Pular para o conteúdo
Publicidade

Gênesis 21

SYNOD

Geboorte van Isak. Abraham verdryf Hagar en Ismael.

1 EN die Here het Sara besoek soos Hy beloof het; en die Here het aan Sara gedoen soos Hy gespreek het:

2 Sara het bevrug geword en vir Abraham in sy ouderdom 'n seun gebaar op die bepaalde tyd wat God genoem het.

3 En Abraham het sy seun wat vir hom gebore is, wat Sara vir hom gebaar het, Isak genoem.

4 En Abraham het sy seun Isak besny toe hy agt dae oud was, soos God hom beveel het.

5 En Abraham was honderd jaar oud toe sy seun Isak vir hom gebore is.

6 En Sara het gesê: 'n Gelag het God my berei: elkeen wat dit hoor, sal oor my lag.

7 Verder sy: Wie kon ooit aan Abraham voorspel het: Sara soog kinders? Want ek het 'n seun gebaar in sy ouderdom.

8 En die kind het opgegroei en is gespeen. En Abraham het 'n groot maaltyd berei op die dag toe Isak gespeen is.

9 Toe sien Sara hoe die seun van Hagar, die Egiptiese slavin, wat sy vir Abraham gebaar het, spot;

10 en sy aan Abraham: Jaag hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Isak erwe nie.

11 En die woord was baie verkeerd in die van Abraham vanweë sy seun.

12 Maar God het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou 'n nageslag genoem word.

13 Maar Ek sal ook die seun van die slavin tot 'n nasie maak, omdat hy jou kind is.

14 Toe is Abraham die môre vroeg op, en hy het brood en 'n sak met water geneem en dit aan Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, en ook die kind, en haar weggestuur. Sy het toe weggegaan en rondgedwaal in die woestyn van Berséba.

15 En toe die water in die sak op was, het sy die kind onder een van die bosse neergewerp

16 en geloop en op 'n afstand gaan sit so ver as 'n boog kan skiet; want sy het gesê: Ek wil die dood van die kind nie aansien nie. En sy het op 'n afstand gaan sit en haar stem verhef en geween.

17 Toe hoor God die stem van die seun, en die Engel van God het na Hagar geroep uit die hemel en haar gevra: Wat is dit met jou, Hagar? Wees nie bevrees nie, want God het na die stem van die seun geluister op die plek waar hy is.

18 Staan op, tel die seun op en hou hom vas met jou hand, want Ek sal hom 'n groot nasie maak.

19 Daarop het God haar geopen, en sy sien 'n put! En sy het geloop en die sak vol water gemaak en die seun laat drink.

20 En God was met die seun; en hy het opgegroei en in die woestyn gewoon en 'n boogskutter geword:

21 hy het in die woestyn Paran gewoon; en sy moeder het vir hom 'n vrou uit Egipteland geneem.

Verbond tussen Abraham en Abiméleg.

22 IN dié tyd het Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, met Abraham gespreek en gesê: God is met jou in alles wat jy doen.

23 Sweer dan nou vir my hier by God dat jy met my en my kroos en my nageslag nie vals sal handel nie; dieselfde guns wat ek jou bewys het, moet jy aan my bewys en aan die land waarin jy as vreemdeling vertoef.

24 En Abraham antwoord: Ek sweer.

25 Maar Abraham het Abiméleg aangespreek oor 'n put wat die dienaars van Abiméleg met geweld geneem het.

26 Daarop antwoord Abiméleg: Ek weet nie wie dit gedoen het nie, en jy het my dit ook nie meegedeel nie, en ek het daar ook niks van gehoor nie as net vandag.

27 Toe neem Abraham kleinvee en beeste en gee dit aan Abiméleg; en hulle twee het 'n verbond gesluit;

28 Abraham het naamlik die sewe ooilammers van die kleinvee eenkant uitgekeer.

29 Toe Abiméleg vir Abraham: Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy uitgekeer het?

30 En hy antwoord: Die sewe ooilammers moet jy uit my hand aanneem, sodat dit vir my 'n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het.

31 Daarom noem hulle dié plek Berséba, omdat hulle twee daar gesweer het.

32 So het hulle dan 'n verbond gesluit in Berséba. Daarna het Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, klaargemaak en na die land van die Filistyne teruggegaan.

