordu: 42 "Mesih hakkında ne düşünüyorsunuz? Sizce o kimin oğlu?"
Oʼna, "Davud Oğlu" dediler.
43 İsa onlara şöyle dedi: "Peki, öyleyse, Davud Kutsal Ruh aracılığıyla ona nasıl ‘Efendim’ diyebilir? Çünkü şöyle der:
44 ‘Rab Efendimʼe dedi ki:
"Senin düşmanlarını ayaklarının altına sereceğim.
O zamana kadar sağımda otur." ’22:44 Mezmur 110:1
45 Davud Mesihʼe ‘Efendim’ dediğine göre, Mesih nasıl Davudʼun oğlu olabilir?" 46 Hiç kimse İsaʼya tek bir söz bile söyleyemedi. O günden sonra kimse Oʼna soru sormaya cesaret etmedi.