Esau se nakomelinge.
1 EN dit is die geskiedenis van Esau, dit is Edom.
2 Esau het sy vroue geneem uit die dogters van Kanaän: Ada, die dogter van Elon, die Hetiet, en Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die Hewiet;
3 en Basmat, die dogter van Ismael, die suster van Nébajot.
4 En Ada het vir Esau gebaar Élifas, en Basmat het gebaar Réhuel.
5 En Oholibáma het gebaar Jehus en Jáelam en Korag. Dit is die seuns van Esau wat vir hom gebore is in die land Kanaän.
6 Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die mense van sy huis, sy vee en al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän verwerf het, en hy trek na 'n land, wég van sy broer Jakob af;
7 want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie.
8 En Esau het gaan woon in die gebergte Seïr. Esau, dit is Edom.
9 Dit is dan die geskiedenis van Esau, die vader van die Edomiete, in die gebergte Seïr.
10 Dit is die name van die seuns van Esau: Élifas, die seun van Ada, die vrou van Esau; Réhuel, die seun van Basmat, die vrou van Esau.
11 En die seuns van Élifas was: Teman, Omar, Sefo en Gáetam en Kenas.
12 En Timna was 'n byvrou van Élifas, die seun van Esau; en sy het vir Élifas gebaar Ámalek. Dit is die seuns van Ada, die vrou van Esau.
13 En dit is die seuns van Réhuel: Nahat en Serag, Samma en Missa. Dit was die seuns van Basmat, die vrou van Esau.
14 En dit was die seuns van Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die vrou van Esau — sy het vir Esau gebaar Jehus en Jáelam en Korag.
15 Dit is die stamhoofde onder die seuns van Esau. Die seuns van Élifas, die eersgeborene van Esau, was: die stamhoof Teman, die stamhoof Omar, die stamhoof Sefo, die stamhoof Kenas,
16 die stamhoof Korag, die stamhoof Gáetam, die stamhoof Ámalek. Dit is die stamhoofde van Élifas in die land Edom; dit is die seuns van Ada.
17 En dit is die seuns van Réhuel, die seun van Esau: die stamhoof Nahat, die stamhoof Serag, die stamhoof Samma, die stamhoof Missa. Dit is die stamhoofde van Réhuel in die land Edom. Dit is die seuns van Basmat, die vrou van Esau.
18 En dit is die seuns van Oholibáma, die vrou van Esau: die stamhoof Jehus, die stamhoof Jáelam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholibáma, die dogter van Ana, die vrou van Esau.
19 Dit is die seuns van Esau, en dit is hulle stamhoofde. Dit is Edom.
20 Dit is die seuns van Seïr, die Horiet, die eerste inwoners van die land: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana
21 en Dison en Eser en Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete, die seuns van Seïr in die land Edom.
22 En die seuns van Lotan was Hori en Hemam; en die suster van Lotan was Timna.
23 En dit is die seuns van Sobal: Alwan en Manáhat en Ebal, Sefo en Onam.
24 En dit is die seuns van Síbeon: Aja en Ana. Dit is dié Ana wat die warm fonteine in die woestyn gekry het toe hy die esels van sy vader Síbeon opgepas het.
25 En dit is die seuns van Ana: Dison; en Oholibáma was die dogter van Ana.
26 En dit is die seuns van Dison: Hemdan en Esban en Jitran en Keran.
27 Dit is die seuns van Eser: Bilhan en Saäwan en Akan.
28 Dit is die seuns van Disan: Us en Aran.
29 Dit is die stamhoofde van die Horiete: die stamhoof Lotan, die stamhoof Sobal, die stamhoof Síbeon, die stamhoof Ana,
30 die stamhoof Dison, die stamhoof Eser, die stamhoof Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete volgens hulle stamme in die land Seïr.
31 En dit is die konings wat geregeer het in die land Edom voordat daar 'n koning geregeer het oor die kinders van Israel:
32 Bela, die seun van Beor, het geregeer in Edom; en die naam van sy stad was Dinhába.
33 En ná die dood van Bela het Jobab, die seun van Serag, van Bosra, in sy plek geregeer.
34 En ná die dood van Jobab het Husam, uit die land van die Temaniete, in sy plek geregeer.
35 En ná die dood van Husam het Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete verslaan het in die veld van Moab, in sy plek geregeer, en die naam van sy stad was Awit.
36 En ná die dood van Hadad het Samla van Másreka in sy plek geregeer.
37 En ná die dood van Samla het Saul van Réhobot, aan die rivier, in sy plek geregeer.
38 En ná die dood van Saul het Baäl-Hánan, die seun van Akbor, in sy plek geregeer.
39 En ná die dood van Baäl-Hánan, die seun van Akbor, het Hadar in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahu; en die naam van sy vrou was Mehetábeël, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab.
40 Dit is die name van die stamhoofde van Esau, volgens hulle geslagte, volgens hulle woonplekke, met hulle name: die stamhoof Timna, die stamhoof Alwa, die stamhoof Jetet,
41 die stamhoof Oholibáma, die stamhoof Ela, die stamhoof Pinon,
42 die stamhoof Kenas, die stamhoof Teman, die stamhoof Mibsar,
43 die stamhoof Mágdiël, die stamhoof Iram. Dit is die stamhoofde van Edom, volgens hulle verblyfplekke in die land van hulle besitting. Dit is Esau, die stamvader van die Edomiete.