33 En hy het 'n tamarisk in Berséba geplant en daar die Naam van die Here, die ewige God, aangeroep.

34 En Abraham het baie dae as vreemdeling in die land van die Filistyne vertoef.

1 Глава 21. [1]Быт 17:19;18:10.Евр 11:11. И призрел Господь на Сарру, как сказал; и сделал Господь Сарре, как говорил. 2 [2]Гал 4:22. Сарра зачала и родила Аврааму сына в старости его во время, о котором говорил ему Бог; 3 [3]Мф 1:2. и нарек Авраам имя сыну своему, родившемуся у него, которого родила ему Сарра, Исаак; 4 [4]Деян 7:8.Быт 17:10–12. и обрезал Авраам Исаака, сына своего, в восьмой день, как заповедал ему Бог. 5 Авраам был ста лет, когда родился у него Исаак, сын его. 6 И сказала Сарра: смех сделал мне Бог; кто ни услышит обо мне, рассмеется. 7 И сказала: кто сказал бы Аврааму: Сарра будет кормить детей грудью? ибо в старости его я родила сына. 8 Дитя выросло и отнято от груди; и Авраам сделал большой пир в тот день, когда Исаак [сын его] отнят был от груди.

9 И увидела Сарра, что сын Агари Египтянки, которого она родила Аврааму, насмехается [над ее сыном, Исааком], 10 [10]Гал 4:30. и сказала Аврааму: выгони эту рабыню и сына ее, ибо не наследует сын рабыни сей с сыном моим Исааком. 11 [11]Быт 17:18. И показалось это Аврааму весьма неприятным ради сына его [Измаила]. 12 [12]Рим 9:7.Евр 11:18. Но Бог сказал Аврааму: не огорчайся ради отрока и рабыни твоей, во всем, что скажет тебе Сарра, слушайся голоса ее, ибо в Исааке наречется тебе семя; 13 [13]Быт 16:10;17:20;25:16. и от сына рабыни Я произведу [великий] народ, потому что он семя твое. 14 Авраам встал рано утром, и взял хлеба и мех воды, и дал Агари, положив ей на плечи, и отрока, и отпустил ее. Она пошла, и заблудилась в пустыне Вирсавии; 15 и не стало воды в мехе, и она оставила отрока под одним кустом 16 и пошла, села вдали, в расстоянии на один выстрел из лука. Ибо она сказала: не хочу видеть смерти отрока. И она села [поодаль] против [него], и подняла вопль, и плакала; 17 и услышал Бог голос отрока [оттуда, где он был]; и Ангел Божий с неба воззвал к Агари и сказал ей: что с тобою, Агарь? не бойся; Бог услышал голос отрока оттуда, где он находится; 18 [18]Быт 17:20. встань, подними отрока и возьми его за руку, ибо Я произведу от него великий народ. 19 И Бог открыл глаза ее, и она увидела колодезь с водою [живою], и пошла, наполнила мех водою и напоила отрока. 20 И Бог был с отроком; и он вырос, и стал жить в пустыне, и сделался стрелком из лука. 21 [21]Быт 14:6. Он жил в пустыне Фаран; и мать его взяла ему жену из земли Египетской.

22 [22]Быт 20:2. И было в то время, Авимелех с [Ахузафом невестоводителем и] Фихолом, военачальником своим, сказал Аврааму: с тобою Бог во всем, что ты ни делаешь; 23 [23]Быт 26:11. и теперь поклянись мне здесь Богом, что ты не обидишь ни меня, ни сына моего, ни внука моего; и как я хорошо поступал с тобою, так и ты будешь поступать со мною и землею, в которой ты гостишь. 24 И сказал Авраам: я клянусь. 25 [25]Быт 26:15,18. И Авраам упрекал Авимелеха за колодезь с водою, который отняли рабы Авимелеховы. 26 Авимелех же сказал [ему]: не знаю, кто это сделал, и ты не сказал мне; я даже и не слыхал о том доныне. 27 И взял Авраам мелкого и крупного скота и дал Авимелеху, и они оба заключили союз. 28 И поставил Авраам семь агниц из стада мелкого скота особо. 29 Авимелех же сказал Аврааму: на что здесь сии семь агниц [из стада овец], которых ты поставил особо? 30 [Авраам] сказал: семь агниц сих возьми от руки моей, чтобы они были мне свидетельством, что я выкопал этот колодезь. 31 [31]Быт 26:33.Нав 15:28;19:2. Потому и назвал он сие место: Вирсавия, ибо тут оба они клялись, 32 и заключили союз в Вирсавии. И встал Авимелех, и [Ахузаф, невестоводитель его, и] Фихол, военачальник его, и возвратились в землю Филистимскую. 33 [33]Быт 13:4.Ис 57:15. И насадил [Авраам] при Вирсавии рощу и призвал там имя Господа, Бога вечного. 34 И жил Авраам в земле Филистимской, как странник, дни многие.

Veja também