1 And David spoke to Jehovah the words of this song in the day that Jehovah had delivered him out of the hand of all his enemies, and out of the hand of Saul.2 And he said, Jehovah is my rock, and my fortress, and my deliverer;3 God is my rock, in him will I trust-My shield, and the horn of my salvation, My high tower, and my refuge, My saviour: thou wilt save me from violence.4 I will call upon Jehovah, who is to be praised; So shall I be saved from mine enemies.5 For the waves of death encompassed me, Torrents of Belial made me afraid.6 The bands of Sheol surrounded me; The cords of death encountered me;7 In my distress I called upon Jehovah, And I cried to my God; And he heard my voice out of his temple, And my cry {came} into his ears.8 Then the earth shook, and quaked; The foundations of the heavens trembled And shook because he was wroth.9 There went up a smoke out of his nostrils, And fire out of his mouth devoured: Coals burned forth from it.10 And he bowed the heavens, and came down; And darkness was under his feet.11 And he rode upon a cherub, and did fly; And he was seen upon the wings of the wind.12 And he made darkness round about him a tent, Gatherings of waters, thick clouds of the skies.13 From the brightness before him Burned forth coals of fire.14 Jehovah thundered from the heavens, And the Most High uttered his voice.15 And he sent arrows, and scattered {mine enemies}; Lightning, and discomfited them.16 And the beds of the sea were seen, The foundations of the world were uncovered At the rebuke of Jehovah, At the blast of the breath of his nostrils.17 He reached forth from above, he took me, He drew me out of great waters;18 He delivered me from my strong enemy, From them that hated me; For they were mightier than I.19 They encountered me in the day of my calamity; But Jehovah was my stay.20 And he brought me forth into a large place; He delivered me, because he delighted in me.21 Jehovah hath rewarded me according to my righteousness, According to the cleanness of my hands hath he recompensed me.22 For I have kept the ways of Jehovah, And have not wickedly departed from my God.23 For all his ordinances were before me, And his statutes, I did not depart from them,24 And I was upright before him, And kept myself from mine iniquity.25 And Jehovah hath recompensed me according to my righteousness, According to my cleanness in his sight.26 With the gracious thou dost shew thyself gracious; With the upright man thou dost shew thyself upright;27 With the pure thou dost shew thyself pure; And with the perverse thou dost shew thyself contrary.28 And the afflicted people thou dost save; And thine eyes are upon the haughty, {whom} thou bringest down.29 For thou art my lamp, Jehovah; And Jehovah enlighteneth my darkness.30 For by thee I have run through a troop; By my God have I leaped over a wall.31 As for *God, his way is perfect; The word of Jehovah is tried: He is a shield to all that trust in him.32 For who is *God, save Jehovah? And who is a rock, save our God?33 *God is my strong fortress, And he maketh my way perfectly smooth.34 He maketh my feet like hinds' {feet}, And setteth me upon my high places.35 He teacheth my hands to war, And mine arms bend a bow of brass.36 And thou didst give me the shield of thy salvation, And thy condescending gentleness hath made me great.37 Thou enlargedst my steps under me; And mine ankles did not slip.38 I pursued mine enemies, and destroyed them, And I turned not again till they were consumed.39 And I have consumed them and have crushed them, and they rose not again; Yea, they fell under my feet.40 And thou girdedst me with strength to battle: Thou didst subdue under me those that rose up against me.41 And mine enemies didst thou make to turn their backs unto me, And those that hated me I destroyed.42 They looked, and there was none to save-Unto Jehovah, and he answered them not.43 And I did beat them small as the dust of the earth, I trod them as the mire of the streets; I stamped upon them.44 And thou hast delivered me from the strivings of my people, Thou hast kept me to be head of the nations: A people I knew not doth serve me:45 Strangers come cringing unto me: At the hearing of the ear, they obey me.46 Strangers have faded away, And they come trembling forth from their close places.47 Jehovah liveth; and blessed be my rock; And exalted be the God, the rock of my salvation,48 The *God who hath avenged me, And hath brought the peoples under me.49 He brought me forth from mine enemies: Yea, thou hast lifted me up above them that rose up against me; From the man of violence hast thou delivered me.50 Therefore will I give thanks to thee, Jehovah, among the nations, And will sing psalms to thy name.51 {It is he} who giveth great deliverances to his king, And sheweth loving-kindness to his anointed, To David, and to his seed for evermore.