1 Глава 36. [1]Быт 25:30. Вот родословие Исава, он же Едом. 2 [2]Быт 26:34. Исав взял себе жен из дочерей Ханаанских: Аду, дочь Елона Хеттеянина, и Оливему, дочь Аны, сына Цивеона Евеянина, 3 [3]Быт 28:9. и Васемафу, дочь Измаила, сестру Наваиофа. 4 [4]1 Пар 1:35. Ада родила Исаву Елифаза, Васемафа родила Рагуила, 5 Оливема родила Иеуса, Иеглома и Корея. Это сыновья Исава, родившиеся ему в земле Ханаанской. 6 [6]Нав 24:4.Быт 32:3. И взял Исав жен своих и сыновей своих, и дочерей своих, и всех людей дома своего, и [все] стада свои, и весь скот свой, и всё имение свое, которое он приобрел в земле Ханаанской, и пошел [Исав] в другую землю от лица Иакова, брата своего, 7 [7]Быт 13:6;26:14. ибо имение их было так велико, что они не могли жить вместе, и земля странствования их не вмещала их, по множеству стад их. 8 [8]Нав 24:4. И поселился Исав на горе Сеир, Исав, он же Едом.
9 И вот родословие Исава, отца Идумеев, на горе Сеир. 10 [10]1 Пар 1:35. Вот имена сынов Исава: Елифаз, сын Ады, жены Исавовой, и Рагуил, сын Васемафы, жены Исавовой. 11 У Елифаза были сыновья: Феман, Омар, Цефо, Гафам и Кеназ. 12 Фамна же была наложница Елифаза, сына Исавова, и родила Елифазу Амалика. Вот сыновья Ады, жены Исавовой. 13 И вот сыновья Рагуила: Нахаф и Зерах, Шамма и Миза. Это сыновья Васемафы, жены Исавовой. 14 И сии были сыновья Оливемы, дочери Аны, сына Цивеонова, жены Исавовой: она родила Исаву Иеуса, Иеглома и Корея. 15 Вот старейшины сынов Исавовых. Сыновья Елифаза, первенца Исавова: старейшина Феман, старейшина Омар, старейшина Цефо, старейшина Кеназ, 16 старейшина Корей, старейшина Гафам, старейшина Амалик. Сии старейшины Елифазовы в земле Едома; сии сыновья Ады. 17 Сии сыновья Рагуила, сына Исавова: старейшина Нахаф, старейшина Зерах, старейшина Шамма, старейшина Миза. Сии старейшины Рагуиловы в земле Едома; сии сыновья Васемафы, жены Исавовой. 18 Сии сыновья Оливемы, жены Исавовой: старейшина Иеус, старейшина Иеглом, старейшина Корей. Сии старейшины Оливемы, дочери Аны, жены Исавовой. 19 Вот сыновья Исава, и вот старейшины их. Это Едом.
20 [20]Втор 2:11–12.1 Пар 1:38. Сии сыновья Сеира Хорреянина, жившие в земле той: Лотан, Шовал, Цивеон, Ана, 21 Дишон, Эцер и Дишан. Сии старейшины Хорреев, сынов Сеира, в земле Едома. 22 Сыновья Лотана были: Хори и Геман; а сестра у Лотана: Фамна. 23 [23]1 Пар 1:40. Сии сыновья Шовала: Алван, Манахаф, Эвал, Шефо и Онам. 24 Сии сыновья Цивеона: Аиа и Ана. Это тот Ана, который нашел теплые воды в пустыне, когда пас ослов Цивеона, отца своего. 25 Сии дети Аны: Дишон и Оливема, дочь Аны. 26 Сии сыновья Дишона: Хемдан, Эшбан, Ифран и Херан. 27 Сии сыновья Эцера: Билган, Зааван, [Укам] и Акан. 28 Сии сыновья Дишана: Уц и Аран. 29 Сии старейшины Хорреев: старейшина Лотан, старейшина Шовал, старейшина Цивеон, старейшина Ана, 30 старейшина Дишон, старейшина Эцер, старейшина Дишан. Вот старейшины Хорреев, по старшинствам их в земле Сеир.
31 Вот цари, царствовавшие в земле Едома, прежде царствования царей у сынов Израилевых: 32 царствовал в Едоме Бела, сын Веоров, а имя городу его Дингава. 33 [33]Ис 34:6;63:1. И умер Бела, и воцарился по нем Иовав, сын Зераха, из Восоры. 34 Умер Иовав, и воцарился по нем Хушам, из земли Феманитян. 35 И умер Хушам, и воцарился по нем Гадад, сын Бедадов, который поразил Мадианитян на поле Моава; имя городу его Авиф. 36 И умер Гадад, и воцарился по нем Самла из Масреки. 37 [37]Быт 10:11. И умер Самла, и воцарился по нем Саул из Реховофа, что при реке. 38 [38]1 Пар 1:49. И умер Саул, и воцарился по нем Баал-Ханан, сын Ахбора. 39 И умер Баал-Ханан, сын Ахбора, и воцарился по нем Гадар [сын Варадов]; имя городу его Пау; имя жене его Мегетавеель, дочь Матреды, сына Мезагава.
40 [40]1 Пар 1:51. Сии имена старейшин Исавовых, по племенам их, по местам их, по именам их, [по народам их]: старейшина Фимна, старейшина Алва, старейшина Иетеф, 41 старейшина Оливема, старейшина Эла, старейшина Пинон, 42 старейшина Кеназ, старейшина Феман, старейшина Мивцар, 43 старейшина Магдиил, старейшина Ирам. Вот старейшины Идумейские, по их селениям, в земле обладания их. Вот Исав, отец Идумеев.