Pular para o conteúdo
Publicidade

Gênesis 25

SYNOD

Die dood van Abraham.

1 EN Abraham het weer 'n vrou geneem met die naam van Ketúra.

2 En sy het vir hom Simran en Joksan en Medan en Mídian en Jisbak en Suag gebaar.

3 En Joksan was die vader van Skeba en Dedan; en die kinders van Dedan was die Assuriete, Letusiete en Leümmiete.

4 En die seuns van Mídian was: Efa en Efer en Henog en Abída en Éldaä. Hulle almal was seuns van Ketúra.

5 En Abraham het aan Isak alles gegee wat hy besit het,

6 maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na die Oosland.

7 En dit is die dae van die lewensjare van Abraham wat hy geleef het: honderd-vyf-en-sewentig jaar.

8 Abraham het die asem uitgeblaas en in goeie ouderdom gesterwe, oud en afgeleef. En hy is by sy volksgenote versamel.

9 En sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die spelonk van Magpéla, in die stuk grond van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat oos van Mamre ,

10 die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sara.

11 die dood van Abraham het God sy seun Isak geseën; en Isak het gewoon by die put Lagai-Roï.

12 En dit is die stamboom van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het

13 dit is die name van die seuns van Ismael, hulle name volgens hulle afstamming: die eersgeborene van Ismael, Nébajot; dan Kedar en Ádbeël en Mibsam

14 en Misma en Duma en Massa,

15 Hadad en Tema, Jetur, Nafis en Kedma.

16 Dit is die seuns van Ismael, en dit hulle name, in hulle dorpe en laers, twaalf vorste volgens hulle volkstamme.

17 En dit is die lewensjare van Ismael: honderd-sewen-en-dertig jaar; en hy het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is versamel by sy volksgenote.

18 En hulle het gewoon van Háwila tot by Sur wat oos van Egipte in die rigting van Assur. Teenoor al sy broers het hy hom gevestig.

Esau en Jakob.

19 EN dit is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak.

20 En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Bétuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het.

21 En Isak het die Here gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die Here het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het.

22 En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die Here te raadpleeg.

23 En die Here het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien.

24 En toe haar dae vervul is dat sy moes baar, was daar 'n tweeling in haar skoot.

25 En die eerste is gebore rooi, geheel en al soos 'n mantel van hare. Daarom het hulle hom Esau genoem.

26 En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte.

27 En die seuns het opgegroei: Esau het 'n ervare jagter geword, 'n man van die veld; maar Jakob was 'n vredeliewende man wat in tente gewoon het.

28 En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad.

29 En Jakob het 'n kooksel klaargemaak en Esau het moeg uit die veld gekom.

30 Toe Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem.

31 En Jakob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my.

32 En Esau : Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan?

33 Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop.

34 En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.

1 И взял Авраам еще жену, именем Хеттуру. 2 Глава 25. [2]1 Пар 1:32–33. Она родила ему Зимрана, Иокшана, Медана, Мадиана, Ишбака и Шуаха. 3 Иокшан родил Шеву, [Фемана] и Дедана. Сыны Дедана были: [Рагуил, Навдеил,] Ашурим, Летушим и Леюмим. 4 Сыны Мадиана: Ефа, Ефер, Ханох, Авида и Елдага. Все сии сыны Хеттуры. 5 [5]Быт 15:4;21:10;24:36. И отдал Авраам все, что было у него, Исааку [сыну своему], 6 а сынам наложниц, которые были у Авраама, дал Авраам подарки и отослал их от Исаака, сына своего, еще при жизни своей, на восток, в землю восточную. 7 Дней жизни Авраамовой, которые он прожил, было сто семьдесят пять лет; 8 [8]Быт 35:29.Евр 12:23. и скончался Авраам, и умер в старости доброй, престарелый и насыщенный [жизнью], и приложился к народу своему. 9 [9]Быт 49:30–31. И погребли его Исаак и Измаил, сыновья его, в пещере Махпеле, на поле Ефрона, сына Цохара, Хеттеянина, которое против Мамре, 10 [10]Быт 23:16. на поле [и в пещере], которые Авраам приобрел от сынов Хетовых. Там погребены Авраам и Сарра, жена его. 11 [11]Быт 16:14;24:62. По смерти Авраама Бог благословил Исаака, сына его. Исаак жил при Беэр-лахай-рои. 12 [12]Быт 16:15. Вот родословие Измаила, сына Авраамова, которого родила Аврааму Агарь Египтянка, служанка Саррина; 13 [13]1 Пар 1:29. и вот имена сынов Измаиловых, имена их по родословию их: первенец Измаилов Наваиоф, за ним Кедар, Адбеел, Мивсам, 14 Мишма, Дума, Масса, 15 [15]Иов 6:19. Хадад, Фема, Иетур, Нафиш и Кедма. 16 Сии суть сыны Измаиловы, и сии имена их, в селениях их, в кочевьях их. Это двенадцать князей племен их. 17 Лет же жизни Измаиловой было сто тридцать семь лет; и скончался он, и умер, и приложился к народу своему. 18 Они жили от Хавилы до Сура, что пред Египтом, как идешь к Ассирии. Они поселились пред лицем всех братьев своих.

19 [19]Быт 21:2.1 Пар 1:34.Мф 1:2. Вот родословие Исаака, сына Авраамова. Авраам родил Исаака. 20 Исаак был сорока лет, когда он взял себе в жену Ревекку, дочь Вафуила Арамеянина из Месопотамии, сестру Лавана Арамеянина. 21 И молился Исаак Господу о [Ревекке] жене своей, потому что она была неплодна; и Господь услышал его, и зачала Ревекка, жена его. 22 Сыновья в утробе ее стали биться, и она сказала: если так будет, то для чего мне это? И пошла вопросить Господа. 23 [23]Рим 9:10–12.Мал 1:2. Господь сказал ей: два племени во чреве твоем, и два различных народа произойдут из утробы твоей; один народ сделается сильнее другого, и больший будет служить меньшему. 24 И настало время родить ей: и вот близнецы в утробе ее. 25 [25]Быт 27:11. Первый вышел красный, весь, как кожа, косматый; и нарекли ему имя Исав. 26 [26]Ос 12:3.Деян 7:8. Потом вышел брат его, держась рукою своею за пяту Исава; и наречено ему имя Иаков. Исаак же был шестидесяти лет, когда они родились [от Ревекки].

27 Дети выросли, и стал Исав человеком искусным в звероловстве, человеком полей; а Иаков человеком кротким, живущим в шатрах. 28 Исаак любил Исава, потому что дичь его была по вкусу его, а Ревекка любила Иакова. 29 И сварил Иаков кушанье; а Исав пришел с поля усталый. 30 [30]Быт 36:1,19. И сказал Исав Иакову: дай мне поесть красного, красного этого, ибо я устал. От сего дано ему прозвание: Едом. 31 Но Иаков сказал [Исаву]: продай мне теперь же свое первородство. 32 Исав сказал: вот, я умираю, что мне в этом первородстве? 33 [33]Евр 12:16.Быт 27:36. Иаков сказал [ему]: поклянись мне теперь же. Он поклялся ему, и продал [Исав] первородство свое Иакову. 34 И дал Иаков Исаву хлеба и кушанья из чечевицы; и он ел и пил, и встал и пошел; и пренебрег Исав первородство.

Veja também