Afstammelinge van Jafet, Gam en Sem.
1 EN dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet — vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed.
2 Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras.
3 En die seuns van Gomer was: Áskenas en Rifat en Togárma.
4 En die seuns van Jawan was: Elísa en Tarsis, die Kittiërs en Dodaniete —
5 uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van die nasies, in hulle lande, elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies.
6 En die seuns van Gam was: Kus en Misráim en Put en Kanaän.
7 En die seuns van Kus was: Seba en Háwila en Sabta en Raéma en Sábtega. En die seuns van Raéma: Skeba en Dedan.
8 Kus was ook die vader van Nimrod. Hý het begin om 'n geweldenaar op aarde te wees.
9 Hy was 'n geweldige jagter voor die aangesig van die Here. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, 'n geweldige jagter voor die aangesig van die Here.
10 En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear.
11 Uit hierdie land het hy getrek na Assur en gebou: Ninevé en Réhobot-Ir en Kalag
12 en Resen, tussen Ninevé en Kalag — dit is die groot stad.
13 En Misráim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en Naftuhiete
14 en die Patrusiete en Kasluhiete — waaruit die Filistyne voortgekom het — en Kaftoriete.
15 En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het
16 en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete
17 en die Hewiete en Arkiete en Siniete
18 en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. En daarna het die geslagte van die Kanaäniete hulle versprei.
19 En die gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Sebóim tot by Lesa.
20 Dit was die seuns van Gam volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, in hulle nasies.
21 En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is seuns gebore.
22 Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpágsad en Lud en Aram.
23 En die seuns van Aram was: Us en Hul en Geter en Mas.
24 En Arpágsad was die vader van Selag, en Selag van Heber.
25 En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan.
26 En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag
27 en Hadóram en Usal en Dikla
28 en Obal en Abímael en Skeba
29 en Ofir en Háwila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.
30 En hulle woonplek was van Mesa af in die rigting van Sefar, die berg van die Ooste.
31 Dit is die seuns van Sem volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies.
32 Dit is die geslagte van die seuns van Noag volgens hulle afstamming, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die aarde hulle verdeel ná die vloed.
1 Глава 10. [1]Быт 5:32. Вот родословие сынов Ноевых: Сима, Хама и Иафета. После потопа родились у них дети.
2 [2]1 Пар 1:5. Сыны Иафета: Гомер, Магог, Мадай, Иаван, [Елиса,] Фувал, Мешех и Фирас. 3 Сыны Гомера: Аскеназ, Рифат и Фогарма. 4 [4]Чис 24:24.Ис 23:1. Сыны Иавана: Елиса, Фарсис, Киттим и Доданим. 5 От сих населились острова народов в землях их, каждый по языку своему, по племенам своим, в народах своих.
6 Сыны Хама: Хуш, Мицраим, Фут и Ханаан. 7 Сыны Хуша: Сева, Хавила, Савта, Раама и Савтеха. Сыны Раамы: Шева и Дедан. 8 [8]1 Пар 1:10.Иер 16:16. Хуш родил также Нимрода; сей начал быть силен на земле; 9 он был сильный зверолов пред Господом [Богом], потому и говорится: сильный зверолов, как Нимрод, пред Господом [Богом]. 10 [10]Ам 6:2. Царство его вначале составляли: Вавилон, Эрех, Аккад и Халне в земле Сеннаар. 11 Из сей земли вышел Ассур и построил Ниневию, Реховоф-ир, Калах 12 и Ресен между Ниневиею и между Калахом; это город великий. 13 От Мицраима произошли Лудим, Анамим, Легавим, Нафтухим, 14 [14]Втор 2:23. Патрусим, Каслухим, откуда вышли Филистимляне, и Кафторим. 15 От Ханаана родились: Сидон, первенец его, Хет, 16 Иевусей, Аморрей, Гергесей, 17 Евей, Аркей, Синей, 18 Арвадей, Цемарей и Химафей. Впоследствии племена Ханаанские рассеялись, 19 и были пределы Хананеев от Сидона к Герару до Газы, отсюда к Содому, Гоморре, Адме и Цевоиму до Лаши. 20 Это сыны Хамовы, по племенам их, по языкам их, в землях их, в народах их.
21 Были дети и у Сима, отца всех сынов Еверовых, старшего брата Иафетова. 22 [22]1 Пар 1:17. Сыны Сима: Елам, Ассур, Арфаксад, Луд, Арам [и Каинан]. 23 Сыны Арама: Уц, Хул, Гефер и Маш. 24 Арфаксад родил [Каинана, Каинан родил] Салу, Сала родил Евера. 25 [25]1 Пар 1:19.Быт 11:8. У Евера родились два сына; имя одному: Фалек, потому что во дни его земля разделена; имя брату его: Иоктан. 26 Иоктан родил Алмодада, Шалефа, Хацармавефа, Иераха, 27 Гадорама, Узала, Диклу, 28 Овала, Авимаила, Шеву, 29 Офира, Хавилу и Иовава. Все эти сыновья Иоктана. 30 [30]Чис 23:7. Поселения их были от Меши до Сефара, горы восточной. 31 Это сыновья Симовы по племенам их, по языкам их, в землях их, по народам их. 32 Вот племена сынов Ноевых, по родословию их, в народах их. От них распространились народы по земле после потопа.