1 En Dawid het die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.2 En hy het gesê: Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder;3 God is my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting en my toevlug, my verlosser; van geweld het U my verlos.4 Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.5 Want die golwe van die dood het my omring, strome van onheil het my oorval.6 Bande van die doderyk het my omring, strikke van die dood het my teëgekom.7 Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het geroep tot my God; en uit sy paleis het Hy my stem gehoor, en my hulpgeroep was in sy ore.8 Toe het die aarde geskud en gebewe, die fondamente van die hemel het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.9 Rook in sy neus het opgegaan, en 'n vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand.10 En Hy het die hemel gebuig en neergedaal, en wolkedonkerheid was onder sy voete.11 En Hy het op 'n g,rub gery en gevlieg; ja, Hy het verskyn op die vlerke van die wind.12 En Hy het duisternis rondom Hom as hutte gestel, versameling van waters, diktes van wolke.13 Uit die glans voor Hom het gloeiende kole gebrand.14 Uit die hemel het die HERE gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor.15 En Hy het pyle uitgestuur en hulle verstrooi, bliksems en hulle verwar.16 En die beddings van die see het sigbaar geword, die fondamente van die wêreld is blootgelê, deur die dreiging van die HERE, vanweë die geblaas van die wind van sy neus.17 Uit die hoogte het Hy sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, my uit groot waters getrek.18 Hy het my verlos van my magtige vyand, van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.19 Hulle het my oorval op die dag van my nood, maar die HERE was my steun.20 En Hy het my uitgelei in die ruimte, Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.21 Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; na die reinheid van my hande het Hy my vergelde.22 Want ek het die weë van die HERE gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie.23 Want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge -- daar het ek nie van afgewyk nie.24 Maar ek was opreg voor Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.25 So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na my reinheid voor sy oë.26 By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,27 by die reine, rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.28 En U verlos die verdrukte volk, maar u oë is teen die hoogmoediges; U verneder hulle.29 Want U is my lamp, o HERE! En die HERE laat my duisternis opklaar.30 Want met U loop ek 'n bende storm, met my God spring ek oor 'n muur.31 Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.32 Want wie is God buiten die HERE, en wie 'n rots buiten onse God?33 Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my 'n weg volkomelik uitgesoek.34 Hy maak my voete soos die van herte en laat my staan op my hoogtes.35 Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span.36 En U het my die skild van u uitredding gegee, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.37 U het my voetstap onder my ruim gemaak, en my enkels het nie gewankel nie.38 Ek het my vyande agtervolg en hulle verdelg en nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.39 Ja, ek het hulle vernietig en hulle verbrysel, sodat hulle nie weer opgestaan het nie, maar onder my voete geval het.40 En U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders onder my laat buk.41 En U het my vyande vir my laat vlug; my haters, die het ek vernietig.42 Hulle het rondgekyk, maar daar was geen verlosser nie; na die HERE, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.43 Toe het ek hulle vermaal soos die stof van die aarde, soos modder van die strate het ek hulle fyngemaal, hulle vertrap.44 En U het my gered uit die getwis van my volk; U het my bewaar as 'n hoof van nasies; 'n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.45 Uitlanders het al kruipende na my gekom; sodra hulle van my gehoor het, was hulle gehoorsaam aan my.46 Uitlanders word kragteloos en kom met siddering uit hulle vestings.47 Die HERE leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God wat die rots is van my heil!48 Die God wat my die wraak gee en volke onder my neerwerp;49 en wat my uitlei onder my vyande uit; ja, U verhef my bo my teëstanders, U bevry my van die man van geweld.50 Daarom wil ek U loof, o HERE, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing;51 Hy is dit wat die verlossing van sy koning groot maak en goedertierenheid bewys aan sy gesalfde, aan Dawid en aan sy nageslag tot in ewigheid.