Pular para o conteúdo
Publicidade

Mateus 7

OTTT

Bergpredikasie (einde). Die oordeel uit die hoogte. Die heilige vir die honde gee. Die aanhoudende gebed. Die nou en die wye poort. Valse profete. Hoor en doen.

1 MOENIE oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.

2 Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.

3 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?

4 Of hoe sal jy vir jou broeder : Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!

5 Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.

6 Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.

7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

8 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

9 Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom 'n klip sal gee;

10 en as hy 'n vis vra, aan hom 'n slang sal gee?

11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!

12 Alles wat julle dan wil dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.

13 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.

14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

16 Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!

17 So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte.

18 'n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.

19 Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.

21 Nie elkeen wat vir My : Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

22 Baie sal in daardie dag vir My : Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?

23 En dan sal Ek aan hulle : Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

25 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.

26 En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met 'n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.

27 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.

28 En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer;

29 want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.

Davalamak

1 "Başkasını yargılamayın ki, siz de yargılanmayasınız. 2 Çünkü nasıl suçlarsanız öyle suçlanacaksınız. Bir de hangi ölçüyle yargılarsanız, siz de aynı ölçüyle yargılanacaksınız.

3 Neden başkasının gözündeki çöpü görüyorsun da, kendi gözündeki kütüğü görmüyorsun? 4 Kendi gözünde kütük varken, nasıl kardeşine, İzin ver, gözündeki çöpü çıkarayımdersin? 5 Seni ikiyüzlü seni! Önce kendi gözündeki kütüğü çıkar. O zaman kardeşinin gözündeki çöpü çıkarmak için daha iyi görürsün.

6 Kutsal olanı köpeklere vermeyin, ve incilerinizi domuzların önüne atmayın. Yoksa onları ayaklarının altında çiğnerler. Sonra da dönüp sizi paramparça ederler.

Dileyin, arayın, kapıyı çalın

7 Dileyin, size verilecek. Arayın, bulacaksınız. Kapıyı çalın, size açılacak. 8 Çünkü her dileyen alır, arayan bulur ve kapıyı çalana kapı açılır.

9 Aranızda hangi adam oğlu ondan ekmek isteyince, ona taş verir? 10 Ya da ondan balık isteyince ona yılan verir? 11 Kötü olan sizler bile çocuklarınıza iyi hediyeler vermeyi biliyorsunuz. Öyleyse, gökteki Babanızın da ondan isteyenlere iyi olanı vereceği daha kesin değil mi? 12 Öyleyse, insanların size nasıl davranmasını istiyorsanız, siz de onlara öyle davranın. Tevratʼın ve peygamberlerin söyledikleri budur.

Dar kapı, geniş kapı

13 Dar kapıdan girin. Çünkü geniş kapı ve rahat yol yıkıma götürür. Oradan girenler çoktur. 14 Hayata götüren kapı ise dardır ve yolu zahmetlidir. Onu bulanlar da azdır.

Ağaç ve meyvesi

15 Sahte peygamberlerden sakının! Aranıza koyun kılığında girerler, fakat aslında yırtıcı kurtlardır. 16 Onları meyvelerinden tanıyacaksınız.7:16 Meyvelerinden tanıyacaksınız. Yaptıklarından tanıyacaksınız. İnsanın yaptıkları onun nasıl bir insan olduğunu açıklar. Onu davranışlarının getirdiği neticelerden tanımak lazım. Üzümler çalılardan toplanmaz, incirler de dikenlerden toplanmaz, öyle değil mi? 17 Demek ki, her iyi ağaç iyi meyve verir, ama kötü ağaç kötü meyve verir. 18 İyi ağaç kötü meyve veremez, kötü ağaç da iyi meyve veremez. 19 İyi meyve vermeyen her ağaç kesilip ateşe atılır. 20 Evet, onları meyvelerinden tanıyacaksınız.7:20 Bakınız 7:16 ayetindeki dipnota.

21 Bana Efendimiz, Efendimiz!diyen herkes Göklerin Krallığıʼna girmeyecek. Ama kim gökte olan Babamʼın isteğini yerine getirirse, o girecek. 22 O gün çok kişi bana şöyle diyecek: Efendimiz, Efendimiz! Biz senin adınla peygamberlik etmedik mi? Senin adınla cinleri kovmadık ? Senin adınla birçok mucize yapmadık ?23 O zaman ben onlara açıkça diyeceğim ki: Sizi hiç tanımadım. Defolun, sizi kötülük yapanlar.

İki inşaatçıdan ders

24 Bunun için, her kim benim bu sözlerimi işitirse, ve ona göre yaşarsa, akıllı bir adama benzer. Böyle bir adam evini kaya üzerine kurar. 25 Sonra yağmur yağar, seller yükselir, rüzgar eser ve o eve çarpar. Fakat ev yıkılmaz, çünkü kaya üzerine kurulmuştur. 26 Oysa her kim benim bu sözlerimi işitirse ama ona göre yaşamazsa, akılsız bir adama benzer. Böyle bir adam evini kum üzerine kurar. 27 Sonra yağmur yağar, seller yükselir, rüzgar eser ve o eve çarpar. Ev de yıkılır, korkunç bir şekilde mahvolur."

28 İsa bu konuşmayı bitirince, halk Oʼnun öğrettiklerine şaşırıp kaldı. 29 Çünkü onlara Tevrat uzmanları gibi değil, yetkiye sahip biri olarak vaaz ediyordu.

Veja também